Die liggaam van ʼn 33-jarige Vrystaatse vrou is Donderdag in die vroeë oggendure met kopwonde in haar erf aangetref.
Alles vir die sleutelwoord "Vrystaat"
Kroonstad-vrou dood aangetref in ouerhuis
“Elke dag is ek net dankbaar dit is nie die dag wat ek die nuus moet hoor nie,” het Zanelle oor haar sussie se afsterwe gesê.
Vrystaat-pa agter tralies ná kinders geslaan, verkrag is
ʼn 46-jarige man van die Vrystaat is in hegtenis geneem nadat hy skuld bekend het op aanklag dat hy sy twee kinders herhaaldelik verkrag en aangerand het.
N3 weer oop ná ongeluk waarin drie sterf
Die N3-snelweg, buite Harrismith in die Vrystaat, is omstreeks 13:40 weer vir verkeer oopgestel, nadat ʼn ongeluk vyf ure tevore die lewens van drie mense, waaronder twee kinders, geëis het.
[Foto’s] N3 gesluit ná noodlottige botsing
Te midde van swaar vakansieverkeer op die land se paaie is ʼn gedeelte van die N3-snelweg Vrydagoggend vir verkeer gesluit ná ʼn noodlottige botsing buite Harrismith in die Vrystaat.
Trompopbotsing in Vrystaat eis lewe van 3
Drie mense is dood en 21 beseer toe twee minibustaxi’s Donderdag reg van voor in die Vrystaat gebots het.
Moordbeskuldigde boer hoor oor borgtog
Josef van Eeden is aanvanklik in hegtenis geneem nadat hy na bewering ʼn man wat hy van veediefstal verdink het, doodgeskiet het. Hy is in Oktober weer in hegtenis geneem omdat hy na bewering ʼn 60-jarige man met opset op ʼn plaas naby Bethlehem raakgery het.
Nege Vrystaatse munisipaliteite se krag gesny
Eskom het Donderdag inwoners van nege Vrystaatse munisipaliteite ingelig dat hul krag van 5 Januarie af twee keer per dag weens wanbetaling onderbreek gaan word.
Man, baba sterf in ongeluk waar trok glo wegjaag
ʼn Man en ʼn twee maande oue baba is Woensdagaand dood in ʼn ongeluk op die N3-Noord naby Harrismith in die Vrystaat.
Drie vas na sterfte by inisiasieskool
“Hy is glo op 7 Desember met ʼn stok aangerand en agter ʼn perd gesleep. Een van die onderwysers het glo op die perd gery.”
[Foto’s] Boere ‘moedeloos, trane lê vlak’ oor droogte
Volgens Brink het hulle reeds agt koeie, agt swartwildebeeskalfies en 34 blesboklammers weens die droogte verloor.
Pa van beseerde skaakspeler oorlede
Eduan Naudé, pleegpa van die junior skaakspeler Michael Sweetbert (11), is Maandagaand oorlede.
Soveel motoriste al in Desember vas
Die Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC) het bekend gemaak hoeveel motoriste tydens die eerste 16 dae van Desember op die land se paaie in hegtenis geneem is.
Brink-gesin se ongeluk: ‘Hul geloof gee hul krag’
“Sy vrou is nog in ʼn ernstige toestand en hy moet die verlies van sy twee kinders hanteer.”
Jong skaakspeler ernstig beseer in motorongeluk
Een van Suid-Afrika se belowendste junior skaakspelers, Michael Sweetbert (11), en sy pleegpa het albei ernstige beserings in ʼn motorongeluk naby Parys in die Vrystaat opgedoen.
Danie Brink bedank publiek vir meelewing na tragiese ongeluk
Die gebeure van die afgelope paar dae is ʼn werklikheid waarmee ons as ʼn gesin en familie nog lank gaan spook.
Brink-gesin se ongeluk: Vrou steeds kritiek
Dr. Danie Brink, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, se vrou, Lise, is steeds in ʼn kritieke toestand in die hospitaal, nadat die gesin Vrydagoggend in ʼn tragiese motorongeluk was.
Vrystaat-botsing: Dodetal styg
Die dodetal het skerp gestyg ná Vrydagoggend se gru-botsing tussen Zastron en Sterkspruit in die Vrystaat.
Helpende Hand-hoof in tragiese ongeluk
Dr. Danie Brink, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, en sy gesin was Vrydagoggend in ’n ernstige motorongeluk betrokke.
Nege sterf in gru-botsing
Nege mense, onder wie kinders, is Vrydagoggend in ʼn botsing in die Vrystaat dood.