Die Gautengse regering sal alle kontrakte met Bosasa kanselleer en prokureurs is opdrag gegee om die kansellasie met onmiddellike effek in werking te laat tree, het premier David Makhura Sondag gesê.
Lees meerAlles vir Sondag 17 Maart 2019
Vliegongeluk: Leë kiste en sakkies grond vir families van slagoffers
Sakkies grond is aan familielede van die slagoffers oorhandig in plaas van die oorskot van hul geliefdes, omdat die identifikasieproses na verwagting lank sal duur.
IRR sê kiesers is ontevrede met ANC
Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rassebetrekkinge (IRR) het Sondag gesê kiesers het op ses kernkwessies hul ontevredenheid met die ANC uitgespreek.
Facebook verwyder miljoene video’s oor massaskietery
Facebook het binne die eerste 24 uur ná ʼn massaskietery by twee moskees in Christchurch, Nieu-Seeland, ongeveer 1,5 miljoen video’s van die voorval van dié sosialemediaplatform verwyder.
Kinderhuis-drama: Steeds geen spesifieke bewerings nie
Nog geen spesifieke bewerings is aan die KwaZulu-Natalse Christelike maatskaplike dienste (CSS) bekend gemaak ná kinders uit verskeie kinderhuise verwyder is nie.
Drie Prasa-hoofde op spesiale verlof geplaas
Drie uitvoerende hoofde van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) is op spesiale verlof geplaas en ʼn vierde hoof is geskors.
Gautengse wetgewer by MRK verkla
“Die VF Plus het al baie bewerings gehoor oor hoe lede van minderheidsgroepe se CV’s bloot weggegooi word sonder dat hulle eers in aanmerking vir ʼn pos geneem word. Indien ʼn mens weet wat werklik binne menslikehulpbronne-afdelings gebeur, sal jou hare waarskynlik regop staan.”
Bottas steek tong uit vir Hamilton
Valtteri Bottas gaan nie meer strooijonker vir Lewis Hamlton speel nie.
Stella-saak: ‘Toe hang ek haar op’
“Toe praat ons bietjie oor haar kêrel wat sy nou het. Toe vra ek stuur hy spesifieke foto’s vir haar, toe sê sy ja. Toe maak sy my seer van voor af. Toe hang ek haar op.”
Perdesiekte breek uit in Suid-Afrika
ʼn Uitbreking van die Afrika-perdesiekte (AHS) in Gauteng en Mpumalanga is amptelik in Februarie en Maart 2019 aangemeld by die departement van landbou, bosbou en visserye.
Geen water meer by dié Gautengse hospitaal
ʼn Hospitaal in Germiston moes pasiënte wegwys en operasies kanselleer weens ʼn gebrek aan water by die hospitaal.
VF Plus bepleit spesialiseenhede vir boere se veiligheid
Die VF Plus sal ook in ʼn amptelike versoek aan die LUR vir polisie eis dat sy departement dringend met gemeenskapspolisiëringsforums (GPF’s) vergader om oplossings vir aanvalle op plase te vind.
Afrikaans is Groot vlieg soos die kraai reguit na Mosselbaai
Dié Afrikaans is Groot Somerfees word in Desember op Mosselbaai aangebied en sal beslis die jaar op ’n hoogtepunt afsluit.
Solidariteit gaan hofstryd oor sportkwotas voortsit
Solidariteit het bevestig dat die hofstryd om die toepassing van sportkwotas aan te vat, voortgesit sal word.
Markram se Wêreldbeker-liggie bly skyn
Die Proteas wen die reeks ná spreiligte op Nuweland die gees gee
Britse toeris sterf tydens skubaduik in Valsbaai
ʼn Britse toeris is Saterdagoggend dood toe hy in Valsbaai naby Simonstad geskubaduik het.
Gedagte vir die dag: Ons het die Gees ontvang
Hiéraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons: Hy het ons sy Gees gegee. (1 Joh 4:13)