Dié entstowwe vir Covid-19 teiken die variante wat tans by Amerikaners voorkom beter.
Alles vir Dinsdag 12 September 2023
En ons is terug op fase 5
Enkele ure nadat beurtkrag effens skiet gegee het en van fase 5 na fase 4 verlaag is, is Suid-Afrika weer op fase 5. Dís hoekom:
Moeg vir die lewe in die stad? Dan is die Jong Stadsboer Veldskool vir jou
Indien jou kind oorborrel van energie, ʼn passie het vir die natuur, ʼn liefde het vir breë boerderybegrip en mal is oor die buitelewe met al sy avonture, sal hierdie week jou kind soos ʼn handskoen pas.
Resep: Hoender-Caesar-slaai
Vervang daardie pousetoebie met ʼn vars hoenderslaai.
Jong teatermaker woeker by Pronk Podium
Robert se besige skrywerspen het een na die ander toneelprys laat inrol by vanjaar se Pronk Podium-toneelfees.
Fliekvlooi Floris se fliekresensie: ‘Blindelings’-toneelspel boeiend vir kykers
Floris Groenewald, Maroela Media se eie fliekkenner, het na die nuwe rolprent “Blindelings” gaan kyk.
Proteas beklink eendagreeks teen Pakistan
Nadine de Klerk het met kolf en bal in die tweede eendagwedstryd teen Pakistan in Karatsji uitgeblink.
Nuwe verbod kan koalas van uitwissing red
Tussen 2000 en 2020 het die koalabevolking in Nieu-Suid-Wallis, Australië met meer as 50% afgeneem weens ontbossing, droogtes en bosbrande.
Rooibos kan beskerming teen Alzheimer se siekte bied
In die afgelope paar dekades was daar wêreldwyd en in Suid-Afrika ʼn toename in gevalle van Alzheimer se siekte.
Opwindende teaterwerk op pad vir SA
“Dit maak my opgewonde dat daar met ʼn nuwe lens na die verlede gekyk word, met ʼn blik na die hede én die toekoms.”
Skenk bederfgoed vir vroue in nood se handsakke
“Elke vrou se handsak gee vir ʼn mens diepgaande insig in haar lewe, al besef sy dit nie.”
Kyk! Dit sneeu in September
Voordat lente ten volle posvat in Suid-Afrika moet die land eers ʼn paar kouefronte, en selfs sneeu, deurmaak.
Adjunkminister red vrou se lewe op vlug
Die vlieëniers het oorweeg om die vlugplan aan te pas en so gou moontlik iewers te land voordat dr. Sibongiseni Dhlomo ingetree het om die vrou te behandel.
Afrikaners binne en buite Orania
Die spanning tussen Afrikaners binne en Afrikaners buite Orania kan ʼn slegte wending neem as die strategieë binne en buite Orania as botsend beskou word.
Lesersbrief: Frankryk tree op teen Moslem-kleredrag
Die Franse regering meen die dra daarvan, en sekere ander kledingstukke, verbreek Franse wette wat sekularisme in skole bepaal.
Drama in die skadu van die oorlog
Terwyl Rusland sy hande vol het met die oorlog in Oekraïne, speel ʼn menslike drama homself in die suide af, naamlik in die Armeense enklawe Karabach wat binne die grondgebied van Azerbaidjan lê.
Marokko soek nie Franse hulp ná aardbewing
Byna 2 500 is reeds weens die aardbewing in Marokko oorlede.
Gedagte vir die dag: Tevrede om gereed te wees
“Die Here se goedheid sal ek sien hier in die land van die lewendes” (Psalm 27:13).