Robert McBride, die hoof van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), het Dinsdag die hoof van die Valke in Gauteng, genl. Prince Mokotedi, uitgedaag om ʼn gelyktydige leuenverklikkertoets te ondergaan om sy onskuld te bewys, nadat Mokotedi ernstige kriminele aanklagte teen hom ingedien het.
UK verhoog klasgelde vir 2017
Die Universiteit van Kaapstad het Dinsdag aangekondig hy het wel besluit om sy klasgelde vir 2017 te verhoog.
Man vas vir kokaïen in bagasie
ʼn Boliviaanse man is by die OR Tambo-lughawe in hegtenis geneem nadat 5,3 kg kokaïen in sy bagasie gevind is.
Vrou ontsnap ná sy man se vinger afbyt
Die Noord-Kaapse polisie het ʼn identikit vrygestel van ʼn man gesoek word in verband met die ernstige aanranding van ʼn vrou.
Baba by vreemdeling in park gelos
Die polisie in Limpopo ondersoek ʼn saak van kinderverwaarlosing, nadat ʼn baba van twee dae oud Sondag by ʼn vreemdeling in ʼn park in Polokwane gelos is.
Man sterf in trompop botsing
ʼn Man is dood en drie ander mense beseer, nadat twee voertuie Dinsdag naby Hartbeespoort in Noordwes gebots het.
Hofaansoek om Bedingingsraad vir die Metaal- en Ingenieursbedryf te red
Hofstukke is Dinsdag op alle belanghebbende partye beteken om die Bedingingsraad vir die Metaal- en Ingenieursbedryf (MEIBC) onder kuratorskap te laat plaas om dit sodoende van ondergang te probeer red.
Oud-polisiereservis wat vrou wou indoen gevonnis
Abraham Jacobus Visagie (39), ʼn voormalige polisiereservis, is Maandag skuldig bevind aan bedrog en korrupsie nadat hy homself as ʼn staatsaanklaer voorgedoen het om ʼn 54-jarige vrou met duisende rande in te doen.
Nuwe OB besoek Zuma
Adv. Busisiwe Mkhwebane, die nuwe openbare beskermer (OB), het Dinsdag ʼn hoflikheidsbesoek by pres. Jacob Zuma afgelê.
Voetganger sterf in tref-in-trap in Kaap
ʼn Voetganger is Dinsdag in die Kaapse Skiereiland doodgery in ʼn beweerde tref-en-trap-voorval.
[Foto’s] Vliegtuig vat vlam ná noodlanding by Lanseria
Drie mense is beseer en het brandwonde opgedoen toe ʼn ligte vliegtuig Dinsdagmiddag by die Lanseria Internasionale Lughawe naby Johannesburg ʼn noodlanding moes uitvoer en daarna aan die brand geslaan het.
Kleuter se moordenaars gevonnis
Die moordenaars van die tweejarige Caydene Ruiters is Dinsdag in die hooggeregshof in Port Elizabeth gevonnis.
Dogtertjie (2) verdrink in swembad
ʼn Tweejarige meisie het Dinsdag in ʼn swembad by ʼn huis verdrink.
Pikkewyn-diefstalsaak weer in hof
Die saak teen twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle Buddy, ʼn driejarige pikkewyn, uit die Bayworld-oseanarium in Port Elizabeth gesteel het, is Dinsdag in die plaaslike landdroshof voortgesit.
Meisie (14) verkrag wat ryloop
ʼn 14-jarige meisie wat van Bosbokrand na Graskop in Mpumalanga geryloop het, is verkrag.
[Foto’s] Ses op pad na ‘rooftog’ vasgetrek
Ses vermeende rowers is in hegtenis geneem toe polisiebeamptes in Limpopo hulle voorgelê het toe hulle glo op pad was om ʼn sakeonderneming in Tzaneen te beroof.
‘Krisis in wiskunde’, erken minister
Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, sê die regering besef daar is tans ʼn krisis met die aanleer en onderrig van wiskunde in die land.
‘VVV’ in Oos-Kaap gewaar
“Geen verdere berigte of waarnemings is intussen van die voorwerp ontvang nie en die voorval bly ʼn raaisel”
Vroue aangerand tydens NW-plaasaanval
“Die verdagtes het die vroue by die huis in gesleep, hulle aangerand en vasgebind.”
DBV slaan toe op ‘hondegeveg-sindikaat’
“Een van die honde is dood op die toneel gevind nadat hy erg verskeur is. ʼn Vlugtige ondersoek het later aangedui dat hy verdrink is.”