ʼn Hele paar Suid-Afrikaners het besluit die 21 dae van afsondering is beslis nie ʼn rede om die heeldag in ʼn sweetpak of pajamas rond te sit nie. Maroela Media hoop die foto’s kikker sommer jou Vrydag ook op!
Alles vir Vrydag 3 April 2020
Vermoor oor geld vir enkele sigaret
ʼn Vriend het die man glo geld gegee om ʼn sigaret te gaan koop, maar hy het dit oënskynlik nie gedoen nie.
Ongehoorsame skryfreëls
Dié 24 Afrikaanse taalreëls laat selfs veterane struikel. Kyk na die misbruik – en hou koers!
Karlien se pienkvoet gebore
Sy het ook ʼn foto van haar man, Joe Breytenbach, saam met sy jongste spruit gedeel.
Encounter Church gee terug met hul emmerprojek
Die Encounter Church staan in hierdie tyd van algehele afsondering die weerloses, kinders, gestremdes en bejaardes by met sy emmerprojek.
Minister ‘verwelkom’ skenkings aan polisie
Cele het gesê berigte oor die weiering van die skenking was afkomstig uit ʼn uitgelekte, interne dokument wat glo kwaadwillig versprei is.
Groot pret! Herskep meesterstukke in jou eie huis
Verveeld by die huis? Hier is iets waaraan die hele gesin kan deelneem!
Covid-19 verwoestend vir plaaslike motorbedryf
Weens algehele afsondering in Suid-Afrika het die plaaslike motorbedryf ook tot stilstand gekom.
Hoe lyk Hollywood: Dolly Parton lees vir kinders voor; ‘Tiger King’-ster praat oor man se verdwyning
Maroela Media bied jou ʼn opsomming van dié week se jongste internasionale vermaaknuus.
Bellville-polisiemanne vas vir korrupsie
Die polisiemanne het glo dokumente vir onwettige of gekaapte voertuie uitgereik.
Lofsang en aanbidding vanuit jou sitkamer
Die visie met hierdie regstreekse uitsendings is om ʼn stem van lig en hoop te wees en om mense se fokus weg van die inperking en terug na die Here te verskuif.
Video’s: All Blacks stal steeds hul toorvernuf uit
Selfs Carlos Spencer draai die horlosie terug, terwyl Beauden Barrett se akkuraatheid verstom.
Al meer diefstal, vandalisme aan Eskom-netwerk
Intussen sit nagenoeg 10 000 Eskom-werkers tydens die afsonderingstydperk hul bedrywighede voort om te verseker die netwerk word behoorlik in stand gehou.
Redakteursbrief: Maak Maroela jou ligtoring in die Covid-19-storm
“Daarom wil ek jou in hierdie moeilike tyd verseker dat die span van Maroela Media alles in ons vermoë doen om seker te maak dat ons jou ingelig hou. Hoewel ons werksomstandighede verander het, het ons doelpale nie verander nie.”
Die pad na ’n beter konstitusie
Om ʼn behoorlike konstitusionele orde te bewerkstellig – een wat werklik toegerus is om geregtigheid vir almal, met inbegrip van alle gemeenskappe te bewerkstellig – het jy veel meer as individuele regte en ʼn egte en behoorlik funksionerende regbank nodig.
Afsondering: Pa en dogter wat kamp ‘verdwyn’
Die pa en dogter het glo besluit om in ’n afgeleë gebied te gaan kamp tot die afsonderingstydperk opgehef word.
Nuuskommentaar: Hoe is die wit sneeuvlokkies so besmeer?
Baie kenners het nou reeds aanspraak daarop gemaak dat die samelewing en sy waardestelsel heel anders daaruit gaan sien na die Covid-19-pandemie verby is as daarvoor.
Rugbytoere van weleer kan dalk hervat word
Ai, hoe smag ons nie na behoorlike toere nie, na wedstryde wat in kleiner dorpe soos Bethlehem, Upington, Wellington, George en Potchefstroom gespeel word, na sierwaens en optogte deur die strate, spelers wat skole en hospitale besoek (nie net ʼn fotogeleentheid vir die media nie)…
Covid-19-samevatting: Gevalle nou meer as ʼn miljoen
In die Vrystaat kan duisende maskers nou met 3D-druktegnologie verskaf word.
Só raak ʼn egskeiding jou testament
Soos jy stadig jou lewe herbou ná ʼn egskeiding, moet jy egter nie daarvan vergeet om jou testament op datum te bring om jou nuwe status in ag te neem nie.