Die groep word verdink van verskeie gewelddadige misdade in die omgewing van Mariannhill, waaronder ’n bendeverkragting waartydens ’n meisie tydens ’n huisroof herhaaldelik verkrag is terwyl haar ma gedwing is om toe te kyk.
Alles vir Woensdag 3 April 2024
Bejaarde toeris sterf toe olifant voertuig bestorm
ʼn Ysingwekkende video waarin gesien kan word hoe die olifant op die voertuig afpyl en dit uiteindelik omgooi, word tans wyd op sosiale media versprei.
Beurtkrag-loslootjie duur voort
ʼn Verdere 2 365 MW sal glo ook teen Vrydagaand weer tot die netwerk gevoeg kan word.
Galery skep platform vir kuns in Afrikaans
Dit is ʼn ruimte waar Afrikaans en die kunste gekoester kan word.
Dodetal reeds op sewe ná kragtige aardbewing in Taiwan
Amptenare waarsku intussen teen nóg skuddings in die komende dae.
Metrobeampte, polisiesersant vas oor beweerde geslagsgeweld
Suid-Afrika verloor die stryd teen geslagsgeweld, sê die #NotInMyName-beweging ná twee wetstoepassers die naweek aangekeer is op aanklagte wat verband hou met geslagsgeweld teenoor hul lewensmaats.
Dobson vergelyk La Rochelle-tweestryd met toetsrugby
“La Rochelle is een van die topklubspanne ter wêreld; trouens, ek dink hulle is beter as van die toetsspanne. Hulle sal lag-lag onder Wêreldrugby se voorste tien spanne tel.”
Polisie, weermag wag vissers op Weskus in
Hoewel daar sowat 12 000 kleinskaalse vissers in Suid-Afrika is, het die departement van bosbou, visserye en omgewingsake net 377 vaartuigpermitte aan dié bedryf uitgereik. Gemeenskapslede sê vissers se regte beteken niks as hul bote nie op die water mag wees nie.
Curro weer in rassemoeilikheid oor foto’s van beroepsdag
Die Gautengse departement van onderwys vra dat die grondwetlikheid van Curro se waardestelsel ondersoek word ná ’n foto van ’n swart laerskoolleerder as ’n kassier op ’n Curro-beroepsdag die lig gesien het.
Taylor Swift nou musikale miljardêr
Swift se Eras-toer is reeds die winsgewendste in die geskiedenis en het tot dusver meer as $1 miljard (byna R19 miljard) in kaartjieverkope ingevorder.
Ferrari se selfvertrouebeker is vanjaar voller
“Wanneer dinge vir ons reg uitwerk – en ek dink wel nie dit is iets wat elke week sal gebeur nie – kan ons Red Bull onder druk plaas. En wanneer hulle onder druk is, maak hulle foute op die renbaan.”
Quinny laat waai teen RCB
Quinton de Kock het 13 grenshoue in sy beurt van 81 lopies teen die Royal Challengers Bengaluru gemoker.
Resep: Spek-en-mielie-souttert
Hierdie heerlike dis kan geniet word as ʼn bykos of net so op sy eie.
Luister: ‘Eerlike, diep’ Bobby neem weer pen op
“Ek het ‘Verlore seun’ reeds ʼn tydjie gelede al geskryf, maar ek is gemaan dat ek nie té eerlik en diep moet raak nie. Op die plek waar ek tans in my loopbaan is, gee ek nie meer so baie om nie.”
Japan hef tsoenamiwaarskuwing op; vlugte hervat ná aardbewing
Die Japannese Meteorologiese Agentskap (JMA), wat aanvanklik ʼn tsoenamiwaarskuwing met golwe van tot drie meter hoog in die suidelike eilandstreek van Okinawa uitgereik het, het gesê veel kleiner golwe is uiteindelik aangemeld.
Talle senior amptenare onder dié vas oor Fort Hare-misdaadvlaag
Die 15 nuwe beskuldigdes sluit in direkteurs van maatskappye wat dienste aan die universiteit gelewer het, asook huidige en vorige senior amptenare van Fort Hare.
10 partye vra Ramaphosa om nie Wysigingswetsontwerp op Verkiesingsake te onderteken
Sou pres. Cyril Ramaphosa die wysigingswetsontwerp onderteken, sal hulle gedwing wees om by die burgerlike samelewing, wat reeds kennis gegee het van hul voorneme om die howe oor die saak te nader, aan te sluit om die wetgewing op grond van ongrondwetlikheid teen te staan.
Vies Botswana wil duisende olifante Duitsland toe pos
Duitsers moet “saam met die diere leef, op die manier wat julle ons voorsê om te doen”, het Botswana se pres. Mokgweetsi Masisi gesê.
Op pad na ʼn beter bedeling
Selfs 30 jaar nadat hulle aan bewind gekom het, is die Suid-Afrikaanse regering steeds vasgevang in struggle-modus. Anders as wat algemeen aanvaar word, beteken dit nie dat die probleem opgelos sal word bloot deur die ANC te vervang nie.
Chris Chameleon: Pornografie onder die vergrootglas
Hierdie bedryf toon egter struktureel en organisatories meer ooreenkomste met misdaadkartels as met kuns, sport en vermaak.