Met Bloemfontein wat ook nou na “die emmerstelsel” moet terugkeer weens die langdurige droogte en swak munisipale waterbeplanning, kom daar terselfdertyd groter druk uit regeringsgeledere dat die media “die goeie storie” moet vertel anders word hy nie as professioneel beskou nie.
Nuuskommentaar: Plaasaanvalle – moenie kans nou deur vingers laat glip
Hoewel die reaksie van rolspelers oor die verslag van die MRK oor veiligheid in landelike gebiede oor die algemeen verwelkom word, is daar tog voorbehoude. Maar die uiteindelike vraag bly: Hoe gaan die ANC-regering hierop reageer en veral, wat gaan geïmplementeer en onderhou word? Want soos sake nou staan kan dit tog nie aanhou nie.
Nuuskommentaar: Om die reëls te verbreek
Is dit goed om ’n reëlverbreker te wees of nie? Dit hang af van die konteks. Sonder reëlverbreking sou daar nie innovering en ekonomiese spronge gewees het nie, maar ’n anargistiese reëlverbreking lei tot chaos. En buitendien, wie is die grootste reëlverbrekers in Suid-Afrika – die regering of diegene wat hulle daarteen verset?
Nuuskommentaar: Aanslag op persvryheid duur voort
Daar is opnuut kommer oor die regering se ingesteldheid oor persvryheid, maar dit is nie die enigste probleme wat veral die gedrukte media bedreig nie.
Nuuskommentaar: ANC gebruik weer vuil rassetruuk
Die ANC het weke voor sy hoofraadsberaad besluit dat die oorsake vir die onaangenaamhede wat die ANC se bewind kenmerk deur wit mense uitgebuit word om te toon swart mense kan nie regeer nie. Maar is dit so eenvoudig?
Nuuskommentaar: Menseregtekommissie sien die lig oor plaasmoorde
Donderdag oorhandig die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ’n verslag aan die regering waarin die politici voor stok gekry word omdat hulle plaasmoorde nie genoegsaam veroordeel nie. Daar is egter min hoop dat die regering dié keer sal luister.
Nuuskommentaar: Afrikaanse Taaldag
Dit is vandag Afrikaanse Taaldag en sommer “koop ’n Afrikaanse boek-dag” ook. Maar presies hoe kompleks en politiek gelaai is die omgewing waarbinne Afrikaans moet voortbestaan?
Nuuskommentaar: Aarde vandag “opgebruik” vir die jaar
Van vandag af begin die aarde vanjaar reeds op die aardreserwes van toekomstige geslagte teer. Hierdie dag is elke jaar al vroeër, maar tog is daar by baie ’n apatie oor hoe die mensdom sy eie planeet verwoes.
Nuuskommentaar: Al wéér apartheid se skuld
Pres. Jacob Zuma het weer oorle apartheid geblameer vir die land se probleme, darem saam met Eskom, maar ons weet reeds dat Eskom se probleme, volgens Zuma, ook apartheid se skuld is.
Nuuskommentaar: Sport en rassekwotas al weer / nog steeds
Vyf swart Springbokke het glo by Cosatu in die Wes-Kaap gaan kla dat hulle nie speelkans kry nie, en so die kwessie van rassekwotas en regeringsinmenging in sport (al weer) op die nuusagenda geplaas.
Nuuskommentaar: Narrepresidente
Pres. Jacob Zuma word dikwels as nar in spotprente uitgebeeld – en hy maak daarna. Nou is een van die VSA se Republikeinse kandidate vir presidentskap, die bekende Donald Trump, besig om dieselfde reputasie te verwerf. Dit dui op fundamentele swakhede in die demokrasie, maar in die geval van Suid-Afrika hou die skade nou al te lank aan.
Nuuskommentaar: Waar staan vroue vandag in SA?
Gister, Sondag, is Vrouedag as deel van Vrouemaand in Suid-Afrika gevier. Die blote feit dat die datum uit pas is met die viering van Internasionale Vrouedag wat sedert 1911 op 8 Maart gevier word, dui daarop dat die Suid-Afrikaanse weergawe ’n eiesoortige historiese aanloop het.
Nuuskommentaar: Zuma se Lalaland – sien jou in die hof
Dit lyk of die ANC in die parlement nou oor verskeie sake wat met pres. Jacob Zuma verband hou, in die hof sal moet gaan pa staan. Peilings toon ook dat Zuma se gewildheid oor die algemeen daal. Hoe lank gaan die ANC bereid wees om vir verkiesingskade te tender ter wille van Zuma?
Nuuskommentaar: Regering wat deur ideologie bloed uit ’n klip wil tap
As ’n oorsig gedoen word oor Suid-Afrika se ekonomiese werklikheid, veral teen die agtergrond van reusewerksverliese, kan die indruk maklik gewek word dat die finale breekspul nou op hande is. Maar die ekonomie is nie so eenvoudig nie, en daar kan baie gedoen word as die ore na die regte stemme uitgeleen word.
Nuuskommentaar: Zuma in ’n staat van beskuldiging?
In dié stadium is dit ’n grootliks akademiese vraag of opposisiepartye se jongste pogings om ’n mosie van wantroue teen pres. Zuma te stel, of die president in ’n staat van beskuldiging te plaas, suksesvol kan wees.
Nuuskommentaar: ’n Leeu, vermoorde polisielede en plaasmoorde
Die lot van Cecil die leeu het pas op talle sosiale netwerke alle vorige rekords van deelname verpletter. Is daar nie iets skeefgetrek dat die hartseer lot van ’n leeu by mense swaarder weeg as die lot van slagoffers van plaasmoorde nie?
Nuuskommentaar: ’n Sin vir regverdigheid vir SA
Onregverdigheid het ’n enorme invloed, veral sielkundig, op die slagoffers. Die Bybel spreek hom daarteen uit, maar tog is dit in Suid-Afrika ook institusioneel vasgelê. Kan die land dit bekostig?
Nuuskommentaar: Afrikane se grootste uitdaging hulself
Wanneer dit by armoede en bevolkingsaanwas kom, staan Afrika soos ’n seer duim uit. Dit is pas weer in ’n nuwe verslag van die VN bevestig.
Nuuskommentaar: Werk saam om ons skip met rassistiese SEB te laat sink, of gaan onder
Verskerpte SEB en soortgelyke maatreëls stroop die land van middele om juis dit reg te kan ruk wat die kodes en maatreëls in die oog het, en tog lyk dit nie of die regering anders as enkeldimensioneel kan dink onderweg na ’n ekonomiese ashoop nie.
Nuuskommentaar: Clive Rice: Nou tyd om die leie skoon te vee
Bied Clive Rice se afsterwe nie nou die geleentheid om ook te kyk na die onregte wat teen spelers gepleeg is wat weens internasionale krieketisolasie nooit tot hul reg kon kom nie en spelers wat selfs vir Springbokspanne gekies is vir toere wat gekanselleer is en daarna in vergetelheid verval het nie? Op die oomblik word hierdie onregte baie eensydig toegepas, wat nie bevorderlik vir versoening is nie.