Die Universiteit Kaapstad (UK) het gesê die omstandighede rondom die valdood van ʼn student word nog ondersoek.
Ikeys-student vertel van angswekkende aanval
Rebecca Liv Shain, ʼn 18-jarige student aan die Universiteit Kaapstad (UK), het ʼn angswekkende aanval oorleef.
‘Swartgesig’-herrie: Ondersoek gaan voort
“Die Universiteit Stellenbosch is nie ʼn afgesonderde enklawe wat van die res van Suid-Afrika geïsoleer is nie.”
Man kritiek ná Mumford-konsert
ʼn Johannesburgse man is in die waakeenheid van ʼn hospitaal opgeneem nadat hy 15 meter ver van ʼn brug afgeval het ná ʼn buitelugkonsert die afgelope naweek in Pretoria.
Nkandla-saak: ‘Zuma het Grondwet oortree’
Pres. Jacob Zuma het die Grondwet oortree toe hy nie Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer, se aanbevelings oor sy Nkandla-woning toegepas het nie, het die konstitusionele hof Dinsdag gehoor.
Man sterf glo toe meteoriet hom tref
Nasa ondersoek nog die voorval toe ’n man in Indië Saterdag dood is nadat ’n meteoriet glo op hom geval het.
Pa ‘getuig’ oor Schalk
“Ek het later in die kerk Schalk se getuienis gelewer en besef dat die Here mense gebruik vir sy Koninkrykswerk.”
Glykabel: Tiener steeds in waakeenheid
Carmen Botha, die tiener van Centurion wat 15 meter ver van ʼn glykabel af geval het, is 19 dae later steeds in die waakeenheid van ʼn Johannesburgse privaat hospitaal terwyl sy wag op ʼn rugoperasie.
Nuuskommentaar: ‘Blackfacing’ en ander slaggate
Het die jongste voorval wat verkeerdelik as blackfacing veroordeel word dalk nou die kwessie in ’n kookpot van polarisasie laat ontaard? Dit toon net weer hoe opgeskerp ’n mens in ’n heterogene land moet wees, waar dinge soos blackfacing en die sing van “Kill the Boer, kill the farmer” polariserende gevoelens kan losmaak.
Geen stappe oor ‘rassistiese’ graffiti
Die bestuur van Wits het Maandag gesê graffiti teen kampusgeboue waarin wit mense gevloek word, is “vryheid van uitdrukking” en daarom sal daar nie verdere stappe gedoen word nie.
Perlemoen: Verdagtes lei polisie na tweede vonds
Vyf mense sal na verwagting Dinsdag in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn nadat sowat 620 kg perlemoen in hul besit gevind is.
Nkandla-hofgeding aangehoor
Die konstitusionele hof sal Dinsdag die aansoek deur die DA en EFF aanhoor in hul saak teen pres. Jacob Zuma oor sy Nkandla-woning.
Man sterf toe trok omslaan
ʼn Man in sy 40’s is dood nadat die vragmotor waarmee hy gery het Dinsdagoggend by Kaapstad omgeslaan het.
Publiek kan menings gee oor rassisme, haat teenoor minderheidsgroepe
AfriForum gaan ’n internasionale verslag uitreik waarin die toename van rassisme en haat teenoor Suid-Afrikaanse minderheidsgroepe, veral witmense en Afrikaners, toegelig word.
Publiek kan help met verkiesing van nuwe OB
Pres. Jacob Zuma het Thuli Madonsela in 2009 aangestel en haar sewejaar-termyn kom in Oktober tot ʼn einde.
Apartheidera-polisiebeamptes aangekla van moord
Vier polisielede van die destydse Soweto Spesiale Tak sal vervolg word vir die apartheidera-moord van Nokuthula Simelane wat in 1983 verdwyn het.
Nog ʼn student op UK-kampus aangeval
ʼn Tweedejaarstudent op die Universiteit Kaapstad (UK) se mediese kampus het Maandag die mees onlangse slagoffer van ʼn reeks aanvalle geword wat die afgelope paar weke die studentegemeenskap teister.
Twee agter tralies vir rooftog met speelgoedgeweer
Twee mans is in die Wepener-streekhof in die Vrystaat gevonnis nadat hulle ʼn winkel met ʼn speelgoedgeweer beroof en die winkeleienaar met ʼn panga aangerand het.
Lily-myn: Werkers al 80 uur lank vasgekeer
Na nóg ʼn dag se reddingspogings kon reddingspanne steeds nie daarin slaag om die drie werkers wat onder in die Lily-myn naby Barberton in Mpumalanga vasgekeer is, na veiligheid te bring nie.
PE-moord: Man getuig van vrou se ontrouheid
ʼn Man van Port Elizabeth wat daarvan beskuldig word dat hy sy vrou ten aanskoue van hul jong kinders met ʼn mes doodgesteek het, het Maandag in die stad se hooggeregshof vertel van sy vrou se buite-egtelike verhouding.