Buys sluit uiteindelik sy boek af met die suksesresep wat ons voorouers ingespan het om krisisse te oorkom. Kom luister saam na ‘n voorlesing van dié hoofstuk.
Podlitiek: Regering kry bloedneus, staatsverval gevrees, geen Britse Kersfees
In hierdie week se Podlitiek-episode gesels die span oor die omstrede toerismefonds wat onwettig verklaar is en Unisa se taalbeleid wat ongrondwetlik is.
#JongStemme: Deel 1 – die probleem
Twee polisiemanne het uitgespring, die een met ʼn R5-geweer die ander met sy 9mm-pistool in die hand. Hulle het my versoek om uit my motor te klim en my op ʼn baie aggressiewe wyse deursoek.
Verkiesing in Kanada: meer van dieselfde
Eerste minister Justin Trudeau van die Liberale Party het die onlangse algemene verkiesing in Kanada net-net gewen.
Internasionale oorsig: Johnson op die agtervoet in Brittanje
Gerugte het selfs die afgelope week in die Britse media die rondte gedoen oor die moontlikheid vir ’n vervroegde verkiesing.
Internasionale oorsig: Nuwe wapenwedloop tussen Weste en China
Die VSA, die Verenigde Koninkryk en Australië se aankondiging van ’n historiese veiligheidsverdrag vir Asië en die Stille Oseaan-gebied, lei waarskynlik ’n ernstige nuwe wapenwedloop in tussen Westerse lande en hulle bondgenote in Asië, en aan die ander kant China.
China se terugkeer tot sosialisme en die implikasies vir die wêreld
Dis nou al bykans ʼn jaar wat die Chinese kommunistiese regering op groot skaal in die ekonomie inmeng.
Die padkaart na kulturele selfbestuur
“Daar is nie meer maklike, ideale planne oor nie. Die mislukking van staatsbestuur kan net volhoubaar opgelos word deur groeiende selfbestuur.”
#JongStemme: Die leuen van die reënboog
Daar is vele waardevolle lesse uit die ryke geskiedenis van die mensdom te leer. Min is egter so relevant tot die hedendaagse Westerse samelewing soos die feit dat nasies mét mag nog altyd nasies daarsónder se kulture onderdruk en dikwels heeltemal uitgewis het, skryf Albertus Liebenberg, ‘n meestersgraadstudent aan die Universiteit Stellenbosch.
Podlitiek: Politieke moord, Cyril met Zuma vrylating akkoord, Merkel se laaste woord
In dié week se episode van Podlitiek bespreek die span die afgelope naweek se politieke moorde in KwaZulu-Natal, pres. Cyril Ramaphosa wat glo die groen lig gegee het vir mediese parool vir oudpres. Jacob Zuma en laastens die komende verkiesing in Duitsland.
#JongStemme: Vee eers voor jou eie deur
Meneer en Mevrou, hoeveel maal verkondig jy luidkeels hoe korrup ons regering is? Hoe ons regering net in eie belang optree en hoe daar nie hoop vir hierdie land is nie? Maar, Meneer en Mevrou, het jy al vir ʼn oomblik gedink hoe jý in so ʼn bestuurs- of leiersposisie sou vaar?
Jou stem in verkiesings weeg swaarder as wat jy dink
Ipsos se eie navorsing wys etlike redes uit hoekom mense nie in die komende verkiesing wil stem nie. Dit wissel van ’n gebrek aan belangstelling in plaaslike verkiesings tot armoede en werkloosheid.
Maak staat op onbetwisbare feite, redelikheid en logika
Jaap Steyn is net ’n paar dae voor ’n berig wat in die Rapport verskyn het oorlede: Heelparty klasse aan die Universiteit Stellenbosch sal voortaan slegs in Engels aangebied word.
Toekoms van BRICS ná Covid: Sal SA steeds inpas?
In die afgelope dekade het die eens blink Suid-Afrikaanse ster internasionaal en in die Afrika-konteks taamlik onder die bewind van oudpresident Jacob Zuma verdof. Vandag is Suid-Afrika lank nie meer die onbetwiste ekonomiese en diplomatieke leierstaat in Afrika nie.
Internasionale oorsig: Desperate poging van Merkel om haar party te red
Merkel is die eerste Duitse bondskanselier sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog wat haar posisie vrywillig opgee om na sestien jaar in dié magtige posisie af te tree.
Internasionale oorsig: Hou op hoop vir ʼn gematigde Taliban-regering
Die Taliban het vroeër die week tydens ʼn mediakonferensie sy nuwe regering vir Afghanistan bekendgemaak en presies die teenoorgestelde gedoen as wat hy belowe het.
#JongStemme: ʼn Boodskap van hoop
Golwe kom, maar hulle gaan ook. So, hou vas! Ons is in die middel van die pandemie waar ʼn skrikwekkende golf besig is om oor die wêreld te spoel, skryf Danica Meiring.
‘Die pad na selfbestuur’: Skep omstandighede vir voortbestaan
Hierdie visie kom in die praktyk daarop neer dat die omstandighede geskep moet word sodat Afrikaners blywend vry, veilig en voorspoedig hier kan bly.
#JongStemme: Verandering!
Wees die verandering in iemand se lewe en laat iemand die verandering in jóú lewe wees, skryf Henning Noëth, ‘n honneursgraadstudent aan die Universiteit van Pretoria.
Podlitiek: Zuma vry, Verkiesingskommissie gly, Guinee stry
In hierdie week se Podlitiek-episode bespreek die span onder meer oudpres. Jacob Zuma se vrylating op mediese parool, die Verkiesingskommissie se voorgenome heropening van die kandidate-registrasieproses en die militêre staatsgreep wat vandeesweek in Guinee plaasgevind het.