Die Sharks het nou 16 punte op die punteleer en hul volgende tweestryd teen die Bulls kan deurslaggewend in die reeks wees.
Lees meerAlles vir Saterdag 5 Junie 2021
Terug op Aberdeen
“Ons kon nie juis iets sien nie, maar ons het geweet die boere is nog dáár. By die vasbyters, die bittereinders op plase en in die dorp, blaas die vlam hoog. En hulle sal uit die stof van droogte soos Maartlelies bly blom.”
Beurtkrag weer kortstondig opgeskort
Om reserwes vir die week op te bou, sal beurtkrag weer Sondagaand ingestel word.
Inwoners maan teen ‘selektiewe gebruik’ van onteieningswet
Volgens die komitee was sekere mense ten gunste van die wetsontwerp, mits die onteiening gaan lei tot verhoogde produksie, voedselsekerheid, werkskepping, die vermindering van armoede en die uitroei van ongelykheid.
Kalifornië se verbod op aanvalswapens omgekeer
“Vuurwapens en ammunisie in die hande van misdadigers, tiranne en terroriste is gevaarlik; vuurwapens in die hande van wetsgehoorsame, verantwoordelike burgers is beter.”
Een dood, 50 beseer toe bus omslaan
Die ongeluk het Saterdagoggend naby Eshowe in KwaZulu-Natal plaasgevind.
Ligte, kamera … Tuinroete reg vir rolprent-aksie
Die Tuinroete bied ʼn eiesoortige omgewing met woude, halfwoestyngebiede, bergpasse, paaie, brûe, uitgestrekte strande, strandmere, berge en fynbos. Danksy die uiteenlopende verskeidenheid agtergronde word dit as ʼn vervaardiger se droom bestempel.
Een hospitaal na die ander weier om man te behandel
“Sussie, ek is besig om dood te gaan”, het André Bezuidenhout aan sy dogter gesê nadat die soveelste staatshospitaal geweier het om hom te behandel.
Sri Lanka-krieketspelers trek neus op vir nuwe kontrakte
“Selfs al sou die spelers betaling geweier word, sal hulle vir die land speel. Dit is hul hoofdoel.”
Leeu in Indië ook Covid-19-slagoffer
Verskillende monsters van altesame 11 leeus is vir toetse gestuur en nege van hulle het positief vir Covid-19 getoets.
Twee kinders onder drie wat vroegoggend verongeluk
Die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga het ʼn beroep op motoriste gedoen om die aandklokreël te gehoorsaam en nie in dié tyd te reis nie.
Internasionale oorsig: Israel se anti-Netanyahu-regering in wording
Die nuwe koalisie is ʼn sameflansing van linkse, sentristiese en selfs ultraregse politieke partye wat almal net een ding gemeen het, naamlik hulle sterk afkeer van Benjamin Netanyahu.
Krugerwildtuin maak deurbraak teen nog vermeende stropers
ʼn Jaggeweer, ammunisie en stroperytoerusting is tydens albei voorvalle by die verdagtes gevind.
Brakkie vlug ná aanval, weer veilig tuis
Cody het in die harwar spoorloos verdwyn en sy gesin het die afgelope ruk vergeefs na hom geroep en gesoek. Vyf dae lank was daar geen teken van hom nie.
Nog ’n ‘mini-biblioteek’ vir siggestremdes in Wes-Kaap
Die nuwe biblioteek is in die Riversdal-omgewing geopen.
Digital Vibes se naam duik al jaar gelede in vrae op
Die VF Plus sê die minister van gesondheid én sy departement moet nou oop kaarte speel en duidelikheid oor alle kwessies verskaf vóór die spesiale ondersoekeenheid (SOE) sy verslag bekend maak.
Pa se slim plan met stoele help nou ander
“Pippie is gek oor haar stoel, want dit is spesiaal met pienk vir haar oorgetrek. Ek dink sy sou in hom slaap as sy toegelaat word.”
Boerseun ruil rugbystewels vir wynkelder
“Ek het eintlik niks van die bedryf geweet nie en dit wat ek gedink het ek weet, was nie naastenby genoeg om self wyn te maak nie.”
Namibië aanvaar Duitsland-aanbod, al is dit ‘nie genoeg’
Die ooreenkoms moet nog onderteken word. Dit word tans hersien deur Namibië se prokureur-generaal en sal daarna aan die parlement vir goedkeuring voorgelê word.
Eskom skors Koeberg-bestuurder
Koeberg se eenheid een, met ʼn kapasiteit van 900 MW, is sedert Januarie vanjaar buite werking. Dít terwyl Suid-Afrikaners vandeesweek weer aan beurtkrag onderwerp word.