Ek glo die sogenoemde “politiek” binne die werksplek gaan hand-aan-hand met onderliggende boeliery, skryf Lindy Steyn, ʼn studentewerwer asook ʼn nauurse finalejaar BCom (Ondernemingsbestuur)-student aan Akademia.
Guinee en Zambië: Staatsgreep en verkiesing
In Afrika is vreedsame regimeveranderings ongelukkig steeds die uitsondering.
Inentings: Is vryheid belangriker as dwang?
Dié van ons wat wel inentings ondersteun, moet versigtig wees om nie die staat se moontlike planne te ondersteun om mense se liggaamlike integriteit te skend deur ’n naald onder dwang in hul arms te wil druk nie, skryf Kallie Kriel.
Belastingprotes: Pres. Ramaphosa: “Ons druk terug!”
Daar is sowat 60 miljoen mense in Suid-Afrika. Net 3 miljoen betaal 95% van alle inkomstebelasting en net 1 miljoen betaal 80% van alle inkomstebelasting.
Eerste verkiesing in Somaliland in 15 jaar
Dié land of gebied het in 1991 onafhanklikheid van Somalië verklaar, maar word tot vandag toe deur geen enkele land ter wêreld as ʼn onafhanklike land erken nie.
Toekoms van Navo bevraagteken ná Afghanistan-gebeure
Intussen het een van die strengste wette om aborsies in ʼn Amerikaanse deelstaat te beperk, vroeër vandeesweek in Texas in werking getree.
Internasionale oorsig: Suga uit in Japan; min leierskapdiepte in groot demokrasieë
Kry hier ʼn oorsig oor sommige van die belangrikste internasionale gebeure.
#JongStemme: Die newe-effekte van sosiale media
Deesdae draai baie mense se bestaan om die digitale wêreld wat onder andere Facebook, Instagram en TikTok geskep het, skryf Grant-Pierre van Wyk.
Vir die ANC en sy bondgenote is werkloosheid die doel
Daar is geen twyfel daaraan dat die ANC se beleide grootliks tot dié probleem bygedra het nie, maar ek wil graag ’n ander vraag vra: Was dit by verstek, of was dit beplan?
‘Die pad na selfbestuur’: Misdaad kan met goue driehoek verslaan word
Wat is dan die oplossing? Buys reken dat daar ʼn goue driehoek bestaan wat veilige samelewings oor die wêreld verseker.
Podlitiek: China-spioen in parlement; ANC se wen-kanse geskend; staat verplig dalk om in te ent
In die week se episode van Podlitiek bespreek die span die gerugte dat ’n ANC-LP ’n spioen vir China is, die ANC se hantering van die komende munisipale verkiesing en die toenemende druk om inentings verpligtend te maak.
#JongStemme: Politici, besef julle die gevolge van jul dade?
Jy, meneer wat in jou duur staatsmotor ry, met watter kleur ook al hoedjie op jou kop en jou eie gesig wat op jou T-hemp pronk: “Weet jy wat die gevolge van jou invloed as politieke leier is?”, vra Elisma Olivier.
Teorieë oor die Covid-19-entstof en die merk van die dier
Samesweringsteorieë oor die Covid-19-entstof word tans met hernude ywer versprei. ’n Mens kan dit seker verstaan, want ons is onseker en soek na antwoorde. As Christene soek ons daardie antwoorde in die Bybel.
Afghanistan en die lesse vir die Weste
Dit is moeilik om iets goeds in die Westerse ingryping te sien, gemeet aan die groot verlies aan menselewens, die ontsettende koste en daarby geen ooglopende verandering nie, ten spyte van 20 jaar se betrokkenheid en teenwoordigheid.
Internasionale oorsig: Gemengde nalatenskap vir pragmatiese Merkel
Hoewel Merkel ’n blywende invloed op Duitsland gehad het, is haar nalatenskap gemeng.
Internasionale oorsig: VSA – ’n magtige moondheid sonder buitelandse beleid
Dit het die afgelope paar jaar, veral onder Obama, Trump en Biden meegebring dat die VSA se buitelandse beleid met Amerikaners se steun vir sekere stappe in peilings verenig moes word.
Min opsies vir VSA na bloedige aanval in Kaboel
Die Amerikaners het nie veel van ʼn ander keuse as om Afghanistan finaal druipstert te verlaat nie. Daar is ʼn sterk moontlikheid dat daar enige oomblik verdere terreuraanvalle kan plaasvind.
#JongStemme: Jongmensbestaan op Orania
In ’n dorp waar Afrikaners gekonsentreerd woon, kan ons egter makliker ons Christelike waardes en beginsels handhaaf. Hier is ons bestaan eintlik régtig heel normaal, skryf Annemarie Pretorius.
‘Die pad na selfbestuur’: Plan A, B en C – ’n boer maak ’n plan
Plan B gaan oor selfbesluitneming. Waar plan A oor sukkelende staatsinstellings gaan, gaan plan B oor selfhelp-gemeenskapsorganisasies. Waar plan A oor volledige meerderheidsbestuur gaan, gaan plan B oor groeiende selfbestuur. Met plan B raak ons staatsbestand en selfstandig.
Podlitiek: Werkloosheid, verkiesingstyd en VSA uit Afghanistan uit
In dié week se episode gesels die Podlitiek-span oor die jongste werkloosheidskoers, die munisipale verkiesing en die jongste gebeure in Afghanistan.