ʼn Vrou is Donderdagoggend dood toe sy vermoedelik van ʼn perd afgeval het in Shongweni buite Durban.
Beampte, hond trek twee vas ná inbrake
ʼn Polisiebeampte wat nie aan diens was nie en ʼn patrolliehond het Woensdag in die vroeë oggendure as ʼn gedugte span saamgewerk om twee vermeende inbrekers vas te trek.
‘Lughawerowers’ slaan toe op Pta-gesin
ʼn Gesin is Woensdagaand in Capital Park in Pretoria deur sogenaamde lughawerowers geteiken. Dié rowers agtervolg hul slagoffers van ʼn lughawe en slaan dan by hul eindbestemming op hulle toe.
Trompopbotsing in Vrystaat eis lewe van 3
Drie mense is dood en 21 beseer toe twee minibustaxi’s Donderdag reg van voor in die Vrystaat gebots het.
‘Die rand kan maar val’, sê ANC-jeugligaleier
“Ons voel die heeltyd bedreig deur rommelstatus. As die rand moet val, dan moet dit val. Wanneer dit weer versterk, moet dit ons wees wat in beheer is.”
Verdagte in boud gewond ná rooftog op Pta-kleinhoewe
ʼn 33-jarige verdagte is Donderdag in die vroeë oggendure in hegtenis geneem nadat hy glo met ʼn haelgeweer in die agterstewe geskiet is ná ʼn huisroof op ʼn kleinhoewe buite Pretoria.
Moordbeskuldigde boer hoor oor borgtog
Josef van Eeden is aanvanklik in hegtenis geneem nadat hy na bewering ʼn man wat hy van veediefstal verdink het, doodgeskiet het. Hy is in Oktober weer in hegtenis geneem omdat hy na bewering ʼn 60-jarige man met opset op ʼn plaas naby Bethlehem raakgery het.
Goeie nuus: Brandoorlewende Sean kry ‘vyfdag-pas’
Die brandoorlewende Sean Smith se dokters het vir hom ʼn “vyfdag-pas” gegee sodat hy sy komende 17de verjaardag en Kersfees by sy ouerhuis in Pretoria kan deurbring.
Familie veg terug teen plaasaanvallers
“Ek dink nie die aanvallers het verwag dat die slagoffers hulle só sou teësit nie.”
Lise Brink ‘ernstig maar stabiel’ ná amputasie, ondersteuningsgroep gestig
“Ons, en veral Danie, wil vir almal bedank vir hul ondersteuning en gebede. Daar lê egter nog ʼn lang pad van genesing voor, so moet asseblief nie ophou bid nie.”
Nege Vrystaatse munisipaliteite se krag gesny
Eskom het Donderdag inwoners van nege Vrystaatse munisipaliteite ingelig dat hul krag van 5 Januarie af twee keer per dag weens wanbetaling onderbreek gaan word.
Publiek oor feestyd-slenters gewaarsku
Die owerhede het waarskuwings aan die publiek uitgereik oor verskeie slenters wat nou weer die ronde doen en poog om niksvermoedende mense te mislei om persoonlike inligting te verskaf of onregmatige betalings te maak.
Man, baba sterf in ongeluk waar trok glo wegjaag
ʼn Man en ʼn twee maande oue baba is Woensdagaand dood in ʼn ongeluk op die N3-Noord naby Harrismith in die Vrystaat.
Seun (7) kritiek ná byna-verdrinking in hotelswembad
ʼn Sewejarige seun is Woensdag in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal gehaas nadat hy bewusteloos in die swembad van ʼn hotel in Umhlanga, KwaZulu-Natal, aangetref is.
Een sterf toe lokomotiewe omslaan
Minstens een mens is dood nadat ʼn goederetrein Woensdag naby Madibogo in Noordwes ʼn koei getref en twee lokomotiewe omgeslaan het.
Man vas oor dollars in bagasie
ʼn Man wat vandeesweek by die Internasionale Lughawe OR Tambo betrap is toe hy na bewering Amerikaanse dollarnote ter waarde van R10 miljoen na Dubai probeer smokkel het, sal vandag in die hof verskyn.
Video: Verlamde matriekseun verstom
“Geniet jou lewe. As jy nie gelukkig is oor iets nie of jy is ongelukkig oor jou lyf, verander dit. Jy het die kans om dit te doen.”
Drie vas na sterfte by inisiasieskool
“Hy is glo op 7 Desember met ʼn stok aangerand en agter ʼn perd gesleep. Een van die onderwysers het glo op die perd gery.”
Kelner dalk werk kwyt oor ‘rasherrie’
ʼn Kelner, wat die afgelope agt jaar by ʼn gewilde restaurant in Clifton in Kaapstad werk, kan moontlik sy werk kwyt wees nadat hy op ʼn betaalstrokie na sy kliënte as “twee swartes” verwys het.
Zuma sal dan nuwe SAUK-raad aanstel
Pres. Jacob Zuma se aankondiging kom enkele dae nadat prof. Mbulaheni Maguvhe, voorsitter en enigste oorblywende lid van die SAUK-raad, bedank het.