Die huidige rasseherrie wil maar nie wyk nie en ons ook niks nader aan ’n werkbare oplossing bring nie. Die afgelope dekades was daar verskeie verspeelde kanse, maar is dit nou te laat om rasseverhoudinge op ’n gesonde grondslag te plaas? Herman Toerien stel ondersoek in.
Hittegolf: Kraaie gaap en rekords spat
Die versengende hitte wat groot dele van die land die afgelope week geteister het, het verskeie temperatuurrekords in die slag laat bly.
Familie ken Hennopsrivier-lyke uit: ‘Hulle was saggeaarde mense’
Die liggame van die man en vrou wat op 27 Desember in die Hennopsrivier in Centurion gevind is, is geïdentifiseer.
ANC vier fees in Noordwes
Die ANC vier vandag sy 104de verjaardag en leiers van die party sal verskeie plekke in Noordwes besoek as deel van die viering.
Man in hof oor Nazi-vlae en vuurwapens
ʼn 70-jarige man verskyn vandag (Vrydag) in die Goodwood-landdroshof in verband met vuurwapens, ammunisie, weermagtoerusting en Nazi-vlae wat in Desember in ʼn huis in Bothasig, Kaapstad, gevind is.
ANC verbied joernalis oor omstrede twiet
Die ANC het Donderdag gesê hy gaan regstappe doen teen die vryskutverslaggewer Carien du Plessis, nadat sy ook verbied is om die party se 104 jaar-vieringe by te woon ná ʼn omstrede twiet.
Man verdrink in swembad in Springs
ʼn 20-jarige man het Donderdagmiddag by ʼn huis in Springs, Gauteng, verdrink.
Centurion-egpaar voor seun aangeval
ʼn Egpaar van Centurion is Donderdagoggend omstreeks 01:30 by hul huis in Eldoraigne, Centurion aangeval.
‘Star Wars’ klop ‘Avatar’ by VSA-loket
“Star Wars: The Force Awakens” het ʼn rekord opgestel in Amerika by die plaaslike loket, het die Walt Disney Co. Woensdag aangekondig.
5 000 diere in Limpopo doodgemaak weens droogte
Boere in Limpopo leef in vrees dat hul nog vee gaan verloor weens die voortslepende droogtetoestande. Minstens 5 000 diere is reeds doodgemaak, volgens voorlopige statistiek deur die provinsiale departement van landbou.
Geen aanklagte in Los Angeles teen Bill Cosby
Staatsaanklaers in Los Angeles het Woensdag bevestig dat hulle nie enige aanklagte teen die bekende akteur Bill Cosby gaan bring in verband met twee beweerde seksuele aanrandings nie.
SA hernu Agoa-ooreenkoms met Amerika
Die uitgerekte onderhandelinge tussen Suid-Afrika en Amerika oor die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (Agoa) is uiteindelik afgehandel nadat ʼn ooreenkoms bereik is.
Goeie nuus oor vermiste PE-visserman
Cornelius Johannes van der Westhuizen (59) wat glo verdwyn het terwyl hy op vissersbote in Maputo gewerk het, het Woensdagaand kontak gemaak met sy vrou.
Wiskunde floreer by Afrikaanse skole
Wanneer ʼn groep skole, wat slegs 5,3% van alle skole in Suid-Afrika opmaak, meer as 28% van die land se wiskunde-onderskeidings behaal, weet jy dat jy te doen het met wiskunde-onderrig van wêreldgehalte.
Nuusleser van die lug af oor Motshekga-‘grap’
Andrew Barnes, ʼn senior nuusleser van eNCA wat Woensdag glo ʼn bespotting gemaak het van die minister van onderwys, is van die lug gehaal.
DA-borde lê werkloosheid voor Zuma se deur
Meer as 1,8 miljoen Suid-Afrikaners is werkloos sedert Jacob Zuma president geword het, volgens die DA se twee reklameborde wat Donderdag in die Johannesburgse middestad onthul is.
Reën in binneland volgende week
Reën word van Maandag af oor ʼn groot deel van die binneland voorspel volgens die langtermynvoorspelling van die Noorweegse weerdiens.
Gauteng skole dalk gesluit oor ‘onaanvaarbare’ slaagsyfer
Nege onafhanklike skole wat in die afgelope matriekeksamen ʼn slaagsyfer van minder as 40% behaal het, kan moontlik gederegistreer word.
Derduisende sê hul sê oor e-tol
Die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa) het Donderdag gesê hulle het meer as 117 000 voorleggings ontvang in reaksie op die voorgestelde regulasie wat motoriste sal dwing om verkeersboetes en e-tol te betaal.
Ina Bonnette ervaar nou vrede
Dis vier jaar sedert Ina Bonnette ʼn wrede aanval deur haar eksman, Johan Kotzé, die sogenaamde “Modimolle-monster”, oorleef het.