ʼn Span maatskaplike werkers van die Wes-Kaapse departement van maatskaplike ontwikkeling het die oorblywende lede van ʼn familie van Philippi, waar twee ouers en hul vier kinders tydens ʼn huisbrand gesterf het, besoek.
Noordwes-man bely hy het dogter geslaan
ʼn 26-jarige man van Noordwes het Donderdag skuld erken op aanklag dat hy sy vierjarige dogtertjie met ʼn gordel geslaan het.
Polisie vind kluis met vuurwapens in veld
“Ons voorlopige ondersoek dui daarop dat die kluis, insluitend die vuurwapens, ammunisie en juwele ter waarde van duisende rande, tussen 8 en 9 Julie 2017 uit ʼn huis gesteel is.”
Staking duur voort by Kruger-wildtuin en ander oorde
Die staking van lede van die vakbond Hospersa by nasionale parke duur Donderdag voort.
Vermiste man (84) opgespoor ná vier nagte in koue
“Die oom was koud en geskok en het ʼn paar krapmerke gehad. Hy is egter dadelik na die hospitaal geneem vir mediese behandeling. Dit is regtig ʼn wonderwerk dat hy leef ná vier nagte in die bibberweer.”
‘Timol se beserings stem nie met ʼn val ooreen nie’
ʼn Spesialis-patoloog het Woensdag aan die Pretoriase hooggeregshof gesê die wyle anti-apartheidsaktivis, Ahmed Timol, het erge skedelbeserings opgedoen, waarskynlik voor sy afsterwe in Oktober 1971.
Plaasmoorde: ‘Syfers wys polisie prioritiseer nie’
Die jongste syfers oor plaasmoorde en -aanvalle van die TLU SA toon dat daar vanjaar reeds 47 plaasmoorde en 246 aanvalle was.
Twee vas vir Pta-moord
“Hulle het reeds hul bagasie gepak en het gereed gemaak om die polisie te ontduik.”
Vyf in hof oor ietermago
Vyf mans het in die Hoedspruit-landdroshof in Limpopo verskyn nadat ʼn lewende ietermago, wat ʼn bedreigde spesie is, vroeër vandeesweek in hul besit gevind is.
Slagoffer van Knysna-brande kry ‘nuwe hoop’
ʼn Totale vreemdeling het vir ʼn slagoffer van die verwoestende Knysna-brande ʼn “wonderlike geskenk van hoop gegee” – dít alles danksy ʼn geskenkte baadjie.
Pedofiel wil borgtog vra ná nuwe vonnis
Andries Petrus Retief (37) het jong kinders na ʼn plaas naby Durbanville gelok met die oog daarop om pornografiese foto’s en video’s van hulle te neem.
Jong uitblinker sterf in tuisdorptragedie
ʼn Gemeenskap is in rou nadat Karel Minnie (14), ʼn uitblinker op skool, Maandag in sy tuisdorp tragies gesterf het.
[Video] Aardklop 2017: sit aan vir ʼn fees na hartelus
“Kom ons praat uit die hart uit, en noem ʼn ding op sy naam: Aardklop 2016 was ʼn wonderwerk. Daarom gaan ons ná hierdie gesamentlike reusereddingspoging in 2017 elke uiteenlopende feesganger, deelnemer en kunstenaar se bydrae tot die sukses en voortbestaan van Aardklop vier.”
Vrou glo met suur gegooi in kaping
ʼn Vrou het ernstige brandwonde met ʼn chemikalie opgedoen nadat sy glo met suur gegooi is tydens ʼn kaping.
Gevangene ontsnap by vulstasie
Die Limpopo-polisie het ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur na ʼn gevangene wat buite Polokwane (Pietersburg) uit aanhouding ontsnap het.
Khoza aangekla: ‘Hoekom word ek uitgesonder?’
Khoza is Woensdag formeel ingelig oor die stappe teen haar.
Plaaswerker sterf op plaas
Met paramedici se aankoms op die toneel het hulle die man vir hartstilstand behandel. Noodhulp is op hom toegepas en hy is aan ʼn ventilator gekoppel.
Mans met ongeslypte diamante betrap
Twee mans, albei 25 jaar oud, is in hegtenis geneem nadat ongeslypte diamante in hul besit gevind is.
Man sterf toe kar teen brug bots
ʼn Man in sy 40’s is dood nadat sy motor teen die betonpilaar van ʼn brug gebots het.
Zimbabwe landbouleier waarsku SA boere
Agri Limpopo doen ʼn beroep op landbouers en landbouleiers om ernstig aandag te gee aan die waarskuwings van Pete Steyl.