“Dit is ʼn groot seën en genade dat ek altyd werk het. Ek besef dat iemand van my ouderdom wat kan aanhou werk, ʼn ontsaglike voorreg is.”
Lees meerAlles vir Saterdag 22 April 2023
Vakbonde verwerp Eskom-loonaanbod
Die vakbonde het ook sterk ten velde getrek teen die narratief dat hulle vir beurtkrag verantwoordelik is. “Al ons lede is uiters hard aan die werk om die ligte aan te hou.”
Ditsem, Bulls!
Die Bulls het vir die tweede keer op ʼn streep met Leinster afgereken toe hulle die Ierse klub in ʼn drieëfees op Loftus Versfeld verrinneweer het.
Tshwane-metro, Voortrekkermonument vat hande teen misdaad
Die Voortrekkermonument (VTM) is een van Pretoria se prominentste bakens wat jaarliks deur duisende mense besoek word en dit kan nie toegelaat word dat misdaad dit beïnvloed nie.
Twee Eskom-werkers, trokdrywer vas vir bedrog en diefstal
Volgens Eskom is die diefstal van swaar brandstof-olie ’n hoogs georganiseerde kriminele aktiwiteit en word betrokke sindikate verryk deur die opbrengs wat verkry word uit die onwettige handel in die gesteelde produkte.
Redakteur gepos oor fop Schumacher-onderhoud
Die redakteur van die Duitse tydskrif Die Aktuelle is afgedank nadat ʼn artikel geplaas is waarin ’n kunsmatige intelligensie- program gebruik is om vals aanhalings van die sewemalige Formule Een-kampioen Michael Schumacher te genereer.
VRK: Lions groet een van hul maanhare met sege oor Zebre
Die Lions het Saterdagmiddag op Loftus Versfeld op gepaste wyse van een van hul groot maanhare, Jaco Kriel, in die Verenigde Rugbykampioenskap afskeid geneem toe hulle die Italiaanse Zebre-span geklop het.
Belonings uitgeloof in soektog na vermiste Duitse toeris
Meer as twee maande nadat Nick Frischke (22) in Kaapstad verdwyn het, is daar steeds geen teken van hom nie en is twee belonings uitgeloof vir inligting oor waar hy hom bevind.
Inflasie, rentekoerse: ‘Geen genade vir verbruikers’
Inflasie het vir die tweede agtereenvolgende maand gestyg en daar is opnuut kommer oor ʼn verdere rentekoersverhoging gegewe inflasie wat hoog bly.
Ontdek geheime van olifante met dié dokkie-reeks
“Hierdie is nie net geraas nie, elke klank het betekenis en dit is dié kommunikasie wat die gom word wat die lede van ʼn trop bymekaar hou.”
Frankfort-hofsaak misluk ‘oor munisipaliteit op kantlyn sit’
“Gemeenskappe wat projekte wil aanpak om kragvoorsiening en -verspreiding self te behartig, moet nie uit hierdie uitspraak verstaan dat dit onwettig is nie.”
Wenners van SA Akademiepryse bekend
Antjie Krog, die akteur Chris van Niekerk, die regisseur Nico Scheepers en die musiekkomponis Franco Prinsloo is onder diegene wat vanjaar vereer word.
Drie aangestel om Toerismeraad se sake te behartig
Drie mense is aangestel om die sake van die Toerismeraad te bestuur totdat ʼn nuwe raad aangestel word.
‘Ek kan weer vir myself in die spieël kyk’
“Ek het my bewussyn vir ʼn paar sekondes verloor en myself in ʼn groot plas bloed bevind toe ek wakker skrik.”
Conway se kolf doen praatwerk teen Sunrisers
Devon Conway het 13 grenshoue in sy beurt gemoker en veral Marco Jansen het swaar geleef.
Nuwe raswet kan ‘onherstelbare skade veroorsaak’
ʼn Kenner sê die wetgewing kan sogenaamde sosiale ingenieurswese tot gevolg te hê en vervang boonop die voormalige aansporingswortel van rassetransformasie met die stok van sektorkwotas.
Djokovic trap klei teen Lajovic
“Novak is nie net ʼn goeie vriend nie, maar ook ons land se groot held. Ek het nooit gedink dat dit moontlik sou wees om hom te klop nie.”
Halfmiljoen gevat by Gautengse maatskaplike dienste
Die besluit deur die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling sal duisende gestremde mense, bejaardes en kinders wat wees gelaat is moontlik sonder ʼn heenkome laat.
Krag van die plaas op groot verhoog
Jaco Schoonwinkel, ʼn boer in die Swellendam-omgewing, het na die eindronde van die World’s Strongest Man-kompetisie in die VSA deurgedring.
Baie vingers gewys, maar Guptas nog skotvry
“Hoe meer ek daaraan dink, hoe meer kom ek tot die gevolgtrekking dat die VAE te blameer is.”