Slegs een van die voorstelle deur onderwysvakbonde om die kalender te hersien, is aanvaar.
Alles vir Dinsdag 9 Februarie 2021
Mening: Bulle se vreugde en rede vir optimisme vir SA-klubrugby
Kyk ook sommer na wat op Loftus aangaan waar daar tans vier trofeë in die land se belangrikste vier kompetisies pryk: Die Super Rugby Unlocked, die Curriebeker, die o. 21-Kampioenskap se beker en ook dié vir die o. 19’s wat in 2019 gewen is toe hulle laas gespeel het.
Honderde pakkies van dank vir gesondheidswerkers
Die sorgpakkies het ook persoonlike briefies van dank en motivering ingesluit.
Proteas betaal duur vir verbroude kanse
Die uitgesproke Darryl Cullinan was vanuit die kommentatorshokkie veral krities oor die Proteas se vrot veldwerk. Volgens Boucher het verbroude vangskote die Suid-Afrikaners 150 lopies in die wedstryd gekos.
Resep: Basiese oliebolle
Versier hierdie oliebolle soos jy wil, vir ʼn lekker soetigheid vir enige geleentheid.
Uitdrukking: iemand ruik na oliekolonie
Wat op aarde is oliekolonie en wat het dit met iemand wat lekker ruik te doen? Taaltoffie ondersoek die herkoms van dié uitdrukking.
Corné en vriende kuier saam op die Top-20
Riaan Benadé bly vir die tweede week in die no. 1-posisie met “Spontaan”.
Vaaldam meer as 100% vol
Die weerdiens voorspel dat reën vir die meeste gedeeltes van die land vir eers verby is.
Klopjag op ‘dwelmhandelaars’ lei tot reusewapenvonds
Daar word nou vermoed dat die vermeende dwelmhandelaars by veel meer as net dwelmhandel betrokke is.
Boek: ‘Vreesloos’ – Christien Neser
‘Vreesloos’ is die laaste boek in Christien Neser se gewilde Elle-reeks. Dit is geskik vir tieners 13 jaar en ouer.
Hamilton kry glo ’n gróót salaris
Die 36-jarige Brit het uiteindelik ’n kontrak met Mercedes onderteken. En volgens die Britse pers is sy jaarlikse salaris twee keer groter as dié van enige ander renjaer. Kyk hier hoeveel die renjaers in die sak steek.
Akademia wen internasionale toekenning
“Die toekenning vir uitnemendheid in onderrig wat Akademia ontvang, is ʼn bewys van ware toewyding en die instelling se verbintenis om die toekoms van die beroep te bevorder.”
Hanru: Eerste dag as Affie
Intussen het Hanru se toetsuitslae gewys daar is geen kanker meer in sy lyf nie.
Wat beteken die 3 jaar-belastingreël vir ekspats?
Dit beteken Suid-Afrikaners wat in die buiteland werk, maar nog aftreebeleggings in Suid-Afrika het, het nog minder as ’n maand oor om aansoek te doen om finansieel te emigreer.
Lesersbrief: Besin weer oor taalbeleid van die Regspraktisynsraad
“Die taalbeleid moet van onder herskryf word.”
Die wêreld bars uit sy nate oor vetsug-getalle
In 2017 het 4,7 miljoen mense weens vetsug gesterf. Dit is vier keer meer mense as wat in motorongelukke dood is en vyf keer meer as die getal sterftes weens MIV/vigs.
Drie vas ná lodge langs wildtuin afbrand
Daar is beweer dat die oproermakers na die lodge opgeruk het in reaksie op veldwagters wat ʼn vermeende stroper doodgeskiet het.
Vierde kind se liggaam gevind
Die liggaam van die vierde seun is net ná 02:20 Dinsdagoggend uit die gat gehaal.
Covid-19-statistieke: Soveel nuwe gevalle, sterftes aangemeld
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Maandagaand die jongste Covid-19-statistieke bekend gemaak.
Gedagte vir die dag: Lig in die duisternis
U is my lig, o Here. Here, U verlig my duisternis. Met U loop ek ’n leër storm, met my God spring ek oor ’n muur. God se pad is volmaak. Die Here se woorde is betroubaar. Hy beskerm dié wat by Hom skuil. (2 Samuel 22:29-31)