Hoe vergelyk Threads met Twitter wat nou X heet, en hoe veilig is Zuckerberg se jongste toevoeging tot die Meta-familie?
Alles vir Maandag 31 Julie 2023
Vier gou vas ná moord op Grootvlei-boer
Die 79-jarige Theo Bekker en sy vrou is Sondagoggend deur vier verdagtes op hul plaas in Mpumalanga aangeval.
Metro loof beloning uit ná moord op LEAP-beampte
Toufeeq Williams, ʼn lid van die Wes-Kaapse regering se program vir die bevordering van wetstoepassing, beter bekend as LEAP, is Sondag in Mitchells Plain doodgeskiet.
Staatsgreep in Niger en die implikasies
Afrika sal maar Afrika bly en dié lande het tog geen invloed op wêreldsake nie, is ʼn mens geneig om te sê. Dit sou egter ʼn fout wees, want die staatsgreep in Niger is nog ʼn dominosteen wat val in die geopolitieke strategie van die Weste.
Vyf in hof vir moord op Raymond Papapavlou
Familielede van Simone Papapavlou en Patricia Lee Smith het oudergewoonte saam met hulle buite die hofsaal in Polokwane gewag.
Eerste sege vir Maroela in GR-beker
Hy het hierdie naweek ʼn belangrike les geleer, skryf Brendon Staniforth: Een van die grootste vaardighede in ʼn renjaer se gereedskapkis is selfvertroue en die geloof dat jy kán wen.
Liefdadigheidswinkels herdenk mylpaal met ‘Dade van Hoop’
“Vanjaar het ons Dade van Hoop by al 125 Ons Winkels landwyd gevier. Elke winkeleienaar is versoek om ʼn item uit hul winkels as geskenk vir iemand in hul gemeenskap te gee en só iemand se lewe op te kikker.”
Dwaalkoeël eis LEAP-beampte
Toufeeq Williams was nie aan diens nie en het saam met sy jong dogter in Beacon Valley gestap toe ’n dwaalkoeël hom getref het.
Herbou van parlement sloer
Volgens die parlement se eie rekords moes die grootste deel van die opruimingswerk van die puin en rommel van die afgebrande gebou reeds vandag afgehandel wees.
Woede oor ‘Kill the Boer’ by EFF-saamtrek
“Hou op om boere as die vyand uit te beeld.”
Parlementêre komitee se ondersoek na OB afgehandel
Die ondersoek na die geskorste Openbare Beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane, se bevindings is dat sy haar aan wangedrag skuldig gemaak het, en dus onbevoeg is om haar pos te beklee.
Graham se brief: ‘Hoekom het jy dit gedoen?’
Lauren Dickason wou glo ook nie hê dat haar kinders deur ’n ander ma grootgemaak word sou sy haar eie lewe neem en haar man, Graham, weer trou nie.
Probleme met rioolvuil by Klerksoord veel groter as vermoed
Die burgemeester van Tshwane het die Klerksoord-gebied, in die noorde van Pretoria, die afgelope week self besoek en eerstehands die omvang van die probleem met rou rioolvuil gesien. Cilliers Brink het ook ʼn beroep op inwoners van die stad gedoen om hand by te sit sodat probleme behoorlik gepak kan word.
Húlle is kandidate vir nuwe OB
ʼn Ontleding deur Corruption Watch wys dat minstens een van die kandidate ʼn botsing van belange het.
Dickason-egpaar se ouerskapstyl het verskil
Dit is die derde week van Lauren Dickason se verhoor in Nieu-Seeland. ’n Forensiese psigiater het Maandag getuig dat Lauren soms verwerp gevoel het wanneer Graham sy aandag op die kinders gefokus het.
Woord: gomlastiek
Waar op aarde kom ons aan die woord “gomlastiek”? Taaltoffie stel ondersoek in.
De Kock se vuurwerkvertoning tevergeefs
Quinton de Kock het 87 vinnige lopies vir die Seattle Orcas aangeteken, maar MI New York is die uiteindelike wenners van die Major League Cricket-toernooi in die VSA.
Resep: Biltongtertjies
Jy sal nie genoeg van dié smaaklike biltongtertjies kan kry nie.
Mosselbaai beveg hondsdolheid
Daar het sedert verlede jaar ʼn oplewing in uitbrekings van hondsdolheid in die Oos-Kaap voorgekom en daar bestaan ʼn vrees dat dit kan versprei.
‘Ons reis is nog glad nie verby’
Norma Plummer het vroeër haar 100ste sege as ʼn internasionale netbalafrigter gevier en sy is ongetwyfeld oorgehaal om nog wedstryde saam met die Proteas te wen.