Kon jy nie betyds jou boekrak aanvul voor die afsonderingstydperk nie? Geen probleem nie! NB Uitgewers staan gereed met ʼn hele rits e- en luisterboeke.
Alles vir die sleutelwoord "koronavirus"
Covid-19: Dít is wat Suid-Korea reg doen
Minder as drie maande nadat Covid-19 in dié land uitgebreek het, kon Suid-Korea daarin slaag om die aantal nuwe gevalle te laat afneem.
Nuuskommentaar: Wanneer kom nuussatheid oor Covid-19?
Indien nuus oor Covid-19 die perk van nuussatheid sou bereik, wanneer sal dit wees? En watter vorm sal dit aanneem?
Covid-19: SA skarrel vir mediese toerusting
Die regering het betyds ʼn stand van algehele afsondering ingestel, maar Suid-Afrika het nie genoeg voorraad opgebou of stelsels gereed gehad voor die aanvang van Covid-19 nie.
Covid-19: Loop lig vir fopnuus
Die verspreiding van fopnuus kan jou R5 000 uit die sak jaag en tot ses maande in die tronk kos. Hier’s hoe jy dit kan vermy.
Pak nou reg vir ’n goeie doel
Jy kan die inperkingstyd gebruik om hul kaste reg te pak en van alle ou klere en oortollige huis- en motorhuisware ontslae raak. Dié goed kan dan vir liefdadigheid geskenk word. Hierdeur kan jy in ’n moeilike tyd ’n goeie taak verrig waarby nie net jou huishouding sal baat nie, maar wat ook ’n verskil in ’n behoeftige mens se lewe kan maak.
Luister in 3 minute: Die ekonomiese uitval van Covid-19
In die jongste “3 Minute, 3 Sake” kyk Gerhard van Onselen, senior ontleder by Sakeliga, na die ekonomiese nagevolge wat die koronavirus (Covid-19) in Suid-Afrika kan veroorsaak.
Kos, hoop vir SA’ners in ‘haglike isolasiekamp’
“Hierdie mense is belastingbetalers en hulle verdien nie om so sleg behandel te word nie.”
Man vas oor vals nuus in Covid-19-video
ʼn 55-jarige man is in Parow in die Wes-Kaap in hegtenis geneem.
Korrektiewe beampte toets positief vir Covid-19
“Ons is verbind tot die welstand van oortreders en beamptes in die departement.”
‘Kommersiële boere moeg om weer oorgesien te word’
Dít volg nadat Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, aangekondig het dat haar departement hulp ten bedrae van R1,2 miljard sal bied tydens die tydperk van algehele afsondering weens die Covid-19-pandemie.
Covid-19-samevatting: Britse premier na waakeenheid geskuif
Die Britse eerste minister, Boris Johnson, is na die waakeenheid van ʼn Londense hospitaal geskuif nadat sy toestand Maandag verswak het.
Jongste Covid-19-statistiek bekend gemaak
Dr. Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Maandagaand die jongste statistiek van Covid-19-gevalle in Suid-Afrika bekend gemaak.
TB, MIV-toetsing goeie voorbereiding vir toetsing, sê kenners
Internasionale gesondheidsorgkenners is van mening Suid-Afrika het ʼn voordeel in die Covid-19-uitbreking ná jare se stryd teen MIV en tuberkulose: die kennis en infrastruktuur om massa-toetsing te doen.
Covid-19: NW-pasiënte nou onder sorg van departement
Alle bevestigde Covid-19-pasiënte en hul kontakte in Noordwes sal onder die sorg van die provinsiale departement van gesondheid geplaas word om die verspreiding van die virus te bekamp.
DA lê klagtes oor vals nuus in Covid-19-video
Die man voer in die videoboodskap aan dat Suid-Afrikaners besmet kan word met Covid-19 wanneer gesondheidsorgbeamptes toetse doen.
Covid-19: Só word kunstefeeste geraak
Feesorganiseerders is tans in ʼn stryd gewikkel om datums te skuif, alternatiewe reëlings te tref en te herbesin oor die aanbieding van inhoud.
Covid-19-samevatting: Tier toets positief
Die aantal daaglikse sterftes in Spanje en Italië neem eindelik af.
Só help 3D-drukkers Covid-19 beveg
Te danke aan 3D-drukker-tegnologie kan gesigskerms gedruk word om mense wie se werk deel vorm van noodsaaklike dienste by te staan in die geveg teen Covid-19.
Solidariteit ondersoek ‘slim manier’ van afsondering
Solidariteit nooi ook werknemers om met hul eie oplossings vorendag te kom om aan te hou werk tydens afsondering.