Twee polisiebeamptes wat van uitbuiting, korrupsie en aanranding aangekla word, het Maandag in die gespesialiseerde kommersiële misdaadhof in Bellville verskyn.
Alles vir die sleutelwoord "polisie"
Ses vas oor Ixopo-plaasmoord
Ses persone is in hegtenis geneem in verband met die moord op Anton Phillip Verwey (67), ʼn boer van Ixopo in KwaZulu-Natal.
Noorweër met dwelms by lughawe betrap
ʼn 45-jarige man van Noorweë is by die OR Tambo-lughawe in hegtenis geneem nadat daar glo dwelms in sy besit gevind is.
15 vas vir Limpopo-betoging
Altesaam 15 mense is Saterdag in hegtenis geneem nadat ʼn skool en winkel afgebrand en vier polisievoertuie beskadig is tydens ʼn gewelddadige betoging in Vuwani, Limpopo.
Twee in hof oor Pta-polisieman se skietdood
Twee mans wat tereg staan weens die moord op konst. Max Lekalakala, het Vrydag in die hof verskyn. Lekalakala is vroeër die week tydens ʼn skietgeveg by die Diamond Hill-tolhek op die N4 tussen Pretoria en Bronkhorstspruit doodgeskiet.
Polisiebeamptes vas ná mislukte ‘trokkaping’
Twee polisiebeamptes is Woensdag in Johannesburg in hegtenis geneem nadat hulle na bewering betrokke was in ʼn mislukte poging om ʼn vragmotor vol televisiestelle te kaap.
3 verdagtes en polisieman sterf in Pta-skietgeveg
Drie verdagtes en ʼn polisiebeampte is Woensdag in die vroeë oggendure op die N4-snelweg, oos van Pretoria, in ʼn skietgeveg dood.
Meisies vir twee dae ‘herhaaldelik verkrag’
Twee Vrystaatse meisies is na bewering tydens ʼn saamrygeleentheid ontvoer en herhaaldelik deur twee verskillende groepe mans verkrag.
Regstellende aksie: Reuse-regsaksie teen polisie
Die vakbond Solidariteit het Dinsdag gesê hy gaan eersdaags met ʼn reuse-regsproses teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) begin.
Herder vind baba in veld
Die Kaapstadse polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om hulle te help om die ma van ʼn babaseuntjie op te spoor wat oor die naweek in ʼn veld gevind is.
[Foto’s] Man se liggaam in Durban-hawe gekry
Die liggaam van ʼn onbekende man is Sondag in die vlak water by die Durban-hawe gevind.
Man ná wilde jaagtog in Pta doodgeskiet
ʼn Man is Maandag ná ʼn wilde jaagtog deur Pretoria se strate doodgeskiet.
Dié polisiebeamptes maak ʼn verskil, sê gemeenskap
Hoewel dit na ʼn onmoontlike taak klink, is daar steeds polisiebeamptes wat elke dag ʼn verskil probeer maak. Dis juis daarom dat Solidariteit ʼn veldtog geloods het om polisiebeamptes te vereer wat nog werklik ʼn verskil maak.
Perlemoen: Verdagtes lei polisie na tweede vonds
Vyf mense sal na verwagting Dinsdag in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn nadat sowat 620 kg perlemoen in hul besit gevind is.
Nóg ʼn ontbinde liggaam naby plaas gevind
Skaars vyf dae nadat ʼn hond wat aan ʼn menslike liggaamsdeel gekou het die Oos-Kaapse polisie na ʼn gru-toneel gelei het, is nóg ʼn ontbinde liggaam in die omgewing gevind.
Hond se peuselhappie lei tot gru-vonds naby plaas
ʼn Hond wat aan ʼn menslike liggaamsdeel gekou het, het die Oos-Kaapse polisie Maandag na ʼn gru-vonds gelei.
Boeties sterf in warm kar
Twee boeties is Sondag in die Vrystaat dood nadat hulle saam met twee maatjies in ʼn stilstaande motor gespeel het.
Drie vas ná roof voor kringtelevisiekameras
Drie verdagtes is in Johannesburg in hegtenis geneem nadat hulle Sondagoggend glo ʼn man voor kringtelevisiekameras in die middestad beroof het.
‘Kapers’ vinnig in Durban aangekeer
Twee mans is Saterdag spoedig in Sydenham in Durban in hegtenis geneem kort nadat hulle glo ʼn motor gekaap het.
Drie Lesotho-tieners vas vir dwelmhandel
Drie tieners van Lesotho is Vrydag in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem op aanklag van dwelmhandel nadat 125 kg dagga in hul besit gevind is.