Die 3.0 TD X-Rider geniet dieselfde visuele opknappings as sy 2.5-boetie en is ook slegs in drie kleure beskikbaar.
Vroue laat wiel met Motul
Mercia het dadelik die geleentheid aangegryp om vroue te laat deel in haar passie vir motorfietsry. Om ook Motul se ondersteuning aan die #IconicWomen-veldtog te verleen, het Mercia besluit om ’n paar vrouens die kans te gee om te kom leer motorfiets ry.
Renault knap twee van sy Techroad-modelle op
Renault het sy Sandero en Duster opgeknap.
Luister: Wiele2Wiele gesels oor die Kia Picanto Runner
Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor die prettige bekendstelling van die nuwe Kia Picanto Runner. Dan gaan ry Wiele2Wiele met Toyota se opgekikkerde C-HR en gaan grawe in die argiewe saam met Ford SA vir Vrouemaan. Hulle gee raad oor batterye en gesels oor Honda se sessilinder CBX 1000-motorfiets.
Padlangs: ʼn Hoofstraat vol gate, hoog bo seevlak en die dorre N4
Die derde en laaste dag van ons reistog saam met Suzuki en Leisure Wheels neem ons van Oliver’s in Witrivier, deur Lydenburg en Dullstroom na die N4 en terug huis toe.
Drie broers pak Tankwa-Karoo op motorfietse
Bennie Fourie is bekend as akteur, regisseur en skrywer, maar hy en sy broers, Reynold en Wilbrie, is ook bekend vir hul legendariese avonture.
Dié D-Max het ʼn perfekte selfbeeld
Met sekere voertuie is die middel-van-die-reeks- of soms die intreemodel na my mening dikwels die beste een, skryf Brendon Staniforth.
ʼn Vuurwa op stelte…
Ons het onlangs ʼn BMW X4M getoets. Die X4M los my met ietwat van ʼn penarie, skryf Brendon Staniforth.
Moderne Mini nou elektries
Die fantastiese karakter waarvoor Mini bekend is, is steeds daar. Elektriese voertuie het oombliklike krag, en trek soos ʼn vuurpyl.
Luister: Wiele2Wiele gesels oor Jaguar se nuwe F-Type
Hierdie week vier Wiele2Wiele Vrouemaand met die aankoms van Jaguar se nuwe F-Type, raak opgewonde oor motorsport wat weer in Suid-Afrika begin het en gaan kuier saam met die Superbike tydskrif by Brad en Darryn Binder se ouers.
Nuwe reismaat vir avonturiers
Die enigste ding wat pla van die pakkie is die prys, skryf Brian Cheyne.
Nuwe motorprogram dié naweek op Ignition
Wild in SA is ʼn splinternuwe avontuurreeks wat van Saterdag af op DStv te sien sal wees.
Padlangs: Slaggate, ’n ‘spookdorp’ en ’n reuse-kremetart
Vandag trek ons weg uit Haenertsburg, dan Leydsdorp, en sy vreeslike interessante geskiedenis, ʼn kort sprong na die tweede grootste kremetart in Suid-Afrika en dan begin ons suidoos draai na Graskop, Sabie en uiteindelik Witrivier.
Padlangs saam met Suzuki en ‘Leisure Wheels’ …
Met ʼn wieletjietas, ʼn knapsak en ʼn skootrekenaarrugsak in die kattebak, asook ʼn paneelkissie vol permitte vat ons die pad in die rigting van Bela-Bela (Warmbad), skryf Brendon Staniforth.
’n Regte, egte veldryvoertuig
Die Discovery Sport is amper twee voertuie. Die ekonomiese stadsverkeer-trotserende gesinsmotor … en die uiters bekwame veldryvoertuig.
Luister: Wiele2Wiele gesels oor BMW, Toyota se Corolla en Brad Binder
Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor BMW se M340i X-drive – die enigste sessilinder in die BMW 3-reeks en gaan ry ook met die vars en moderne nuwe Toyota Corolla Sedan.
‘Voetspore’ se span weer op reis
“Dis ʼn vreemde tyd. Dis vreemd om deur die Krugerwildtuin te ry en die enigste mense daar te wees. Of om deur dorpe te ry wat soos spookdorpe lyk.”
KTM 390 Adventure staan kop en skouers bo ander uit
As jy dus nuut is in die avontuurmark, kan jy gerus na die KTM 390 Adventure gaan kyk.
Mazda 3 kon die sedan gered het
Dit is bitter maklik om die Mazda 3 2.0-Astina op te som.
Luister: Wiele2Wiele ry met die Porsche Taycan
Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor Porsche se Taycan en die Zontes ZT310-T Adventure-motorfiets. Hulle gesels ook oor AutoTrader se ‘2020 Car Industry Report’ en skop stof op met groot plaaslike motorsportnuus.