Soekresultate vir: Ace Magashule

Nuuskommentaar: Word SA ’n kommunistiese staat?

Iets belangrik wat pres. Jacob Zuma onlangs gesê het, het so byna-byna deur die krakies geval. Sy opmerking dat die ANC-alliansie vasberade is in sy strewe om ’n sosialistiese, kommunistiese staat te skep, is verswelg in die polemiek oor of daar nie dalk tog onmin tussen die alliansievennote is nie. Maar die opmerking oor ’n kommunistiese staat kan nie maar sommer aangeslaan en geïgnoreer word nie.

Nuuskommentaar: ‘Los (pres.) Steyn se standbeeld uit’ – Jansen

Prof. Jonathan Jansen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat, het pas voor die Nasionale Raad van Provinsies gevra dat die standbeeld van oudpres. MT Steyn uitgelos moet word. Hoewel so ’n standpunt verwelkom moet word, is reeds soveel polariserende kragte losgemaak dat versoening veel meer komplekse, holistiese prosesse benodig.

Nuuskommentaar: Bid ’n mens vir so ’n regering?

Die briewe van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke en die Tussenkerklike Raad aan die regering waarin die regering hard gelooi is oor morele verval binne die regering, is nie die einde van die pad nie. Dit bring elke Christen tot ’n punt van besinning oor hoe sy toekomstige verhouding met die regering gerig behoort te word. Is dit reg om erg op te sien om vir hierdie regering te bid?