Die aantal bevestigde Covid-19-gevalle in Suid-Afrika het met 70 gestyg.
Lees meerAlles vir Sondag 5 April 2020
Aanlyn in afsondering: Word ’n verantwoordelike digitale burger
Rianette Leibowitz, ʼn digitale ouerskap-mentor en stigter van SaveTNet Cyber Safety, meen dit is nou ʼn ideale tyd vir gesinne om ʼn paar belangrike aspekte oor hulle aanlynteenwoordigheid te bespreek.
14-jarige verkrag en vermoor
“Haar familie het na haar begin soek, maar kon haar nie opspoor nie en het haar as vermis by die plaaslike polisiestasie aangemeld.”
Ernstige misdade neem af in afsonderingstydperk, sê Cele
Bheki Cele, minister van polisie, het die afname in ernstige en geweldsmisdaad verwelkom en dit onder meer toegeskryf aan die drankverbod tydens die tydperk van afsondering.
Sigaretverbod ‘sal talle onbedoelde gevolge hê’
Batsa meen die verbod sal ook onbedoeld bydra tot die onwettige handel van tabak aangesien rokers heel waarskynlik onwettige produkte gaan koop.
Covid-19-samevatting: Só lyk verspreiding wêreldwyd
Pres. Donald Trump het gewaarsku dat die VSA in die komende weke deur sy moeilikste tyd nog sal gaan.
Netbal SA-president herstel van Covid-19
“Ek het ’n dogtertjie wat drie jaar oud is en om nie vir haar ’n druk te kon gee nie, was ’n nagmerrie.”
Maak jou grimeerkwaste só skoon
ʼn Mens bestee baie geld en tyd op goeie gesigsreinigingsprodukte, maar dit help nie as jy elke dag jou grimering met ʼn vuil kwas of spons aanwend nie.
Bekroonde illustreerder verloor kankerstryd
“Ons is baie hartseer, want ons is so lief vir hom. Ons dank die Here dat Alex ons lewe so baie verryk het.”
Boek-uittreksel: Die ystervarke se skrikmaakspeletjies
“O, geitjie-geit,” prewel Sliertjie en sluip stadig nader. Oupa Kuif het hom doodgeskrik! Wat op aarde gaan hy vir sy ouma sê?
Agt wenke om die afsonderingstydperk te oorleef
Na gelang van hoe jy daarna kyk, kan dit vir jou positief of negatief wees. Daardie keuse sal jy dus self moet maak. Ons hier by Bid is Braaf het dit goedgedink om ’n paar wenke op te stel oor hoe jy hierdie staat van afsondering kan oorleef:
Boere trek Eskom-man, nog twee vas vir ‘veediefstal’
“Ons het hulle naby die Carnarvon-Prieska-pad vasgekeer en die polisie ontbied.”
Thys die Bosveldklong: ‘Ek het nie die luuksheid van opgee nie’
“Maak nie saak hoe die Liewe Vader die dice gooi nie, jy spéél.”
Selfs WWE-rofstoeiers bring ’n tikkie sporthoop in dié tyd
Ja, hulle verdien steeds ’n Oscar vir hul toneelspelvernuf en van sosiale distansiëring het hulle nog nooit gehoor nie, maar die WWE-rofstoeiers het inderdaad ’n bietjie sporthoop in hierdie moeilike tye gelewer.
Seeskilpadjie van fabriek se dak af gered
“Ek het eers gedink dis ʼn speelding, maar toe beweeg die koppie.”
Gee my ‘n permit, want ek het NUUS!
Predikante kry egter nie permitte om rond te beweeg nie, want ons werk is blykbaar nie so noodsaaklik soos ander sektore van die arbeidsmag nie.
Man skiet vriendin, haar ma en toe homself
“Die man se voertuig is deur polisiebeamptes gewaar en ʼn hoëspoed-jaagtog het gevolg.”
Nuwe winde wat waai ʼn groot seën vir Annelisa Weiland
Annelisa Weiland het ses maande gelede die Laan vaarwel geroep en Kaap toe getrek. Sy het met Maroela Media oor haar nuwe hoofstuk gesels.
Gure weer stuit nié ‘Comrades’ vir liefdadigheid
“Die versoeking was in ʼn stadium groot om dit te los, maar ek is net bly ek het vasgebyt.”
Ramaphosa: ‘Die koronavirus verander alles’
Pres. Cyril Ramaphosa sê hoewel hy begrip het vir die swaarkry en ongerief weens die nasionale afsonderingstydperk, is dit duidelik dat beperkings op beweging en byeenkomste wel daarin slaag om die kurwe van die pandemie af te plat.