Wat veronderstel was om vir ʼn familie ʼn opwindende uitstappie op die Gautrein te wees het vinnig in ʼn angswekkende situasie ontaard toe ʼn ouerpaar van Kempton Park van hul kinders geskei is toe ʼn treindeur glo te vinnig in hul gesigte toegemaak het.
[Video] ‘Welkom se drinkwater nou bloedwater’
Bloedwater van slagpale én rou riool besoedel Welkom in die Vrystaat se drinkwater.
Bejaarde boervrou nag alleen by man se lyk
ʼn Boer is Donderdagaand op sy plaas buite Odendaalsrus in die Vrystaat vermoor.
Miljoene spandeer aan leë premierswoning
Daar is glo miljoene rande bestee aan instandhoudingswerk soos tuindienste en loodgieterswerk by die Gautengse premier se amptelike woning in Bryanston.
Twee vroue, man vas oor renosterstropery
Die Valke in Mpumalanga het twee vroue en ʼn man in hegtenis geneem in verband met renosterstropery.
Nuuskommentaar: IS en die einde van die wêreld
Eindtydprofesieë, of eerder oorlewerings, en die oprigting van die sogenaamde tweede kalifaat speel ’n belangrike rol in die motiverings vir die bestaan van die IS en sy wrede terreurdade.
Werkers beseer toe stroombreker ontplof
Drie mans is Donderdag in Maropeng, wes van Pretoria en Johannesburg, beseer nadat ʼn stroombreker waaraan hulle gewerk het, ontplof het.
Polisie ontplooi op TUT-kampusse
Gewelddadige studente het Donderdagmiddag eksamens op die Tshwane-Universiteit van Tegnologie (TUT) se hoofkampus in Pretoria-Wes ontwrig.
Inwoners verwyder na noodskuilings oor Simonstad-brand
Noodskuilings is in Simonstad beskikbaar gestel terwyl die brand in Klawervallei voortwoed.
[Video] ‘Dit is nie Trevor Noah se vertoning nie’ – EFF-LP aan giggelende Zuma
Pres. Jacob Zuma is Donderdag deur ʼn EFF-LP aangevat vir sy klaarblyklike voorliefde om te giggel terwyl LP’s hom oor sake van nasionale belang probeer ondervra.
[Foto’s] Tweede grootste diamant ontdek
Lucara Diamond-korporasie het vandeesweek ʼn 1 111 karaat diamant ontdek, die tweede grootste edelgesteentegehalte diamant wat nog ooit ontdek is.
Repokoers aangepas
Die Reserwebank se monetêre beleidskomitee het Donderdag die repokoers met 25 basispunte tot 6.25% verhoog, weens kommer oor ʼn swak rand en stygende inflasie.
R96.6 miljoen vir droogte-verligting
Die regering sal nog R96.6 miljoen beskikbaar stel om met droogteverligting landswyd te help, het Jeff Radebe, minister in die presidensie, Donderdag gesê.
Zim-minister se dogter se dood by Ikeys steeds ʼn raaisel
Dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, het Zimbabwe Donderdag besoek om met sy eweknieë te vergader oor kommer oor ʼn minister van dié land se dogter se nadoodse ondersoek nadat sy by die Universiteit Kaapstad gesterf het.
Huise in Simonstad-brand verwoes
Vyf huise en vyf bungalows is verwoes in ʼn brand wat in Simonstad in Kaapstad woed.
Droogte nie ʼn nasionale ramp, sê Zuma
President Jacob Zuma het Donderdag gesê die regering is nog nie gereed om die droogte, wat ʼn groot deel van die land teister, as ʼn nasionale ramp te verklaar nie.
‘Sy het nie meer pyn nie’
“Ek gaan nie vir Amy sien groot word en meer sien dans en sing nie. Ek gaan nie eendag haar kindertjies sien groot word nie.”
[Video] Franse pa skryf hartroerend ná vrou se dood in Parys-aanval
Antoine Leiris, ʼn inwoner van Parys, wie se vrou dood is in die terreuraanval by die Bataclan-konsertsaal in die Franse hoofstad, het hom tot Facebook gewend om ʼn ope brief te skryf aan die groep Isis.
Luister: Boer se gedig vir reën raak harte
“Ek skreeu verwoed en verdors na die hoogste. O Heer, waar sal my reën vandaan kom.”
Twee vas ná moord op sakeman in Pta
Twee mense is in hegtenis geneem in verband met die voorval verlede maand waarin verskeie skote afgevuur is op die motor waarin ʼn sakeman en sy kollega gery het in die ooste van Pretoria.