Mashinini is Vrydag skuldig bevind, al is die seuntjie se liggaam nooit gevind nie.
Lees meerAlles vir Vrydag 13 September 2019
Lugbesoedeling: Waar in SA kan jy sien wat jy inasem?
Die departement van omgewingsake het vanoggend in die parlement ʼn voorlegging gedoen oor die stand van lugbesoedeling in Suid-Afrika, en die drie gebiede met die vuilste lug in die land uitgewys.
Skoonmaak van Vaalrivier vorder stadig maar seker
Ter sprake is die herstel en instandhouding van 44 pompstasies en die drie groot rioolwerke by Leeuwkuil, Rietspruit en Sebokeng. Sisulu het reguit gesê die krisis het ontstaan omdat die Emfuleni-stadsraad sy plig versuim het om voorkomende instandhouding te doen.
Hoofregter: ‘Bring die bewyse van korrupsie’
“As geld of enige voordeel gegee is, sê vir ons hoeveel, wanneer en verskaf bewyse. En ter wille van die Suid-Afrikaanse publiek, wat ʼn korrupsievrye regbank verdien, wees dan voorbereid om te getuig in ʼn hof of voor ʼn kommissie. Ons is absoluut gekant teen korrupsie en staatskaping.”
Bob Hewitt dalk binnekort op parool
“Ons gaan die minister vra dat die besluit hersien word. Ek gaan voort op die grondslag, met die inligting wat aan my voorsien is, dat die paroolraad vergader het en Bob Hewitt op parool vrygelaat gaan word.”
Tronkstraf vir ouers wat baba erg aanrand
Die ondersoekbeampte, sers. Cindy de Jong, verbonde aan die Galeshewe-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings, het hulle aansoek om borgtog boonop suksesvol teengestaan.
Foto’s: Duisende ruk op vir #SandtonShutdown-betoging teen geweld
Geslagsgebaseerde geweld is ʼn Suid-Afrikaanse probleem en as ons dié pandemie in sy spore wil stuit, het ons die steun van al ons mense in alle sektore nodig.
ToekomsVenster: Die laaste en finale gesag
Is Hy die A tot Z van jou bestaan?
Vrou op plaas in Oos-Vrystaat aangeval, verkrag
In dié stadium lyk dit nie of enigiets uit haar huis gesteel is nie.
Robert Mugabe: Roudiens of feesvieringe?
In The Economist van 20 November 2017 is daar ʼn skrywe wat handel oor waarskynlik die grootste teenstrydigheid in Robert Mugabe se lewe: die impak van godsdiens in sy lewe.
5-jarige se fotosessie saam met groot-grootouers vermurwe harte
“Dit is ʼn viering vir my en vir hulle.”
Hoe nou verder met Boris en Brexit?
Johnson is wel nie iemand wat gaan lê nie en hy het moontlik iewers nog ’n troefkaart in die mou. Hy is ook bereid om ter wille van sy beginsels sy eie loopbaan op die spel te plaas.
Stook jy of blus jy?
En nou… nou lek die vlamme aan jou. Jy moet besluit: is jy geroep om vuur te slaan in hierdie land? Is jy geroep om op te staan en te veg? Is jy geroep om te sê genoeg is genoeg? Is jy geroep om die wêreld in te gaan en te vertel van wat gebeur sodat meer mense kan gaan help vuur blus?
Die jonges en rusteloses: Suid-Afrika se werkloosheidskrisis
Ons oordeel is dat die nuwe minimumloonbeleid, politieke boodskappe oor ordentlike werk en die vordering van tegnologiese innovering die indiensneming van jonger en minder ervare mense in ’n groter mate as ooit sal terughou. Die hele beleidsraamwerk is wansporig, wat groot “kreatiwiteit” van die president en sy raadgewers vereis om die krisis te hanteer.
Talle vrae ná bekende diereliefhebber se ‘selfdood’
“Sy het ʼn absolute gawe gehad om met mense en diere te werk,”
Foto’s: R300 miljoen-bouwerk aan nuwe Sol-Tech-kampus begin
Hy het die kampus beskryf as ʼn lewende monument van hoop. “Ons spit vandag hier in die toekoms in. Ons bou nie net vir ons geslag nie, maar ook vir die volgende geslag. Te midde van al die onsekerhede van vandag sal die kampus ʼn lewende monument van hoop wees.
Hoofregter pak Vrydag bewerings oor korrupsie in regbank
Regters op die lys sluit in Lettie Molopa-Sethosa en Sullett Potterill, wat albei onlangs vernietigende uitsprake teen adv. Busisiwe Mkhwebane, die Openbare Beskermer, gelewer het. Die Prokureursorde van Suid-Afrika het vroeër vandeesweek die bewerings beskryf as “onnodig en van enige waarheid ontbloot”.
Warmer Macan en nuwe Cayenne-bakstyl nou beskikbaar
Porsche het nou hul aanbieding in die nuwe koepee-sportnutsvoertuigsegment versterk met die bekendstelling van die nuwe Cayenne S Coupé.
Die wêreld in foto’s – 13 September 2019
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Boek: Suidooster Kombuis
Ruik jy dit ook? Die geure uit die Ruiterboschkombuise wat saam met die suidoos dwarsdeur jou TV-skerm tot in die hart van jou huis waai?