Komatipoort het een van die beste wedstryde tot dusver vanjaar in die Pumas se Burgemeestersliga (Gert Sibande) gewen toe hy Witrivier II Saterdag geklop het.
Alles vir die maand April 2016
Eerste Afrikaanse treffer ’n halfeeu oud (1974 tot 1984) – Deel 2
Op 22 April 1966 het die heel eerste Afrikaanse treffer tot Springbok Radio se Top 20 toegetree. Hier is die tweede deel van my oorsig oor die Afrikaanse liedjies wat op die Top 20 was; hierdie keer van 1974 tot 1984, toe die laaste een wat die trefferslys gehaal het, uitgesak het.
Twee weermaglede in see vermis
Die Suid-Afrikaanse weermag het Maandag bevestig dat twee soldate wat ʼn week gelede in die see aan die Oos-Kaapse kus vermis geraak het, nog nie opgespoor is nie.
Boswell-sirkusbase vandag weer in hof
Twee eienaars en ʼn werknemer van die bekende Brian Boswell-sirkus sal Dinsdag weer in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn op aanklagte van dieremishandeling.
‘Rowers’ minute ná rooftog vas
Die 52-jarige sakeman het Saterdag vroegoggend sy besigheid in Bethlehem oopgesluit omdat hy gereed wou maak vir die dag se kliënte. Sy goeie voorneme was egter van korte duur toe hy deur twee gewapende mans ingewag en oorval is.
Gedagte vir die dag: Deur donker dieptes
Die Here is my herder. Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig. (Psalm 23:1, 4)
GLRU-liga: 3 stryde ten bloede in Piratesliga
Drie stryde ten bloede toe het Saterdag se rugby in die Goue Leeus-rugbyunie (GLRU) se reeks om die Pirates-grootuitdaagbeker gekenmerk.
Sandveld: Bothaville wikkel om Tikwe te klop
Bothaville, verlede jaar se naaswenner van die Griffons se Sandveldliga, moes Donderdag wikkel om die Tikwe Tigers te klop.
Luiperdsliga: klub wen vir oorlede spanmaat
Lichtenburg het Saterdag gespeel ter ere van `n spanmaat wat gesterf het nadat hy sowat drie weke tevore in `n duikslag op die rugbyveld beseer is.
Elvis Blue en Van Coke maak skoonskip by Ghoemas
Die Ghoema-toekennings, wat die room van Suid-Afrikaanse musikante vereer, is Maandag tydens ʼn glansgeleentheid by die Johannesburg Teater gehou.
Sportverbod: ‘Ons het nog baie werk om te doen’ sê SARU
Die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (SARU) het Maandag gesê hy verstaan en ondersteun Fikile Mbalula, die minister van sport, se siening dat die kwessie van transformasie in sport dringend aandag moet geniet.
Binnelandse sake ontken bewerings oor Gupta-tender
Mkuseli Apleni, direkteur-generaal van binnelandse sake, het Maandag bewerings ontken dat ʼn kontrak, wat vier jaar gelede aan VFS Global toegestaan is om visum-ondersteuningsdienste te lewer, onregmatig was en dat die omstrede Gupta-familie glo uit die kontrak voordeel getrek het.
Twee dood, 7 beseer toe trok brand
Twee mense is dood en sewe beseer toe ʼn vragmotor Maandagmiddag op die N3, naby Pietermaritzburg, teen drie konstruksievoertuie gebots en aan die brand geslaan het.
Fetus in vullissak gevind
Vullisverwyderingswerkers het Maandagoggend op ʼn fetus in ʼn vullissak in Poortview, in die weste van Johannesburg, afgekom.
Twee leerders sterf toe vriend glo kar vat
Twee gr. 10-leerders van die Selborne College in Oos-Londen is Saterdag in die vroeë oggendure dood, nadat die motor waarin hulle was teen ʼn hoë spoed teen ʼn boom gebots het.
‘Sportverbod strydig met internasionale regulasies’
AfriForum het Maandag gesê die verbod wat deur Fikile Mbalula, Suid-Afrika se minister van sport, op SA Rugby, Krieket SA, Netbal SA en Atletiek SA geplaas is, is strydig met internasionale sportregulasies.
‘Geen pa moet dit aanskou nie’, sê pa na gesin gekaap is
Paramedici het Eugene Bright (43) die middag van 15 April gebel met die nuus dat sy gesin in ʼn ernstige botsing betrokke was. Nadat hy hulle in onderskeie hospitale in Johannesburg besoek het, het dit eers duidelik geword hulle is gekaap en hy moes “die legkaart aanmekaar begin sit”.
Gratis motordiens vir enkelma’s
“Ons het net gevoel ons kan elke week vir ʼn enkelouer ʼn gratis basiese motorversiening verskaf. Dit kos ons nie so baie nie en dit is juis daardie mense wat hulp nodig het – enkelma’s wat huur, skoolfonds en sulke goed moet betaal.”
Meer as 10 000 komberse vir 67 Blankets
Die 67 Blankets-veldtog het vanjaar wéér ʼn wêreldrekord gebreek toe ʼn oppervlakte van nagenoeg 17 181 m² met handgemaakte komberse gedek is.
[Foto’s] Flooze se Braambossie en sy nuwe kleinsus
Die aktrise en sangeres Sorina Erasmus, ook bekend as Die Flooze, het Maandag oulike foto’s van haar kinders op Facebook gedeel.