Vier mense is dood op pad terug van ʼn begrafnis in Petrusville.
Vrou nou sélf verdagte ná vals klagte
Die polisie waarsku mense om nie klagte oor verkragting te versin nie.
Man in hospitaal doodgeskiet
Die polisie stel ondersoek in ná ʼn 34-jarige man in die Emalahleni-hospitaal in Witbank, Mpumalanga, doodgeskiet is.
Marikana: Die 10 onthou wat vóór die noodlottige dag gesterf het
Familielede van die tien persone wat dood is voor die noodlottige dag op 16 Augustus 2012 by Marikana naby Rustenburg in Noordwes dood is, het Sondag onthul hoe hulle gesterf het en betreur dat daar van hulle vergeet word.
Staking verskerp by SAL
“Die sekondêre staking sal die hele lugvaartbedryf tot stilstand bring, want dit is duidelik dat die regering, as ʼn aandeelhouer, eerder werknemers sal opoffer, as om die korrupsie by staatsentiteite – spesifiek die SAL – te hanteer.”
Man uit boom gered ná ongeluk
Drie mans is Sondagmiddag beseer, waarvan een kritieke beserings opgedoen het, ná ʼn ongeluk op die M7 in die rigting van Durban.
DA se tussentydse leiers aangewys
Die Demokratiese Alliansie se federale raad het Sondag ʼn tussentydse federale leier en tussentydse federale voorsitter aangewys om die party te lei tot die federale kongres in 2020.
Vals nuus oor seksvoorligting is misleidend, sê departement
Die departement van basiese onderwys het gesê hy is besorg oor die impak wat vals nuus het op die debat oor die omvattende kurrikulum vir seksualiteitsonderrig as deel van lewensoriëntering (LO).
Nege sterf in trompop botsing in Limpopo
Die polisie in Hoedspruit buite Phalaborwa in Limpopo ondersoek ʼn saak van strafbare manslag ná nege persone in ʼn trompop botsing tussen twee motors dood is.
Gemeenskap moet Marikana-byeenkoms ‘boikot’
Napoleon Webster, ʼn Forum 4 Service Delivery (F4SD)-raadslid en aktivis, het die gemeenskap in Marikana afgeraai om die National Union of Mineworkers (NUM) se byeenkoms Sondag in Marikana naby Rustenburg in Noordwes te ondersteun.
Nóg meer wildehonde loop nou in Mosambiek
“Hierdie spesie word steeds as bedreig beskou, maar suksesverhale soos hierdie een bring hoop vir die behoud van die diere.”
‘Dwelmhandelaar’ glo met R1,1 miljoen dwelms betrap
Beamptes in Milnerton in Kaapstad het ʼn vermeende dwelmhandelaar in hegtenis geneem en beslag gelê op dwelmmiddels ter waarde van ongeveer R1,1 miljoen en ʼn groot bedrag kontant.
DA kies vandag tussentydse leiers
Die Demokratiese Alliansie se federale raad sal Sondag ʼn tussentydse federale leier en tussentydse federale voorsitter aanwys om die party te lei tot die federale kongres in 2020.
Man sit lank oor verkragting van bejaarde vrou
ʼn 34-jarige man is vandeesweek in die hooggeregshof in Polokwane gevonnis op aanklag dat hy ʼn 79-jarige vrou verkrag het, wat aan demensie ly.
Renoster, sebra skok dood in Rietvlei-natuurreservaat
Die karkasse van ʼn renoster, haar kalf, en ʼn sebra is in Saterdag in die Rietvlei-natuurreservaat in Pretoria opgespoor. Die diere het doodgeskok toe ʼn Eskom-spantoring in die park omgeslaan het.
Ses vas ure ná vrou se moord tydens kaping
Ses persone is in hegtenis geneem ure ná ʼn vrou Vrydagoggend by ʼn verkeerslig in Bramley, Johannesburg, gekaap en doodgeskiet is.
Vandalisme van Prasa-infrastruktuur ‘buite beheer’
Misdadigers het vandeesweek landswyd treinstasies en die infrastruktuur van die Passasierspooragentskap (Prasa) aangeval ná die kontrakte van 20 privaat veiligheidsmaatskappye op 31 Oktober 2019 beëindig is.
Minister moet ingryp by MRK, sê Afrikanerbond
Die Afrikanerbond het die minister van justisie Donderdag versoek om dringend in te gryp om die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) “van homself te red”.
Limpopo-munisipaliteit gee groen lig vir NGV
Die oorgrote meerderheid van mense van die Thulamela- plaaslike munisipaliteit in Limpopo het die wetsontwerp op nasionale gesondheidsversekering (NGV) verwelkom.
Solidariteit en sy lede bly werk te midde van SAL-chaos
Solidariteit het bevestig dat sy lede ten spyte van onstuimigheid voortgaan om vir werk by die Suid Afrikaanse Lugdiens (SAL) aan te meld.