Die applikante, wat mans en vroue insluit, voer aan hulle is meer as twee dekades gelede deur die miljardêr Sidney Frankel seksueel aangerand. Frankel is in April vanjaar dood.
Vrou se ‘verkragter’ weer vas
“ʼn Man wat op ʼn plaas werk het die verdagte herken en die polisie ontbied.”
Hoërskoolseuns verkrag glo meisie (14) op video
“Die meisie was nie bewus van wat gebeur het nie, omdat sy bewusteloos was. Sy het egter later die video op sosiale media gesien en dit by die polisie aangemeld.”
Man, vrou oorleef traumatiese kaping
Twee mense is die naweek tydens ʼn kaping in die kattebak van hul motor geprop voordat die kapers met hulle weggejaag het en toe die motor gerol het.
‘Stroper’ tydens lokval doodgeskiet
“Ons het ʼn sloot onder die elektriese heining opgemerk en besluit om ʼn lokval te stel.”
Drie sterf, 7 beseer in gru-botsing op N4
“Die impak van die botsing was só erg dat die agtersitplek van die eerste voertuig saam met drie vroue uit die voertuig geslinger is.”
Openbare beskermer moet Gupta-verslae vrystel
Die Demokratiese Alliansie het Sondag die openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, gemaan om verslae vry te stel oor die welgestelde Gupta-familie, en gesê dit sê baie dat sleutel politieke figure nie in een van die verslae genoem word wat Mkhwebane tot dusver vrygestel het nie.
14-jarige vas oor poging tot moord
Die polisie in Limpopo het gesê hy veroordeel die betrokkenheid van minderjarige kinders by kriminele bedrywighede.
SAL skuld vermoedelik miljarde in lenings
Berigte Sondag dat Standard Chartered Bank geweier het om sy leningsfasiliteit met die SAL te hernu en dat die terugbetaling van dié lenings geëis word, is moontlik net die oortjies van die seekoei en die regering sal moontlik moet pa staan vir die rekening, het die DA gesê.
Waarnemende afdelingskommissaris van misdaadintelligensie aangestel
Genl.maj. PM (Pat) Mokushane is as die waarnemende afdelingskommissaris van die polisie se se misdaadintelligensie-afdeling aangestel.
Vegskip-botsing: Vragskip het glo U-draai gemaak
Die soektog na sewe Amerikaanse matrose wat verdwyn het nadat hul vegskip met ʼn vragskip naby die Japannese kus gebots het, is afgelas nadat verskeie liggame Sondag in die skip se oorstroomde kompartemente gevind is.
Zwane het nie Indië-reis verklaar nie, sê DA
Die Demokratiese Alliansie sal die openbare beskermer versoek om ondersoek in te stel nadat Mosebenzi Zwane, minister van minerale hulpbronne, vermoedelik die Vrystaatse wetgewer mislei het toe hy versuim het om ʼn reis na Indië te verklaar wat deur die welgestelde Gupta-familie betaal is.
Staking duur voort by Gauteng-lykshuise
Die Gautengse departement van gesondheid moet streng optree teen forensiese beamptes wat onwettig staak en ʼn dringende hofbevel moet teen die onwettige stakers bekom word, het die DA Sondag gesê.
16-jarige sterf ná sy van kwadfiets af val
ʼn 16-jarige meisie is Saterdag in Nelspruit dood nadat sy van ʼn kwadfiets afgeval het.
DA verwelkom MRK se verdoemende verslag oor KZN-onkologiediens
Die DA het Saterdag die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) se verklaring dat die verslag oor KwaZulu-Natal se onkologiekrisis afgehandel is en binnekort gepubliseer sal word, verwelkom.
Man vas oor Mandrax-tablette
ʼn 44-jarige verdagte is in Lentegeur in Kaapstad in hegtenis geneem waar polisiebeamptes beslag gelê het op 400 mandrax-tablette.
Gerugte oor beurtkrag is fopnuus, sê Eskom
Eskom het Saterdagaand boodskappe op sosiale media verwerp dat beurtkrag Sondag sal plaasvind.
Vermeende dief toe reeds in aanhouding
Polisiebeamptes van Johannesburg-Sentraal het beslag gelê op twee gesteelde motors in Freedom Park, en ontdek dat die vermeende dief reeds in aanhouding is.
Egpaar vas wat met vuurwapen op bus wou reis
Polisiebeamptes van die Johannesburg Sentraal-misdaadeenheid het ʼn man en ʼn vrou in hegtenis geneem op aanklag van die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie by Railwaypark-stasie.
Saftu verwelkom ondersoek oor pryse vir kankermedikasie
Die vakbondfederasie Saftu het gesê hy verwelkom die Mededingingskommissie se besluit om die pryse van kankermedikasie te ondersoek ná besware wat die advokate vir Borskanker, die Kanker-alliansie, die Kankervereniging van Suid-Afrika en Section27.