Reënweer het ʼn invloed op die wedstryd gehad en die Moskou-boorling kon eers die wenhou ná middernag slaan.
Son skyn op Carlos in Miami
“Ek voel tuis op hierdie baan. Dit is maklik om in Miami te speel; veral as die toeskouers vir soveel energie sorg.”
Horner sien nie Hamilton in Red Bull-toekoms
“Ek weet nie waar en hoe ons vir Lewis [Hamilton] sou inwerk nie, maar ek is seker dat Mercedes ook binnekort dinge sal regruk.”
Tsitsipas bult weer spiere
Stefanos Tsitsipas het vir die vierde keer op ʼn streep na die vierde ronde van die Miami-Ope deurgedring.
Nederlander te sterk vir Ruud
Botic van de Zandschulp het vir die eerste keer in sy loopbaan met ʼn topvyfspeler afgereken toe hy Casper Ruud in Miami geklop het.
MotoGP: Binder maak golwe ondanks pyn
Binder het Vrydag geval en ondanks erge pyn in sy skouer en nek, het hy Sondag min tekens daarvan getoon, of so het dit altans voorgekom.
Skink vir Beers ʼn glasie vonkelwyn
Suid-Afrika se Matthew Beers en sy Amerikaanse spanmaat – Christopher Blevins – is die algehele wenners van die Absa Cape Epic.
Pool weer vyf wedstrydpunte af
Hubert Hurkacz het die onlangse wedstryd van die jaar – wat oor drie stelle beslis is – gewen toe hy Australië se Thanasi Kokkinakis in Miami geklop het.
Wind en modder bemoeilik dinge in die Kaap
“Dít was seker my moeilikste dag op my fiets gewees. Ek het net probeer om die skof sonder enige stampe en stote te voltooi, maar ek het ʼn paar keer amper geval.”
Japannees klink Zverev se doppie
Taro Daniel sorg deesdae vir ʼn paar opskuddings. Hy het tydens die Indian Wells-toernooi ook met Matteo Berrettini afgereken.
SA vlag wapper by Epic
ʼn Suid-Afrikaanse span laat tans die bergfietsspeke in die vroueafdeling van die Absa Cape Epic sing.
Henk en Giniel laat wiel in Laeveld
Van Suid-Afrika se grootste motorsportsterre sal vanaf Vrydag in Malelane wees vir die eerste ronde van die nasionale veldtydrenkampioenskap.
Rafa is sy toptienplek kwyt
Die vorige keer dat Rafael Nadal nie onder die tien voorste tennisspelers ter wêreld getel het nie, was daar nog nie iets soos WhatsApp, Twitter of Instagram nie.
Beers en Blevins trap na skofsukses
Matthew Beers, ʼn 28-jarige Suid-Afrikaner, het saam met sy Amerikaanse spanmaat die tweede skof van die Absa Cape Epic gewen.
SA’ners skop stof op in Epic
Amy Wakefield en Candice Lill het die eerste skof van die Absa Cape Epic gewen.
Alcaraz weer wêreld se beste
Carlos Alcaraz het nie net Daniil Medvedev se opmars na nog ʼn titel gestuit nie, maar hy het terselfdertyd ook vir Novak Djokovic as die wêreld se voorste speler onttroon.
Sergio pronk in die kollig
Red Bull het eerste en tweede oor die wenstreep in Saoedi-Arabië gejaag, terwyl Fernando Alonso ook weer sy bestuurvernuf ten toon gestel het.
Beers en Blevins glimlag ná proloog
Die eerste skof van die Absa Cape Epic begin môre in Hermanus.
Grofgeskut pak mekaar in eindstryd
Carlos Alcaraz en Daniil Medvedev sal rakette in die eindstryd van die ATP 1 000-toernooi in Kalifornië kruis.
Indian Wells-eindstryd: Rybakina teen Sabalenka
Die Wimbledonse vroue-tenniskampioen Elena Rybakina van Kazakstan, het binne twee maande dit reggekry waarvan ander spelers droom.