Dit lyk wel of dit onder omstandighede “oukei” gaan met Frik Potgieter en Peter Huxham, hoewel daar min beweging met die regsproses is.
Alles vir Maandag 27 Maart 2023
Theuns se woorde in FAK-liedjietuin verewig
“Theuns was … is my seun. My trots. My verlange. Hierdie is ʼn geweldige eer wat die FAK hom gee en ek wil namens my seun baie dankie sê.”
Wêreld werp kollig op teater, kunste
“Op Wêreldteaterdag nooi ons ʼn ieder en elk om deel van die wonderwêreld van die kunste te wees.”
Sepiegids: Karla kry nagmerries in ‘Diepe waters’
Die vonke spat tussen Rachel en Des Galant in ‘Arendsvlei’ en in ‘Binnelanders’ vind Steve uit wie sy idee gesteel het.
Dís wat jy vir ‘rockster-ministers’ se water, krag opdok
Terwyl gewone Suid-Afrikaners groot lyding verduur, hang die “rockster-ministers” langs die swembaddens van hul luukse herehuise uit waar hulle ononderbroke krag en gratis water geniet.
Bietjie goeie nuus ná Kolbe-besering
Jacques Nienaber en die res van die Springbok-afrigtersgroep het waarskynlik hul asem opgehou toe Cheslin Kolbe die veld in trane in Frankryk verlaat het.
Man buite restaurant doodgeskiet
Volgens ooggetuies het die slagoffer glo in ʼn vurige argument met ʼn man net buite die restaurant betrokke geraak.
Swaar reën belemmer treindienste in Kaapstad
Die verwoestende reën in die Noord-, Oos- en Wes-Kaap is skynbaar vir eers verby, maar kan nou elders voorkom.
Sikloon Freddy in fynste besonderhede bekyk
“Dit sal tyd neem, maar dit sal ʼn baie omvattende studie wees,” sê ’n kenner wat nou moet bepaal of Freddy die rekord laat spat het.
Twitter se waarde tuimel met 50%
Volgens Elon Musk is die maatskappy se finansies beroerd en was dit maande gelede nog op die rand van bankrotskap.
DA se beleidshoof bedank
Gwen Ngwenya het ʼn posisie by ʼn internasionale maatskappy aanvaar, maar dit beteken ook die DA sit ʼn week voor sy federale kongres sonder ʼn hoof van beleidsake.
Bieliemielie: van veiling tot fees
“Ek skryf die sukses van die fees aan ons lekker jong feeskomitee toe, wat sorg dat die vermaak uit nuut en oud bestaan om almal te akkommodeer.”
Wie is Rusland se vriende en wat is hulle motiverings?
Buiten die uitgesproke ondersteuners is daar heelwat lande wat voorgee om neutraal te wees, maar wat eintlik vir Rusland steun.
Markram trots op Proteas se ‘Oscar’-vertoning
“Party van die ouens het geskerts dat die Windies 15 lopies te min aangeteken het! Ons het altyd geweet dat ons ʼn kans staan as Quinny en Reeza goed begin.”
Ekonomie Minuut: Vergoedingsplafon vs salarisverhogings
Die staat het verlede week hulle aanbod vir ʼn salarisverhoging vir staatsamptenare verbeter en dit gaan belangrike gevolge hê vir die staatsfinansies en vir dienslewering.
Woord: klodder
Ken jy die woord “klodder”?
Resep: Roosblaarsorbet
Probeer iets nuuts en maak vir jouself hierdie interessante roosblaarsorbet.
Suid-Afrikaanse beleggers gaan die koste van gryslys tel
So, verwag en berei voor vir veranderinge as gevolg van die gryslys, maar dit is nie die einde van die wêreld nie.
Bly weg van Browns Farm, maan polisie
Voorvalle neem toe waar onder andere gebruikers van die Facebook-platform Market Place en e-taxibestuurders in dié gebied aangerand en beroof word.
Wêreldputjiespeltoernooi: Slae vir Scheffler en McIlroy
Rory McIIroy het Scottie Scheffler in die uitspeelstryd om die derde plek met 2 en 1 geklop.