Die Suid-Afrikaanse vereniging vir eiendomseienaars (Sapoa) sal later vandeesweek die koste van die skade in Gauteng bereken, terwyl Sasria die volle omvang daarvan sal bepaal.
Alles vir die sleutelwoord "Zuma-onluste"
‘Ons moet herstel, herbou ná onluste’ – Ramaphosa
Ramaphosa het Dinsdag vier stappe bespreek waaroor die regering en sakeondernemings ooreengekom het met betrekking tot die herbou en herstel van die skade wat onluste verlede week in KwaZulu-Natal en Gauteng veroorsaak het.
Onluste: Shoprite skenk R1 miljoen aan gemeenskappe
Klante kan by betaalpunte by Shoprite, Checkers en Usave-winkels landwyd geld in hierdie fonds inbetaal.
Eis só by polisie vir onlusteskade
Die DA sê eienaars van sakepersele wat geplunder is, kan skadevergoeding by die polisie eis indien hulle nie by hul eie versekeraars regkom nie.
Onluste: KZN-plase besteel, gebrand
In sommige gevalle is gesteelde goedere in suikerrietplantasies weggesteek voordat die plantasies aan die brand gesteek is.
Amper 100 skole in KZN geplunder
“Die plundering het ’n groot invloed op die provinsie se gereedheid om leerders volgende week by skole te ontvang.”
Oproer: Ses ‘sleutel-inhegtenisnemings’ reeds gedoen
Intussen is nog drie sterftes weens verlede week se opstand bevestig.
Cele tevrede met sentrumveiligheid ná strooptogte in KZN
In hierdie stadium is die sentrums net oop vir noodsaaklike inkopies.
Groot probleme vir werkers as Toyota uit KZN onttrek
Die tydelike sluiting van Toyota se vervaardigingsaanleg in die suide van Durban weens onrus in KwaZulu-Natal kan moontlik verdere verwoestende gevolge vir werkers inhou.
Noodvoorrade deur lugbrug na KZN vervoer
Afriforum, Solidariteit Helpende Hand en ʼn aantal ander organisasies, het die afgelope week sowat 800 kg se noodvoorraad deur middel van ʼn lugbrug van Gauteng na KwaZulu-Natal vervoer.
Plunderaars gevra om buit terug te besorg
Minstens 3 407 plunderaars is reeds in verband met die afgelope week se plundertogte in hegtenis geneem.
Duisende visse vrek aan Noordkus ná chemiese storting
Die visvrektes volg op ʼn giftige chemiese storting in die Umhlanga-riviermond nadat ʼn chemikaliepakhuis tydens die afgelope week se oproer afgebrand is.
Byna 100 trokke per uur op N3 deur Heidelberg
Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het intussen gesê die Durbanse hawe is operasioneel en kan in- en uitvoere verwerk.
Ramaphosa help skoonmaak in Soweto
Ramaphosa het Sondag gesê Suid-Afrikaners het gewys dat goed bo kwaad kan seëvier en dat hierdie ʼn land van “liefde en ruimhartigheid” is. Hy het ook diegene bedank wat tydens die oproer op hul poste gebly het.
Liggaam gevind ná plunderaars op waghuis toeslaan
Berigte van die toneel dui daarop dat ʼn vragmotor tydens die onlangse plundering in die waghuis vasgejaag en die struktuur ineengestort het.
Groter polisiemag vir geweldgeteisterde Phoenix ná talle moorde
Die minister het ook beloof dat die polisie en private veiligheidsmaatskappye se beweerde rol in die geweld ondersoek sal word.
Onlus: Skade van miljarde word ál meer
Kenners meen die werklike ekonomiese trefslag van die onluste op onder meer die vervoerbedryf en buitelande belegging kan weke later eers gesien word.
SA pluk ‘wrang vrugte’ van opstand wat lank reeds broei
Die ekonomiese sabotasie en roekelose verwoesting van eiendom en infrastruktuur kan nie as toevallig aanvaar word nie. Ons onthou dat die huidige situasie voorafgegaan is deur openlike dreigemente van burgeroorlog en onrus.
Onluste: ‘Neutraliseer’ duistere magte wat toutjies trek
ʼn Kenner het aan Maroela Media gesê dit is duidelik die betogings is fyn beplan deur iemand wat weet wat hy (of sy) doen.
Ramaphosa moet voor sy eie (kabinet-)deur vee
Die VF Plus sê intussen terwyl die president sê die regering weet wie agter die opstande skuil, is dié mense oënskynlik steeds nie aangekeer nie.