Die man van Kroonstad, wat deur die polisie gesoek is nadat die liggaam van sy lewensmaat in ʼn vlak graf in die tuin van die paar se huis gevind is, het ʼn bekentenis aan die polisie gedoen.
Alles vir die sleutelwoord "Vrystaat"
[Foto’s] Inwoners gons oor ‘tornado’ in Viljoenskroon
“ʼn Reuse voëlhok, van 10m x 4m, is soos ʼn stukkie papier in die lug rondgewaai, reuse ou bome is uit die grond geruk en die roldeur van my motorhuis is reg uit die muur geruk. Dit was vreesaanjaend.”
Gesin boos oor behandeling van gestremde
Frans het ʼn spraakgebrek weens sy gestremdheid en dit is moeilik om te hoor wat hy sê. “In die gesprek kan jy hoor hoe die konsultant vir Frans lag en in ʼn stadium roep hy sommer van sy kollegas om ook te kom luister.”
Niggies verdrink in vloedwater, seun in rivier
Drie kinders se liggame is Woensdag in twee afsonderlike voorvalle, onderskeidelik in die Vrystaat en die Oos-Kaap, gevind nadat hulle verdrink het.
Vrou se lyk gevind: Man steeds soek
Volgens die polisie is die ontdekking van die vrou se liggaam deur verskeie vreemde gebeure voorafgegaan.
Twee sterf in liefdesdriehoek
ʼn Man (42) is die naweek in Kroonstad in die Vrystaat in hegtenis geneem in verband met die moord op sy vrou en haar vermeende minnaar.
Motorfietsryer sterf in botsing
ʼn Man in sy 40’s is dood nadat sy motorfiets met ʼn bakkie gebots het, op die R711 tussen Clarens en Fouriesburg in die Vrystaat.
Pedofiel-pa gevonnis: ‘Hy kry wat hy verdien’
Die pa van een van die slagoffers van die berugte Sasolburg-pedofiel het Donderdag gesê die gesin is dankbaar dat ʼn lang en moeilike pad vandag tot ʼn einde gekom het, nadat die man in die hooggeregshof in Bloemfontein gevonnis is.
Seun oor geld met sambok doodgeslaan
ʼn Tienerseun se liggaam is Woensdag vasgebind aan ʼn wasgoedlyn aangetref nadat hy glo met ʼn sambok aangerand is.
Vliegongeluk: Hy het sy droom uitgeleef
“My hart is gebreek. Jy het nog laas week vir my gesê hoe gelukkig jy is.”
Werker sterf toe sloot inval
ʼn Munisipale werker is Maandagoggend in Welkom in die Vrystaat dood nadat ʼn gedeelte van ʼn sloot bo-op hom ineengestort het.
Drie dood in trompop botsing
Drie mense is dood en drie beseer in ʼn trompop botsing op die N8 buite Bloemfontein in die Vrystaat.
Vrou beseer tydens plaasaanval in Ladybrand
Hazel Meier (65) ontvang behandeling in die hospitaal nadat sy gesigbeserings opgedoen het tydens ʼn plaasaanval in Ladybrand in die Vrystaat.
Man met 570 kg dagga aangekeer
Die polisie in die Vrystaat het ʼn 39-jarige vragmotorbestuurder in hegtenis geneem toe meer as 570 kg dagga glo in sy besit gevind is.
Man dood oor groot nood
ʼn 25-jarige man het vandeesweek in die hof verskyn in verband met die moord op sy 48-jarige buurman wat glo voor sy ouerhuis geürineer het.
Nóg twee in Bloem vermoor, ses vasgetrek
Nóg twee mense is Maandag in Bloemfontein vermoor nadat drie mense die naweek in Bloemspruit vermoor is. Die polisie het ses verdagtes in hegtenis geneem.
Drie moorde op een dag in Bloem
Die liggame van drie mense is Saterdag in die vroeë oggendure in afsonderlike voorvalle in Bloemfontein gevind.
[Foto’s] Vrystaat verheug oor reën, maar…
Die hemel het sy sluise die afgelope twee dae oor die dorre Vrystaat oopgemaak en skouspelagtige tonele veroorsaak met hael wat in sommige gebiede geval het.
Beseerde Ox op die bank vir die eindstryd
Die Vrystaat Cheetahs se afrigter Franco Smith het net een verandering gemaak aan die beginspan wat die Goue Leeus verlede week verniel het vir die Curriebekereindstryd Saterdag teen die Blou Bulle in Bloemfontein.
Nege vas oor grondbesetting
Nege mense is Saterdag in hegtenis geneem nadat ʼn groep van sowat 2 500 mense in Zamdela, by Sasolburg in die Vrystaat, grond onwettig wou beset.