Die Wes-Kaapse polisie werk onverpoosd om leidrade op te volg nadat ʼn veiligheidswag Saterdag tydens ʼn transitorooftog in Kaapstad doodgeskiet is.
ʼn Swart Maandag teen Zuma
“Ons wil graag ʼn verenigde stem bied waaragter alle Suid-Afrikaners kan staan. Ons is geensins polities geaffilieerd nie.”
‘Mbete terug om Zuma te beskerm’
Mmusi Maimane, leier van die DA, het Sondag na Baleka Mbete, speaker van die parlement, gekap deur te sê sy het haar besoek aan Bangladesj kortgeknip om opdragte van pres. Jacob Zuma te ontvang oor hoe die beste manier sal wees om hom te beskerm.
Aardskudding in Gauteng, Noordwes
Inwoners van onder meer Potchefstroom, Orkney, Klerksdorp, Johannesburg en Pretoria is Maandagoggend deur ʼn aardskudding wakker gemaak.
Kerke eis ook Zuma se bedanking
“Ons sê ‘nee’ vir jou korrupsie en die eindelose gierigheid onder jou vriende. Ons sê nee vir jou, mnr. die president.”
Man verdrink toe rubberboot omslaan
ʼn Man het Sondag verdrink nadat ʼn rubberboot in die golwe by ʼn strand in Clifton, Kaapstad, omgeslaan het.
Parlement kan herroep word vir mosie teen Zuma
Baleka Mbete, die speaker van die parlement, het Sondag gesê sy sal onmiddellik opposisiepartye se versoek vir ʼn dringende debat oor ʼn mosie van wantroue teen pres. Jacob Zuma oorweeg.
DA-leierskap besluit oor Zille
Mmusi Maimane, leier van die DA, het gesê die DA se federale uitvoerende komitee het Sondag vergader om te besluit of daar formele dissiplinêre stappe teen Helen Zille, die Wes-Kaapse premier, gedoen sal word.
[Video] Wag tydens transitorooftog doodgeskiet
ʼn Veiligheidswag is Saterdag tydens ʼn transitorooftog in Athlone, Kaapstad doodgeskiet. Die video in die berig is ontstellend en nie geskik vir sensitiewe kykers nie.
[Video] R24-transitorooftog: Wegkommotors gevind
Twee voertuie wat Saterdag gebruik is in ʼn transitorooftog op die R24 naby Barbaraweg aan die Oos-rand, waartydens ʼn transitovoertuig ten aanskoue van motoriste opgeblaas is, is gevind.
Godsdiens in skole: “CSV, opening met gebed sal iets van die verlede wees”
ʼn Voormalige skoolhoof van Hoërskool Linden het Vrydag ʼn ope brief aan sowat 2 000 onderwysers gestuur waarin hy sy kommer uitspreek oor die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) se jongste hofstukke in die hofsaak oor godsdienspraktyke in skole.
Hof gee groen lig vir daggagebruik, maar …
Die uitspraak is egter nie ʼn rede vir daggagebruikers om onmiddellik fees te vier nie.
Twee sterf in tref-en-trap-ongelukke
Twee mense is dood en drie ander beseer in twee tref-en-trap-ongelukke in onderskeidelik Pinetown en Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal.
Instituut ondersoek dubbelstandaarde oor rassisme
Die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) gaan in die komende week ʼn verslag bekendstel wat volgens die instituut die dubbelstandaarde uitlig wat rassisme betref.
Reeksmoordenaar vir gru-moorde gevonnis
ʼn Reeksmoordenaar wat sewe mense vermoor en toe die liggame in vlak grafte begrawe of verbrand het, is in die Vrystaatse hooggeregshof swaar gevonnis.
Gordhan: ‘Ek moedig onbeskaamd massaoptrede aan’
Pravin Gordhan, voormalige minister van finansies, het Saterdag die publiek aangemoedig om massaoptrede teen pres. Jacob Zuma te neem na aanleiding van die omstrede kabinetskommeling Vrydag in die vroeë oggendure waartydens Gordhan en sy adjunk, Mcebisi Jonas, uit hul poste verwyder is.
Student tydens huisroof doodgeskiet
ʼn Student is Saterdagaand tydens ʼn huisroof in Bloemfontein doodgeskiet.
Polisie stuit transitorooftog
Die polisie in Limpopo het Saterdagoggend ʼn beplande transitorooftog gestuit nadat hulle ʼn wenk van die publiek ontvang het.
Miljoene ontvang maatskaplike toelaes
Miljoene Suid-Afrikaners het vandag maatskaplike toelaes by betaalpunte regoor die land ontvang, het die departement van maatskaplike ontwikkeling gesê.
‘Gee my ʼn kans,’ vra nuwe minister van finansies
“Ek gaan niemand se skoene volstaan nie. Ek het my eie skoene wat ek dra. Ek is nie ʼn nuweling in die regering nie.”