Enrique Pena Nieto, president van Mexiko, het Donderdag gesê hy gaan nie ʼn beplande verdagering op 31 Januarie met pres. Donald Trump van Amerika bywoon nie.
‘Bedrieër’ wis nie slagoffer is toe eintlik die broer nie
Lucas Matthys Neetling (58) wou ʼn sakeman van Emalahleni bedrieg deur voor te gee hy is ʼn vriend van die LUR vir menslike nedersettings, min wetend sy beweerde slagoffer is die broer van die LUR.
Afleggingsproses by AngloGold Ashanti duur voort
Gerugte dat daar reeds ’n ooreenkoms tussen AngloGold Ashanti en vakbonde bereik is om al 849 poste te red, is Donderdag weerlê.
DA eis Opod-ondersoek oor Phahlane
Die Demokratiese Alliansie het Donderdag gesê hy is in besit van ʼn volledige forensiese verslag wat deur CPN Forensic and Accounting Services opgestel het oor bewerings deur die polisievakbond Popcru van korrupsie in die polisie se forensiesedienste-eenheid.
Kaapstad bevestig strenger waterbeperkings
Die Stad Kaapstad het Donderdag bevestig dat strenger maatreëls vanaf 1 Februarie toegepas sal word wat waterbeperkings betref.
Puk-SR-lid geskors oor diefstalbewerings
ʼn Studenteraadslid van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus is tydelik van pligte onthef na ʼn beweerde voorval van winkeldiefstal.
Egpaar helder oordag op plaas oorval, aangerand
Die polisie het gesê die egpaar se gesteelde voertuig is kort ná die aanval naby die Havenga-brug gevind waar dit omgeslaan het.
Die wêreld in foto’s – 26 Januarie 2017
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Fonds vir Brink-gesin: ‘Finansies moet hul nie bekommer’
Lise Brink, die vrou wat steeds in die hospitaal behandel word nadat sy, haar man en hul kinders op 16 Desember in ʼn ernstige motorongeluk betrokke was, gaan kaakchirurgie moet ondergaan en moet ook ʼn rugstut en prostese vir haar linkerbeen bekom.
Vlootbasis-inbraak: Man gevonnis
Duncan Gouvias (22), een van drie jong mans wat in hegtenis geneem is ná ʼn inbraak by die vlootbasis in Simonstad verlede jaar, is tot 43 jaar tronkstraf gevonnis.
Ma ‘wag vir nuus’ ná dogter verdwyn
Presies drie weke nadat Nicola Pienaar, ʼn jong vrou van die Paarl, spoorloos verdwyn het, is haar ouers nog niks nader aan antwoorde oor waar hul dogter is nie.
Vriend op Springbok se plaas geskiet
“Johan Goosen was ná die voorval erg getraumatiseerd en moes ook behandeling vir skok ontvang.”
‘My kind sal volkome herstel’
Miané (2) het in November 2015 byna in ʼn opblaasswembad in Witbank (eMalahleni) verdrink.
FNB gaan eienaars van gesteelde sluitkissies vergoed
FNB het Donderdag bevestig dat hy in die proses is om kliënte te vergoed ná rooftogte by die bank se takke in Randburg, Parktown en Sunnypark in Gauteng in Desember.
Nóg beamptes vas oor lisensiekantoor-korrupsie
Nog amptenare by Johannesburg se twee lisensiedepartemente is Donderdag op aanklagte van korrupsie in hegtenis geneem.
SA man verdagte ná ‘koelbloedige’ moord op Britse man
Tony Kenway (39) is Dinsdag op ʼn “koelbloedige teregstellingswyse” vermoor.
Narkotiseur gevonnis oor 2-jarige ná operasie sterf
“Hoe kan hy so ligtelik daarvan afkom? Ons het gedink ons sal nou afsluiting kan kry.”
[Video] Werkers staak by Unisa
Lede van die National Education Health and Allied Workers Union (Nehawu) het Donderdag by die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) begin staak nadat loononderhandelinge vasgeval het.
In diepte: Noordwes wil donkies teel vir China
Toe die Afrikaanse liedjieskrywer Chris Blignaut destyds die wondere van die donkie besing het, het hy sekerlik nie tablette, tonikums of strope in gedagte gehad wat van donkievelle gemaak word nie.
Nuuskommentaar: Was daar ANC-vuilspel met koverte verkiesingsoperasie?
Dit is noodsaaklik dat die Onafhanklike Verkiesingskommissie nou reeds presies uitpluis wat feit, en wat fiksie is, oor ’n beweerde koverte (geheime) taakspan van die ANC om verlede jaar se verkiesing met gemene spel teen die DA en EFF te beïnvloed, en die ANC se agenda te bevorder.