Vyf jong mans is in hegtenis geneem nadat ʼn 68-jarige vrou van Dewetsdorp in die Vrystaat al om die beurt verkrag en beroof is.
Landbouprodusente in oorlewingstryd
Agri SA het ʼn dringende beroep op die publiek en die korporatiewe sektor gedoen om die organisasie se droogtehulpfonds te ondersteun.
[Video] Orania stem nie in verkiesing
Inwoners van Orania in die Noord-Kaap is nie van plan om hulle onafhanklikheid prys te gee nie en gaan daarom nie aan die munisipale verkiesing deelneem nie.
Man sterf by Germiston-meer
Die liggaam van ʼn man in sy 50’s is Maandag by die Germiston-meer aan die Oos-Rand gevind.
SAUK in arbeidshof oor skorsing van joernaliste
Die vakbond Solidariteit sal Donderdag ’n dringende interdik teen die SAUK in die arbeidshof aanvra om die skorsing van verskeie SAUK-joernaliste te laat ophef, hangende die beregting van die wettigheid van die uitsaaier se sensuur-instruksies deur die konstitusionele hof.
[Video] ‘Bruin’ party stel manifes bekend
ʼn Omstrede voormalige DA-lid is nou aan die stuur van ʼn nuutgestigte politieke party in Kaapstad.
Pta-egpaar maak Turkye-nagmerrie mee
ʼn Egpaar van Pretoria se eerste oorsese vakansie het ʼn onvoorsiene nadraai gehad toe hulle hulself die afgelope naweek in Istanbul in Turkye midde-in die mislukte staatsgreep bevind het.
Bejaarde in plas bloed gevind
ʼn Bejaarde man is Maandagoggend in ʼn plas bloed in sy huis in Pellissier, Bloemfontein, aangetref nadat hy vermoedelik reeds Vrydag vermoor is.
Man uit bewegende trein gestamp
ʼn Man is Maandag in Pretoria dood nadat hy vermoedelik uit ʼn bewegende trein in die noorde van die stad gestamp is.
Die wêreld in foto’s – 18 Julie 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
SA renjaer sterf op Kilimandjaro
ʼn Suid-Afrikaanse renjaer is Maandagoggend op berg Kilimandjaro in Tanzanië dood.
Kleuter veg om lewe ná swaai-ongeluk
“Die dokter het ons eers Donderdag vertel dat die paramedici Sondag met Juané se aankoms by die hospitaal aan hom gesê het dat sy dit nie gaan maak nie.”
Nog ʼn verdagte vas vir Jayde Panayiotou-moord
Nog ʼn verdagte is in hegtenis geneem in verband met die huurmoord op die Oos-Kaapse onderwyseres, Jayde Panayiotou (29).
Familie ondersoek self Belfast-slaandood
Pierre de Necker (24) se familie sal sorg dat diegene wat verantwoordelik is vir hul geliefde se wrede slaandood in Belfast, Mpumalanga, vervolg word, al moet hulle self die saak ondersoek.
Nuuskommentaar: Solidariteit-DKD-saak wys wie het ruggraat
Oor ’n hele wye politieke spektrum is steun toegesê aan die konstitusionele hof se uitspraak in die Solidariteit-DKD-saak, maar tog, so kort voor ’n belangrike verkiesing, is partye, ook partye waarvan dit nie verwag is nie, besonder swygsaam hieroor.
Nóg drie polisiebeamptes in VSA doodgeskiet
Drie polisiebeamptes is dood en drie gewond nadat ʼn gewapende aanvaller Sondag in Baton Rouge, die hoofstad van Louisiana, op hulle losgebrand het.
Vrou kritiek ná perd skrik
ʼn 52-jarige vrou is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal in Pietermaritzburg geneem nadat sy Sondagmiddag van ʼn perd afgeval het.
Beplande wateronderbrekings in Pta uitgestel
Die stadsraad van Pretoria het besluit om die geskeduleerde instandhouding en opgradering van die waterverskaffingsnetwerk in die oostelike voorstede van Pretoria onbepaald uit te stel.
Grondwet lei besluit oor Tafelberg-skoolgrond, sê Zille
Daar is nog geen besluit geneem oor die verkoop van die ou Tafelberg-skoolperseel in Seepunt in Kaapstad nie, het premier Helen Zille Sondag gesê.
Vrou tydens KZN-huisroof geskiet
ʼn Vrou is in ʼn stabiele toestand in die hospitaal nadat sy Sondagmiddag tydens ʼn huisrooftog in La Lucia, KwaZulu-Natal, geskiet is.