ʼn Man, wat glo deel van ʼn onwettige aborsie-sindikaat in Limpopo is, het Donderdag in die Polokwane-landdroshof verskyn.
AfriForum begin regsaksie teen Unisa oor afskaffing van Afrikaans
Die raadsvoorsitter en senior bestuur van Unisa word versoek om voor of op 6 Julie 2016 ʼn ondubbelsinnige onderneming aan die twee partye te gee dat die implementering van die nuwe taalbeleid voorlopig opgeskort word, hangende die finalisering van ʼn hersieningsaansoek om dit ter syde te stel.
ANC-lid geskors wat glo N2-aksie begin
Die ANC in die Wes-Kaap het ʼn lid geskors wat glo ʼn “sleutel aanhitser” was in die geweld wat Woensdagaand op die N2-snelweg naby Kaapstad Internasionale Lughawe uitgebreek het.
Ma en seun sterf in Durbanville-ongeluk
ʼn Ma en haar 17-jarige seun is Donderdagmiddag oorlede tydens ʼn trompop ongeluk met ʼn vragmotor in Durbanville in Kaapstad.
[Video] ANC woedend oor plakkaatskending
Die ANC braak gal oor die skending van sekere van sy verkiesingsplakkate in die Moederstad.
‘Regeringspogings teen rassisme is eendimensioneel’
AfriForum het Donderdag in ’n formele skrywe aan die departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling aangevoer die regering se voorgenome NAP-plan om rassisme te beveg, toon ernstige gebreke en sal nie tot ’n verbetering in rasseverhoudings lei nie.
SA laat Chinese vissersbote gaan ná boetes
Drie Chinese vissersbote waarvan die teenwoordigheid in Suid-Afrikaanse viswaters onder verdenking was, is vrygespreek op ʼn klag van stropery, maar is R2 miljoen beboet vir ander oortredings.
SAUK-skorsings: Regsaksie dreig oor dissiplinêre verhore
“Die verhore is toevallig geskeduleer vir dieselfde tyd as wat plakkaatoptogte voor die SAUK se kantore in Johannesburg en Kaapstad gaan plaasvind.”
Baba verdwyn ná ouma hom in veld los
Die Oos-Kaapse polisie het die publiek versoek om ʼn baba te help opspoor wat verdwyn het nadat sy ouma hom glo alleen in ʼn veld gelos het.
Drie staatsamptenare vas oor ‘bedrog met tolke’
Die Valke se teenkorrupsie-eenheid het Donderdagoggend twee staatsprokureurs en ʼn finansiële klerk, van die departement van justisie, in hegtenis geneem.
[Video] ‘Boewe’ sak toe op huis, laat spaander ná skote
ʼn Poging om by ʼn huis aan die KwaZulu-Natalse Suidkus in te breek is op kringtelevisiekameras vasgelê en wys hoe ses mans laat spaander as die huiseienaar vanuit die huis skote afvuur.
Nóg drie senior SAUK-joernaliste geskors
Die SAUK het nóg drie senior joernaliste geskors.
Twee kritiek na Centurion-kaping
Twee mans is Donderdagoggend kritiek beseer in ʼn kaping op die R55 in Sunderland, Centurion.
Bibberweer vir die Kaap dié naweek
Inwoners van Gauteng kan gerus ook die komberse nader trek die naweek, met ʼn kouefront wat die Wes-Kaap tref.
[Foto’s] Betogers maak amok in Kaapstad
Onluste het Woensdagaand in Kaapstad uitgebreek, waartydens betogers twee busse en ʼn vragmotor aan die brand gesteek en die N2-snelweg naby die lughawe versper het.
Man vas na hy glo dood fop
ʼn 31-jarige man, wie se familie onder die indruk was dat hy Desember in ʼn motorongeluk in die Vrystaat verkool het, het Woensdag in die Krugersdorp-landdroshof verskyn.
Skrywer Margaret Bakkes oorlede
Die geliefde skrywer, Margaret Bakkes, is Donderdag in die ouderdom van 84 oorlede.
Maimane kap ANC, SAUK
Mmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie, het Woensdag die ANC en die SAUK veroordeel tydens sy verkiesingsveldtog in Port Elizabeth in die Oos-Kaap.
Brand by gebou in Kaapstad
ʼn Besige straat in Kaapstad se middestad is Woensdagmiddag vir verkeer gesluit toe nooddienste ontbied is vir ʼn brand wat by die Pinnacle-gebou uitgebreek het.
Man verloor tweede vrou in aanval op dieselfde hoewe
Jurie Steenberg se tweede vrou is Woensdag op dieselfde kleinhoewe, noordoos van Pretoria, vermoor as sy eerste vrou, meer as ses jaar gelede.