Pogings om vrede tussen Rusland en Oekraïne te bewerkstellig duur voort, terwyl duisende mense nog in verwoeste Oekraïense stede vasgekeer is.
Alles vir die sleutelwoord "Rusland-Oekraïne-konflik"
Rusland sal weermagaktiwiteit rondom Kiëf ‘drasties afskaal’
Russiese president Wladimir Poetin sal na verwagting ook binnekort met Oekraïense president Wolodomir Zelenski vergader.
Oekraïne oorweeg neutraliteit ‘noukeurig’
Daar is nou bewerings dat Rusland gaan probeer om Oekraïne in ʼn weergawe van Noord- en Suid-Korea te verdeel.
Biden: ‘Slagter Poetin kan nie aan bewind bly’
’n Brandstofdepot in Lwif is intussen aangeval. Dié Oekraïense stad het tot dusver aanvalle vrygespring.
‘Nie in ons naam’ – SA’ners kap Russiese aggressie
Al hoe meer organisasies en gewone Suid-Afrikaners maak hul stem dik oor die Russiese inval van Oekraïne, ten spyte van die regering se amptelike standpunt oor die konflik.
Internasionale oorsig: Westerse solidariteit, maar geen oplossing vir oorlog
Daar is steeds geen duidelike plan oor hoe om ʼn einde aan die vernietigende oorlog te maak en uiteindelik die Weste se verhouding met Rusland te herdefinieer nie.
300 dalk dood in aanval op Marioepol-teater
Rusland sê sowat 1 300 van sy soldate het tot dusver in Oekraïne gesneuwel.
SA’ners wil Oekraïne help
Talle Suid-Afrikaners en plaaslike organisasies het reeds ingespring om die lot van Oekraïners te help verbeter, sê dié land se ambassadeur.
Russe gebruik glo fosforbomme teen burgerlikes
Die Oekraïense president sê daar is ’n “werklike” bedreiging dat Rusland chemiese wapens sal gebruik.
Motorreus staak bedrywighede in Moskou
Dít volg na Dmytro Kuleba, Oekraïne se minister van buitelandse sake, Woensdag vir ’n wêreldwye boikot van Renault gevra het.
Kyk: ‘Frozen’-dogtertjie sing Oekraïense volkslied in Pole
Amelia Anisovych het miljoene harte geroer toe sy onlangs die Disney-lied “Let it go” in ʼn bomskuiling in Kiëf gesing het.
Dis Poetin teen die globaliste; of is dit?
Vir die een hoek se ondersteuners is die Russiese president, Wladimir Poetin, die katalisator van alles wat verkeerd gaan. In die ander hoek glo die ondersteuners dat hul man (Poetin) die eintlike antiheld is.
Byna 100 000 in beleërde Marioepol vasgekeer
Dié suidelike hawestad word nou as ’n “vriesende hellandskap besaai met dooie liggame en vernietigde geboue” beskryf.
Oekraïense dorpe het net vir drie dae kos
Volgens die VN het byna 3,6 miljoen vlugtelinge sedert die Russiese inval in Oekraïne die land reeds verlaat.
Rit na Lviv in Oekraïne
Net met die oggendskemer kom ons Oekraïne binne. Dit lyk vreemd om in ʼn land te wees wat in ʼn staat van oorlog is – dit nogal in Europa in 2022.
Zelenski vra opnuut vir gesprek met Poetin
Selfs die status van die Russies-besette Krimskiereiland en die Russies-gesteunde state in Donbas is nou ter sprake.
Biden sê Poetin oorweeg gebruik van chemiese wapens
Amerika se president Joe Biden het Maandag gesê dit is “duidelik” dat Rusland die gebruik van chemiese en biologiese wapens in Oekraïne oorweeg en het gewaarsku teen ’n “ernstige” Westerse reaksie indien dit oorweeg sou word.
Lekkasie by chemiese aanleg in Oekraïne
Lees die jongste verwikkelinge in die konflik tussen Rusland en Oekraïne.
Internasionale oorsig: Oorlog gaan globale ekonomie nog ernstig raak
Die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) het die afgelope week gewaarsku dat die oorlog in Oekraïne, gepaardgaande met streng Westerse sanksies teen Rusland, ʼn groot terugslag vir die globale ekonomie oor die volgende maande gaan inhou.
Voedselsekerheid in SA te midde van konflik
“Daar is nie enige rede tot kommer dat die land tekorte sal beleef nie.”