“Ons herinner ons kliënte dat beurtkrag ʼn beheerde maatreël is wat die kragstelsel beskerm en verhoed dat dit heeltemal in duie stort.”
Kleinste baba ter wêreld uit hospitaal ontslaan
“Ek kan net sê dat ek bly is dat hy gegroei het, want ek was eerlikwaar nie seker of hy gaan oorleef nie.”
Man by lughawe vas oor koffer met miljoene
Die man het tydens die ondervraging erken dat hy in besit van buitelandse valuta is, maar het aangevoer dat dit heelwat minder is as wat later geblyk het.
Ouers rasend oor gevare van ‘Momo-uitdaging’
Amptelike inligting oor die sogenaamde “Momo Challenge” is skraps, maar dié nuwe aanlyn fenomeen het reeds talle ouers rasend van bekommernis.
Skoolseuns in hof wat moord op video vasvang
Die skoolseuns, almal tussen die ouderdomme van 15 en 16, is Woensdag in hegtenis geneem nadat video’s van die moord wat die seuns self opgeneem het, wyd op sosiale media versprei is.
Man in motorhuis vermoor: Nóg ’n verdagte vas
“Ons wil net geregtigheid sien geskied.”
KZN-premier gaan aftree ná verkiesing
Willies Mchunu, die premier van KwaZulu-Natal wat Woensdag tydens sy provinsiale rede flou geword het, sê hy sal ná die verkiesing in Mei vanjaar aftree.
Eis dat besigheidstudie-eksamen ongeldig verklaar word
Die vakbond Solidariteit eis nou namens die Skoleondersteuningsentrum dat die 2018‑matriekeksamen vir die vak besigheidstudies ongeldig verklaar word.
Kommer oor tolgeldstygings se tol op motoriste
Die verhoging in tolgelde by tolhekke landswyd sal Vrydag 1 Maart in werking tree.
‘Optimum is uit Glencore se hande geboelie’
“Nou dat mens terugkyk, was dit eintlik maklik om die legkaartstukke inmekaar te pas. Ons was geskok om te sien wat in die Openbare Beskermer se staatskapingverslag aan die lig gekom het.”
Nuuskommentaar: Swak ‘inligting’ mislei regering – regruk van intelligensiedienste noodsaaklik
Die swak inligting, of te wel intelligensie, waarmee die regering bedien word, is nie sonder gevolge nie. Sommer in ’n ommesientjie het pres. Cyril Ramaphosa twee sake waar persepsies harder as feite spreek, opgerakel en so beklemtoon dat daardie persepsies nou eens en vir altyd deur harde feite verdring moet word.
Foto’s: Oos-Kaapse kleuters veilig gevind
“Omstreeks 19:00 was lede van die Motherwell-polisie besig om die gebied om die steengroef te fynkam, toe lt.kol. Jesvin Arends en AO Francois Marais ʼn kind se stemmetjie agter ʼn sandduin gehoor het.”
DKD ‘slaggereed’ om etes by tronke oor te neem
Die departement van korrektiewe dienste (DKD) is vol vertroue dat hy in staat is om die spysenieringsdienste in 26 gevangenisse oor te neem wanneer African Global Operations (voorheen Bosasa) se dienste op 24 Maart tot ʼn einde kom.
Pretoria-man in hof oor ‘onwettige skedulemiddels’
Die verdagte (28) het in die Pretoria-landdroshof verskyn op aanklag van vervaardiging en handel in geskeduleerde middels.
Produksie van isotope by Pelindaba hervat
Isotope word in die mediese veld gebruik vir veral die bekamping van kanker en die sterilisasie van mediese instrumente, en kan hoogs winsgewend wees as die vervaardiging daarvan behoorlik en veilig bedryf word.
Een van drie vermiste kleuters opgespoor
Een van die driejarige kleuters wat Dinsdagaand spoorloos in Motherwell in die Oos-Kaap verdwyn het, is gevind.
Vodacom wysig voorwaardes om data te laat oordra
Die aankondiging kom nadat die selfoonverskaffer se oorspronklike plan om ʼn heffing vir die oordrag van data te vra met onsteltenis deur kliënte en die Suid-Afrikaanse telekommunikasieregulator begroet is.
Molefe blameer vir Optimum-myn se ondergang
“Dit was soos om met ʼn baksteenmuur te onderhandel. Dit was nie ʼn bespreking nie, dit was ʼn posisie. Ons het mense by Eskom hieroor uitgevra en hulle was net so verward soos ons.”
Foto’s: Dodetal styg ná ontploffing by treinstasie
Kringtelevisiebeeldmateriaal toon hoe die trein die versperring tref en hoe mense wat verbyloop byna onmiddellik deur rook en vlamme verswelg word.
Polisievrou pleit vir ligte vonnis ná verhouding met bendelid
Beeming het gesukkel om die trane te keer toe sy aan die hof gesê het sy het reeds deur ʼn departementele verhoor gegaan. Sy het die media blameer dat hulle haar as die “bose een” uitmaak.