Die N1-suid is weer oopgemaak nadat ʼn gedeelte van die dak van die Steers by die Total Panorama Petroport Vrydag ineengestort het.
Facebook-blad om Gordhan te ondersteun
ʼn Facebook-blad, Hands Off Pravin Gordhan, is opgerig ter ondersteuning van die minister van finansies, Pravin Gordhan.
Polisie verskerp Vuwani-ondersoek
Tien verdagtes sal Dinsdag in die hof verskyn in verband met openbare geweld in Vuwani, Limpopo.
Skooltoelatingsbeleid ʼn ‘slag vir Afrikaanse skole’
Die vakbond Solidariteit het Saterdag gesê die konstitusionele hof se uitspraak dat die finale besluit oor openbare skole se toelatingsbeleid by die staat berus, ʼn “slag vir vryheid van openbare skole” is en Afrikaans voor “een van sy grootste uitdagings nog” te staan bring.
Bestuurder vas wat glo oor kaping jok
ʼn Vragmotorbestuurder is in hegtenis geneem nadat hy beweer het hy is in Estcourt, KwaZulu-Natal, gekaap.
‘Om geboue af te brand is om die toekoms te verbrand,’ sê Zuma
President Jacob Zuma het Vrydag sy toespraak tydens die Universiteit van Fort Hare se eeufeesvieringe gebruik om diegene te veroordeel wat beweer hulle kan slegs deur geweld die regering se aandag trek.
Limpopo-reeksmoordenaar gevonnis
ʼn Voormalige student aan die Universiteit van Venda is Vrydag gevonnis op vyf aanklagte van moord en 4 aanklagte van verkragting.
[Video] Jan van Riebeeck het 2 000 jaar gelede in SA aangekom, meen ANC-LP
ʼn ANC-LP het in die parlement beweer Jan van Riebeeck het 2 000 jaar gelede in Suid-Afrika aangekom.
Vermiste mynwerker se liggaam na oppervlak gebring
Die liggaam van een van die twee mynwerkers van die Implats-myn in Rustenburg, Noordwes, wat ondergrond vasgekeer was, is Vrydag na die oppervlak gebring.
Bethlehem-karwag word vermis
Frederick “Koenie” Pelser (50) van Bethlehem in die Vrystaat word al vyf dae lank vermis.
Lesufi-uitspraak verbreking van 1994-skikking
Die geldigheid van die Gauteng-onderwysdepartement se omstrede toelatingsregulasies vir openbare skole, lyk op die oog af na die verbreking van die historiese 1994-skikking, meen die Solidariteit Beweging.
Kapenaars op hol oor ‘meteoriet’
Verskeie persone in Kaapstad het Vrydag op sosiale media aangedui dat hulle ʼn meteoriet deur die lug sien trek het.
Man glo met meer as R2 m.-kokaïen betrap by OR Tambo
ʼn Man van Sao Paulo is Donderdag by die OR Tambo Internasionale Lughawe glo met kokaïen betrap ter waarde van meer as R2 miljoen.
Grondwethof sê oor Gauteng se skooltoelatingsbeleid
Hierdie uitspraak is die uiteinde van ʼn regsgeding wat reeds in 2013 deur Fedsas begin is oor die geldigheid van die Gauteng-onderwysdepartement se omstrede toelatingsregulasies vir openbare skole.
Orkney-moord: Uitgebrande wrak gevind, man vas
ʼn 31-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die moord op Annatjie Kruger (89), ʼn jarelange inwoner van Orkney in Noordwes, wat vermoedelik op Moedersdag vermoor is.
Malema wen hofgeding na verwydering uit parlement
Die hoogste hof van appèl het Vrydag in die EFF-leier, Julius Malema, se guns beslis deur te bevind dat hy twee jaar gelede onregmatig uit die parlement verwyder is nadat hy gesê het die regering het die mynwerkers by Marikana “vermoor”.
Kerkstraat-bomaanval: ‘33 jaar later steeds net een kant’
Die burgerregte-organisasie, AfriForum, het vandag ʼn blitskonferensie in Kerkstraat (nou Stanza Bopape) aangebied ter nagedagtenis aan die slagoffers van die Kerkplein-bomaanval. Op 20 Mei 1983…
Vyf beseer toe Pta-eetplek se dak instort
Vyf mense is Vrydag beseer nadat ʼn gedeelte van die dak van ʼn eetplek by die Total Panorama Petroport op die N1-snelweg, noord van Pretoria, ineengestort het.
13 in hospitaal ná gaslekkasie by gebou
Altesaam 13 mense is in die Groote Schuur- en New Somerset-hospitale opgeneem vir behandeling nadat ʼn skadelike gas glo Vrydag by ʼn gebou in Seepunt in Kaapstad gelek het.
Durban-strande weer oop
Die vier Durbanse strande wat gesluit is nadat dit met mediese afval besoedel is, is heropen.