Sowat R40 miljoen is na bewering in Dunn se bankrekening inbetaal deur die voornemende beleggers.
Lees meerAlles vir Maandag 19 Oktober 2020
Eerste vrou in byna sewe dekades in VSA tereggestel
Lisa Montgomery sal na verwagting op 8 Desember tereggestel word vir die moord op ʼn swanger vrou.
Steeds ‘te veel’ dronkbestuurders
Stad Kaapstad se metropolisie, verkeersdienste en wetstoepassers het die afgelope paar dae altesaam 253 mense in hegtenis geneem, waarvan 20 vir dronkbestuur was.
Onteiening, ekonomiese groei top-prioriteite vir parlement
ʼn Debat oor pres. Cyril Ramaphosa se plan om die Suid-Afrikaanse ekonomie te laat groei is vandeesweek bo-aan die agenda van die parlement.
Ma vergiftig kinders, pleeg selfmoord
Die vrou se ma het haar en haar vyf kinders op die vloer aangetref.
Man vas vir kreef ter waarde van R3,5 miljoen
Die polisie het op altesaam 6 832 kreefsterte en 235 lewende krewe beslag gelê.
ToekomsVenster: Gewone mense kan nie help nie
Die Bybelse taal is somtyds skokkend eerlik.
Skorsing van Kaapse regter aanbeveel
Die regterlike dienskommissie (RDK) het by pres. Cyril Ramaphosa aanbeveel dat hy regter Mushtak Parker van die Wes-Kaapse hooggeregshof uit sy amp skors hangende ʼn ondersoek na twee gevalle van beweerde wangedrag deur ʼn tribunaal van die kommissie.
Brand wat broodnodige voer verwoes glo opsetlik gestig
Drie skure op die plaas het kort na mekaar in ligte laaie opgegaan.
Ma vertel van laaste oomblikke voor verkeersbeampte sterf
Hy sê hy kon reeds op die toneel, terwyl paramedici verbete probeer het om Willis by te bring, gesien het sy seun gaan nie die ongeluk oorleef nie. Heeltemal te veel bloed het uit die jong beampte se kop gestroom.
Nelspruit-prokureur drie keer geskiet tydens hoewe-aanval
“Hy was ʼn held wat sy gesin tot die dood toe beskerm het.”
Dié Porsche verstom en betower
Ek het nie regtig eers woorde om dit te beskryf nie.
Afrikaanse Taalraad se nuwe direksie fokus op taaldiversiteit, inklusiwiteit
“Afrikaans is die som van die taal se variëteite. Ons moet mekaar kan groet met ’n mirrag, hoesit, saloet en aweh. Ons moet saam kan smul aan melktert, krimpvarkies, tweegevreetjies, koeksisters én koesisters.”
Valke trek voormalige munisipale bestuurder vas
Diensverskaffers is na bewering aangestel sonder ‘n mededingende tenderproses.
Minder lande nou op hoërisikolys
Diegene uit die Noordelike Halfrond wat gewoonlik die somerseisoen in Suid-Afrika deurbring, word nou onder sekere omstandighede weer toegelaat om dit te doen.
Senekal: Hof sê oor borgtog vir tweede verdagte
Fourie ontken skuld.
ATKV-Tienertoneel: Kom stem vir jou gunsteling uit die top-12
Die publiek kan ook vanjaar vir die eerste keer vir ’n gunsteling-deelnemer stem.
Streng dieet want vettie sit vas in die honde-deurtjie
“Ons het hom as ʼn straatbrak aangeneem. Nou is hy baie gelukkig en warm en geliefd … dalk bietjie té geliefd …” skerts sy eienaar.
Talle diere in Vrystaatse veldbrand dood
Daar word in dié stadium vermoed dat die vernietigende brand ontstaan het weens buitebande wat tydens ’n betoging aan die brand gesteek is.
Werkers, wag hoor oor borgtog
William Viljoen (32), ʼn assistentbestuurder, Hannes Terblanche (29), ʼn ontvangsbestuurder, en Obi Nortje (32), ʼn veiligheidswag, staan tereg op aanklagte van moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en ontvoering.