ʼn Vrou van Pretoria het vandeesweek ʼn trok met ongeveer 50 000L water na behoeftige boere in die Vrystaat gestuur. Raak só betrokke by droogtehulp!
Alles vir die sleutelwoord "water"
Hittegolf: Wees voorbereid
Met die hittegolf wat tans groot dele van die land in sy kake het, word mense aangeraai om nie vir lang tye buite te wees nie.
Goudstad wéér sonder water
ʼn Derde waterpyp wat binne twee weke in Johannesburg gebars het, het inwoners van talle noordelike voorstede Woensdag weer eens sonder water gelaat.
Talle Jhb-buurte sonder water
Verskeie buurte in Johannesburg sal Dinsdag sonder water moet klaarkom nadat die bars van ʼn groot waterpyp toevoer na talle dele in die stad afgesny het.
Volg dié wenke om gehidreer te bly in die somerhitte
Wanneer dit so warm is in die somer, is dit nie net belangrik om gesonde leefstylkeuses te maak nie, maar ook om daagliks gehidreer te bly. Lynette Erasmus, kliniese dieetkundige, het aan Maroela Media verduidelik hoe om gehidreer te bly.
Waterbeperkings vir Ekurhuleni
Die Ekurhuleni-metropolitaanse munisipaliteit in Gauteng het waterbeperkings ingestel met aansienlike boetes vir nie-nakoming.
Slide the city uitgestel
Slide the City, ʼn geleentheid waar mense ʼn 304 m-glybaan met ʼn 26 m lange swembad sou kon geniet, is uitgestel weens die waterkrisis wat Suid-Afrika tans beleef.
Gauteng maak gereed vir wateronderbrekings by skole
Die departement van onderwys in Gauteng stel gebeurlikheidsplanne in plek om die kwessie van wateronderbrekings in skole in dié provinsie aan te spreek.
’n Derde van wêreld se grondwaterkomme is onder druk
Verskeie van die wêreld se grootste natuurlike ondergrondse waterreservoirs word vinniger uitgeput as wat dit aangevul word, blyk uit navorsing van die Universiteit van Kalifornië se Irivine-tak.
Dringende hofaansoek oor Blyvooruitzicht se water
Die burgerregte-organisasie AfriForum gaan Dinsdag voort met ’n dringende aansoek in die Pretoriase hooggeregshof om die Merafong-munisipaliteit te dwing om die watertoevoer aan die Blyvooruitzicht-gemeenskap te verskaf.
Mpuma-inwoners lank sonder water
Inwoners van Kriel in Mpumalanga gaan van Maandag tot 9 Maart sonder water moet klaarkom weens ʼn treinspoor wat vir die Majuba-kragstasie aangelê word.
AfriForum soek CV’s van gekwalifiseerde wateringenieurs en -kundiges
Altesaam 20 aansoeke is binne 24 uur ontvang nadat AfriForum ’n beroep gedoen het op gekwalifiseerde wateringenieurs en -kundiges om hulle CV’s aan die burgerregte-organisasie te stuur.
Hierdie JHB-voorstede en hospitale die naweek sonder water
Johannesburg Water, die stad se water- en sanitasiediensverskaffer het bevestig dat inwoners van talle woonbuurte 25 uur lank sonder water gaan wees.
Wateronderbrekings vir KZN voorspel
Die eThekwini-munisipaliteit in KwaZulu-Natal het gewaarsku dat sy inwoners binnekort wateronderbrekings kan verwag.
Kragonderbrekings lei tot watertekort
Die Polokwane-munisipaliteit in Limpopo versoek inwoners om water spaarsamig te gebruik, aangesien Eskom se kragonderbrekings tot watertekorte in sommige gebiede gelei het.
Gauteng-waterkrisis: Agt ‘koperdiewe’ aangekeer
Agt persone, insluitend vier City Power-werknemers, is in verband met koperkabeldiefstal in hegtenis geneem wat daartoe gelei het dat Gautengers in September ʼn groot waterkrisis beleef het.
Video: Belastingbetaler moet opdok vir suiwer water
Die belastingbetaler gaan oor die volgende drie jaar sowat tien miljard rand moet opdok om die uitsypeling van suur mynwater in Gauteng te keer.
Centurion-buurte sukkel al ʼn week lank met water
Inwoners van verskeie voorstede in Centurion moet al ʼn week lank oor die weg kom met min of geen watertoevoer na hul huise nie.
Vyf vas oor gesteelde kabels
Die polisie kon nie Saterdag berigte bevestig dat vyf vermeende koperdiewe wat in hegtenis geneem is, glo verantwoordelik was vir die afgelope waterkrisis in Gauteng nie.
Gauteng-waterkrisis grootliks opgelos
Inwoners van Gauteng wat nog steeds nie water het nie, is Dinsdag versoek om met Rand Water in verbinding te tree.