Die regering het ʼn R3,8 miljard-fonds binne die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS) geskep om studente te ondersteun wat in die sogenaamde “vermiste middel” vasgekeer is.
Alles vir die sleutelwoord "In die nuus"
Fase 3-beurtkrag duur voort tot Donderdag
Fase 3-beurtkrag sal nou tot Donderdag, 18 Januarie 2024 om 05:00 voortduur.
Namibië veroordeel Duitsland se Gaza-reaksie
Die Namibiese president beskuldig Duitsland daarvan dat hy “die sterftes van meer as 23 000 Palestyne in Gaza ignoreer” en dat hy voor die Internasionale Geregshof “die volksmoord en gewelddadige optrede van die Israelse regering verdedig”.
Onafhanklike ondersoek van Sassa-begunstigdes geëis
Pres. Cyril Ramaphosa word versoek om ʼn onafhanklike oudit van die databasis van Sassa-begunstigdes te doen.
Nuwe Tshwane-polisiehoof se besem vee skoon
“Ek glo die Here het hierdie werk oor my pad gebring en ek is hier omdat Hy so gewil het,” sê Yolande Faro, nuwe hoof van die Tshwane-metropolisie (TMPD).
Soldate ‘nie toegerus, ondeurdag’ na DRK gestuur
“Indien ʼn mag van duisende troepe van die Verenigde Nasies nie die saak kon besleg nie, hoe gaan ʼn mag met soldate uit arm Suider-Afrikaanse lande dit doen? Ek dink dit is ʼn geweldige fout.”
‘Game of Thrones’-akteur weer in SA reeks te sien
Die Skotse akteur, Iain Glen, gesels met Maroela Media oor sy ervaring in Suid-Afrika.
ANC het sy oog op die verkiesing, sê Ramaphosa
“Die plan is om ʼn beslissende ANC-oorwinning te verseker. Ons werk vir ʼn duidelike oorwinning.”
Geen fase 4-beurtkrag Saterdag nie
Die kragvoorsiener het vroeër aangedui dat fase 4-beurtkrag vanaf Saterdagmiddag om 16:00 tot Sondagoggend om 05:00 sou geld.
Verdere deurbraak ná moord op ma, seun van Alberton
Die polisie het ‘n verdere deurbraak gemaak in die ondersoek na die moord op Nadine Terblanche en haar negejarige seuntjie.
‘o.19-krieketkaptein se menseregte is oortree’
“Die optrede teen Teeger, wat Joods is, bloot gebaseer op sy geloofsidentiteit en persoonlike oortuigings, is uiters kommerwekkend en stel ʼn gevaarlike presedent vir sport in die land.”
VN-hoof waarsku teen eskalering ná aanvalle op Houthi’s
“Die sekretaris-generaal het ook ʼn beroep op alle betrokke partye gedoen om nie die situasie te vererger nie, in die belang van vrede en stabiliteit in die Rooisee en die groter streek.”
Prys van skoolklere gee ouers steeds grys hare
Die mededingingskommissie het gedurende die 2023-skooltermyn bykans 200 klagtes van ouers ontvang wat hoofsaaklik met buitensporig hoë pryse vir skooluniforms verband hou.
Fase 3, 4-beurtkrag oor die naweek ingestel
Fase 3-beurtkrag sal Vrydagmiddag om 16:00 ingestel word waarna fase 3 en 4-beurtkrag oor die naweek toegepas sal word.
‘Ons hélp’, sê Israel
Israel sê Suid-Afrika het in sy argumente versuim om te noem dat Israel alles moontlik doen om humanitêre hulp te verskaf en dat daar tans meer vragmotors met hulp as voor die oorlog na Gaza reis.
Israel: Oorlog is teen Hamas, nié Palestyne
Israel kry vandag (Vrydag) die geleentheid om sy saak te stel in die Geregshof waar Suid-Afrika hom daarvan beskuldig dat hy die VN-volksmoordkonvensie oortree.
o.19-krieketkaptein vervang oor ‘veiligheidskommer’
Krieket Suid-Afrika sê hy het inligting ontvang dat betogings wat verband hou met die oorlog tussen Hamas en Israel in Gaza by venues in Suid-Afrika vir die kriekettoernooi verwag kan word.
SA’ners kan nou 108 lande visumvry besoek
Peperduur visums hoef nie Suid-Afrikaners af te skrik om die wêreld vol te reis nie, veral nie as burgers dié lande sonder visums kan besoek nie.
Nuwe ‘struggle’ vir ANC voor verkiesing
Platsak en onder skoot oor korrupsie, ʼn sukkelende ekonomie, die kragkrisis en misdaadvlakke wat hardnekkig hoog bly, maar nietemin wys meningspeilings dat die ANC na alle verwagting vanjaar steeds by die stembus gaan koning kraai.
SA saak teen Israel ‘vertoning van skynheiligheid’
“Nee, Suid-Afrika, dit is nie ons wat gekom het om volksmoord te pleeg nie, dit is Hamas,” het Benjamin Netanyahu, premier van Israel, gesê. “Ons sal voortgaan met ons verdedigingsoorlog.”