Buiten die venues op tuisbodem, sal wedstryde ook in Zimbabwe en Namibië gespeel word.
Sterbelaaide kwarteindstryde wag in Monte Carlo
Van Stefanos Tsitsipas en Holger Rune tot Novak Djokovic en Jannik Sinner sal in vandag se kwarteindstryde afslaan.
Tatjana lyk slaggereed vir Spele
“Ek voel weer soos myself in die water,” het Tatjana Smith gesê nadat sy die 200 m-borsslagitem by die nasionale swemkampioenskap in ʼn blitsige tyd gewen het.
Sinner dis luukse spel in Monaco op
Die jong Italiaanse tennissensasie jag sy vierde titel van die jaar by die Monte Carlo-meesterstoernooi.
Coetzé is pure goud in swembad
“Dié oorwinning smaak soveel soeter met Chad (le Clos) en Guy (Brooks) wat ook op hul stukke was.”
Djokovic trap nie klei teen Rus
“Ek is baie tevrede,” het Novak Djokovic gesê nadat hy sy openingskragmeting van die Monte Carlo-meesterstoernooi in net meer as ʼn uur beklink het.
Sergio nog rustig oor F1-toekoms
“Ek verwag dat ek binne die volgende maand presies sal weet waar ek my in 2025 sal bevind.”
Novak nou oudste no. 1-speler nóg
Die rekord het sedert 2018 agter Roger Federer se naam gestaan, maar Novak Djokovic – wat volgende maand 37 kersies op sy verjaardagkoek doodblaas – swaai nou alleen die tennissepter.
Pers atletiekbaan vir Spele in Parys
Die baan, wat altesame 21 000 m² groot is, is dalk perskleurig, maar dit is ook “groener” as ooit tevore aangesien dit met baie natuurlike materiaal vervaardig word.
Max is steeds groot in Japan
Max Verstappen het as’t ware weer wet en orde op die renbaan herstel en hy het sonder veel moeite eerste oor die wenstreep gejaag.
Max gee pas aan in eerste oefensessie
Max Verstappen het goeie herinneringe aan Japan. Hy spog immers met twee agtereenvolgende oorwinnings op die Suzuka-renbaan.
Wink F1-terugkeer vir Vettel?
“Ja, ek praat met Toto (Wolff),” het Sebastian Vettel, die voormalige F1-kampioen, erken.
In Monte Carlo is Rafa baas
Daar hang deesdae gereeld ʼn groot vraagteken bo Rafael Nadal se deelname aan ʼn tennisskouspel. Maar sy naam staan op die Monte Carlo-meesterstoernooi se inskrywingslys; ʼn toernooi wat hy reeds 11 keer gewen het.
Ferrari se selfvertrouebeker is vanjaar voller
“Wanneer dinge vir ons reg uitwerk – en ek dink wel nie dit is iets wat elke week sal gebeur nie – kan ons Red Bull onder druk plaas. En wanneer hulle onder druk is, maak hulle foute op die renbaan.”
F1-eienaars maak beursie groot oop vir MotoGP
MotoGP het in ʼn verklaring bevestig dat Liberty Media ʼn aandeel van amper 90% in sy Dorna-eienaars bekom het.
Sinner weer aan trofeewenkant
Met sy Miami-opesukses het Jannik Sinner vir die derde keer in 2024 die toernooisilwerware omhoog gehou.
Uittrede wink, tog glimlag Danielle steeds
“Die energie van die toeskouers was bloot ongelooflik op die baan en dit het gevoel of ek voor duisende van my vriende speel. Ek sal vandag nooit vergeet nie,” het Danielle Collins gesê nadat sy die Miami-ope gewen het.
Novak onseker oor afrigterspad
“Sedert ʼn jong ouderdom was daar nog altyd afrigters in my hoek en ek probeer tans uitpluis wat vir my werk of nie.”
Grigor se droomlopie duur voort
“Ek het heeltyd in myself geglo en my beste gegee. Hierdie jongste vertonings is bloot die kersie op die koek,” het Grigor Dimitrov gesê nadat hy vir die eindstryd van die Miami-ope gekwalifiseer het.
Dis deesdae rof teen Dimitrov
Grigor Dimitrov het sy tweede wedstryd op ʼn streep teen Carlos Alcaraz gewen toe hy die Spaanse tenniskroonprins in die kwarteindstryd van die Miami-ope uitgeskakel het.