Daar bestaan tans ʼn groot behoefte onder boere aan ʼn jag- en buitelewe-ekspo met ʼn praktiese aanslag.
Voedselveiligheid in Afrika skep vele uitdagings
Die teenwoordigheid van swaarmetale in voedsel, E. coli en salmonella-vlakke in vars produkte wat tuis verbou word, antibiotiese weerstandigheid in vee en die toets van mikotoksiene in graan is steeds op onaanvaarbaar hoë vlakke.
Brandingenieurs bied veiligheidsoplossings
Juexin bied ʼn volledige reeks brandingenieurstelsels vir sy kliënte wat spesiaal ontwikkel word vir elke individuele projek.
Verdere druk op vervalle landboukollege
Rossouw sê die strafregtelike klagte is slegs een van vele stappe wat gedoen word om die bestuur aanspreeklik te hou en noemenswaardige verandering by die kollege teweeg te bring.
Pa, seun weke uitmekaar op plaas aangeval
Jaco Taute glo die twee voorvalle hou verband met mekaar en dat sy gesin geteiken word weens sy aktiewe betrokkenheid by veediefstalvoorkoming in die provinsie.
Maputo-hawe ‘belê’ in SA sitrus
Hy moedig boere aan om die Maputo-hawe te oorweeg om volhoubaarheid vir die noordelike streke se uitvoere te verseker, gegewe die toenemende druk op die plaaslike logistieke ketting.
Grondverskuiwingstoerusting te koop, te huur
Rondebult Construction Machines is ʼn verskaffer van ʼn groot verskeidenheid toerusting of masjinerie vir verskeie gebruike soos mynbou, landbou, materiaalhantering, hawebedrywighede en steengroef- of sandbedrywighede.
ARF se brandbestrydingsuitdaging werp vrugte af
“Ons het 30 petrolblasers aangekoop wat ons gelykop tussen die Noord-Kaap en Vrystaat verdeel het.”
TLU SA: ‘Minister skraps met waarheid oor AAMP-deelname’
“Die plan is egter afteken sonder dat enige van ons insette ooit hanteer is.”
Hoër rentekoerse geen oplossing
Die banke sal dan, soos in die verlede, weer op ʼn lang “ego-trip” gaan oor hoe hul goeie rentekoersbeleid die inflasiekoers aan bande gelê het.
Nisboere se susterreeks sien die lig
“Ons het nie besef dat dit so vêr gaan ontwikkel nie – daar is geskiedenis gemaak en as dit gaan uitspeel soos ons verwag, gaan dit baie Suid-Afrikaners se lewens verander.”
Broer trek self suster se aanvaller vas
Rhyno Lombaard het dadelik begin ondersoek instel nadat hy die nuus ontvang het dat sy suster, Beminde Jacobs, op ʼn plaas buite Trompsburg in die Vrystaat aangeval is.
Vrou ‘was dood’ tydens plaasaanval
“Sy wurggreep bly my veral by. Daai man het demoniese krag binne hom gehad. Ek het die duiwel in die oë gekyk terwyl ek die Here se naam geroep het.”
Massey Ferguson skrik nie vir onherbergsame plaas
Vandag werskaf daar 16 trekkers op die plaas, almal Massey Ferguson. Die broers se gunsteling is die MF 7618 met ʼn 134 kW-enjin, wat hulle in 2016 gekoop het.
Kom besigtig veiligheidspatente by Kragdag-landbou
Benewens die landbou- en vee-uitstallings asook die arena- en bulring-program word daar vanjaar ook ʼn boere-veiligheidspatent-kompetisie aangebied.
Nóg ʼn seisoen vir beleërde inmaakfabriek verseker
Die besluit om die Langeberg- en Ashton-fabriek se bedrywighede met nog ʼn seisoen te verleng, skep die ruimte vir ʼn konsortium wat die fabriek probeer red, om die finansiering daarvoor te bekom.
Boere moenie hoop verloor, sê TLU SA se Henry Geldenhuys
“Ondanks al die uitdagings wat boere op ʼn daaglikse basis in die gesig staar, doen ek ʼn beroep op elke boer in die land om nie moed op te gee nie.”
Kyk: Voortrekkermonument kry nuwe ‘kinders’
Cilliers sê die VTM-personeel wil graag die publiek en ondersteuners van die monument uitnooi om aan die Pionierswerf-pret deel te neem en hulle te help om name vir die nuwe inwoners te kry.
EU sitruswet ‘suiwer politiekery’
“Ons het inderwaarheid ʼn goeie verhouding met die lande se invoerders en mark, maar daar is drukgroepe in dié bedryf wat probeer om relevant te bly en ons probeer uitwerk.”
Mango’s, die fynproewer se droomhappie
As pryse toegeken moet word vir die interessantste vrug wat plaaslik gekweek word, is die kanse goed dat mango’s, of veselperskes, met die goue medalje sal wegstap. Besoekers aan die Laeveld en ook die Wildtuin (Orpen-hek) kan gerus by Mohlatsi inloer vir dié lekkernye.