Die Homan-gesin het Dinsdag nóg goeie nuus gekry toe ʼn dokter aan die gesin gesê het dat hy nog nie die masjiene, wat hul 10-jarige seun aan die lewe hou, wil afskakel nie.
Alles vir die sleutelwoord "Mpumalanga"
Bussie-ongeluk: Ouers waak by seun se bed, wag op nuus
Marlene en Hercules Homan, die ouers van ʼn 10-jarige seun van Hendrina in Mpumalanga wat breindood verklaar is nadat ʼn minibus hom getref het, waak by hul seun se hospitaalbed.
Motor bars deur muur toe sy kosmaak
ʼn Vrou van Germiston in Gauteng het Sondag ʼn noue ontkoming gehad toe ʼn motor deur haar kombuismuur gebars het terwyl sy kos gemaak het.
Ermelo-fietsryer sterf
ʼn Fietsryer is Sondag buite Amsterdam in Ermelo, Mpumalanga dood nadat hy van sy fiets afgeval het.
Man sterf in Secunda-ongeluk
‘n Man is dood en drie mense is beseer nadat die motor waarin hulle gery het Vrydag in Secunda, Mpumalanga gerol het.
‘Plaasmoord naby Leandra al vir maande nie ondersoek’
Die burgerregte-organisasie AfriForum het ʼn klag by die polisie se provinsiale kommissaris in Mpumalanga teen die Leslie-polisiestasie naby Leandra ingedien, ná hulle glo steeds nie ʼn ondersoek rakende die grumoord op Tony Naudé (64), ’n plaasboer, van stapel gestuur het nie.
15 vas oor boendoehof
15 mense wat glo die reg in eie hande geneem het en ‘n boendoehof bedryf het, het in die Acornhoek-landdroshof naby Hoedspruit in Mpumalanga verskyn op aanklag van ontvoering en aanranding.
Hy moet self familielid se lyk uit hospitaal dra
‘n Man moes sy bejaarde familielid se lyk vier verdiepings teen trappe afdra in ‘n hospitaal in Mpumalanga aangesien die hysbak nie gewerk het nie, berig Beeld.
Ses ontsnap uit aanhouding
Die polisie in Mpumalanga het ‘n reuse soektog van stapel gestuur nadat ses mans uit polisie-aanhouding in Hazyview ontsnap het.
Video: Taxi’s ontwrig Nelspruit-verkeer; Innibos skop af
Verkeer in Nelspruit in Mpumalanga is Woensdagoggend vir ‘n tweede keer die week erg ontwrig weens taxibestuurders wat paaie in en om die dorp versper het.
Polisie op spoor van Middelburg-moordenaars
Die polisie is warm op die spoor van twee vermeende kapers wat Jose Antonio (Tony) da Silva, ʼn bekende sakeman van Middelburg in Mpumalanga, verlede week doodgeskiet en sy voertuig gesteel het.
Seun tronk toe oor hy nie boete kan betaal
‘n Tienerseun van Mpumalanga, wat ‘n medeleerling met ‘n mes gesteek het omdat hy glo sy jonger boetie geboelie het, gaan gevangenisstraf uitdien nadat hy nie ‘n boete kon betaal nie.
Vier vas wat glo skoolmeisies verkrag
Vier mans is oor die naweek in hegtenis geneem nadat hulle glo twee skoliere van Hoërskool Hilary in Pienaar, Mpumalanga, onlangs ná skool ontvoer en verkrag het.
Man kry boete oor seks met hoender
‘n Man van Mpumalanga is in die Louw’s Creek-landdroshof buite Barberton beboet nadat hy erken het dat hy met ‘n hoender seks gehad het.
Video: Spogplase verwaarloos, grond lê braak
Duisende hektaar grond wat in Mpumalanga ná grondeise deur die staat gekoop is, lê braak.
Drie dood, twee beseer na militêre vliegtuig val
Drie mense is dood en twee beseer nadat ‘n militêre vliegtuig naby Lydenburg in Mpumalanga neergestort het.
Gevaarlike seekoei in Baberton doodgeskiet
ʼn Seekoeibul is in Baberton naby Nelspruit, Mpumalanga van kant gemaak omdat hy glo ʼn gevaar vir die gemeenskap ingehou het.
Man en vrou dood in motor gevind
Die gemeenskap van Hartbeeskop naby die Oshoek-grenspos in Mpumalanga het ʼn gruvonds gemaak toe hulle gaan ondersoek instel het na ‘n verdagte motor wat in ‘n pad in die dorp gestaan het.
Twee in hof vir vlaag verkragtings op plase
Twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle vier vroue op plase in Mpumalanga verkrag en beroof het, sal na verwagting Dinsdag in die Nelspruit-streekshof verskyn.
Kondome op verkragtingstoneel gevind
Twee gebruikte kondome is op die toneel waar ‘n 18-jarige man glo ‘n 14-jarige meisie verkrag het gevind, het die Nelspruit-streekshof in Mpumalanga Vrydag gehoor.