“Omdat diesel ʼn groot insetkoste in baie sektore is, sal ʼn verhoging in die prys van hierdie brandstof verbruikers benadeel.”
Alles vir Maandag 17 Oktober 2022
Foxwoodfees vier vanjaar liefde, medemenslikheid
Die fees het deur die jare heen ’n tuiste van vernuwing en ontwikkeling in die Suid-Afrikaanse teatergemeenskap geword.
Dis-Chem se brief ‘verdeel’ – Mashaba
“Stel Suid-Afrikaners op meriete aan,” sê die sakeman en politikus Herman Mashaba.
Boer Appèlhof toe ná Landbank-uitspraak
“Ons verstaan die regsproses gaan van hier af moeiliker raak, maar indien ons ons tot ʼn grondwetlike hofsaak moet wend, sal ons,” het Carel van der Merwe na afloop van die uitspraak in die hooggeregshof in Kimberley gesê.
Herrie oor vrou wat verloofring wil verkoop
ʼn Vrou het ʼn woordestryd op sosiale media veroorsaak toe sy haar verloofring “vir vanselfsprekende redes” te koop aangebied het.
Kontant te wen: Ons is op soek na die mooiste jakarandafoto’s
Twee lesers staan die kans om elkeen R2 500 kontant te wen vir hul mooiste jakarandafoto.
Etzebeth ook ʼn reus vir Sharks
Hoe Eben Etzebeth dit regkry om weekliks op alle suiers te vuur, is dalk ʼn goeie onderwerp vir ʼn doktorale proefskrif óf die draaiboek vir die volgende Marvel-rolprent.
Nederlandse toeriste van boot gered
’n Groep toeriste van Nederland moes die naweek van ’n boot aan die KwaZulu-Natalse kus gered word nadat die boot enjinprobleme ondervind het.
Nuwe tuistes vir koningin se teddiebeer-huldeblyke
Dié speelgoed is tussen die magdom blomme-huldeblyke en briefies gevind wat buite paleise en koninklike parke in Londen en Windsor gelaat is gedurende die routydperk ná die koningin se dood.
Resep: Kerriehoendersamoesas
Diegene wat hou van ʼn bietjie brand, sal gek oor dié gereg wees.
Ramaphosa rol nie rond oor persvryheid
“Dat joernaliste die vryheid het om hul werk te beoefen sonder vrees vir vergelding, is iets waarop ons uiters trots kan wees,” meen pres. Cyril Ramaphosa.
Gratis dienste én ekstra personeel vir ministers
Die ministeriële handboek is nou só gewysig dat die aantal personeellede wat ministers in hul persoonlike kantore in diens mag neem, van 11 tot 15 verhoog.
Man vas ná moord op vermiste vierjarige
Die man is glo voor haar dood saam met klein Bokgabo Poo gesien.
Temba-lose Proteas looi Kiwi’s
Die Suid-Afrikaanse boulers het Nieu-Seeland vir slegs 98 lopies in ’n Wêreldbeker-opwarmingswedstryd uitgeboender, waarna Rilee Rossouw en kie binne ʼn japtrap die wenlopies geslaan het.
Dis-Chem: Sakelui moet ruggraat wys
“Pleks daarvan om by die ANC se voorskrifte in te val, behoort sakeleiers hul ruggraat op te spoor en te begin terugveg …”
Luister: Soek eers na waarheid
“As daar ʼn afwesigheid van die waarheid is, kan jy maar weet daar word vir jou gelieg.”
Gedagte vir die dag: Eenvoud
Nee, maak die koningsheerskappy van God en dit wat voor Hom reg is, julle prioriteit; dan sal God vir julle al hierdie ander dinge byvoeg. (Matteus 6:33)