Die dilemma wat die Demokratiese Alliansie oor die “ja” of “nee” oor neo-apartheid beleef, is nie net tot die DA beperk nie. Van al die partye in die parlement het net die Vryheidsfront Plus teen die wysigingswetsontwerp gestem wat die DA in die warm water laat beland het.
Nuuskommentaar: E-tollenaars, sondaars en BEE-sondebokke
Met die Vryheidsfront Plus, tesame met die TLU-SA en die Nasionale Belastingbetalersvereniging, en die DA op pad hof toe oor die e-tol, wat toevallig saamval met die rare “opening” wat ander opposisiepartye as die DA gekry het om ook hande op te steek, is die verkiesingsveldtog volgens verskeie analiste nou in volle swang.
Nuuskommentaar: Misdaadstatistiek: Pas die skoen die Poot?
As daar een ding is waarsonder die beleërde polisiehoof, Riah Phiyega nou goed kan klaarkom, is dit nog aanslae op haar geloofwaardigheid.
Nuuskommentaar: Boendoe-geregtigheid
Gemeenskappe wat besluit om die reg in eie hande te neem en self met ‘n verdagte af te reken kom gereeld in Suid-Afrika voor.
Nuuskommentaar: Om God vir die politiek te misbruik
“Dit wil voorkom asof die ANC, elke keer wanneer hy hom in tamatiestraat bevind, na die Bybel en Christenskap gryp om bietjie geloofwaardigheid te probeer herwin.” – CDP
Nuuskommentaar: Begrafnis van die nie-rassige SA
Al die opposisiepartye in die parlement, op die uitsondering van die Vryheidsfront Plus na, het onlangs in die Nasionale Vergadering ‘n wetswysiging ondersteun wat dit nog moeiliker vir minderhede gaan maak om werk te kry, of vir bevordering te kwalifiseer.
Nuuskommentaar: Hoenderkop-beleg van die Wyngordyn
Ouderwetse geopolitiek afgestof, blinkgevryf en in volle swang. So kan die beleg van die wyngordyn ten beste beskryf word. ‘n Beeld ontvou van ‘n persepsie dat zombies beter as regering sal vaar as die verkose verteenwoordigers – met ‘n peiling wat dié opvatting staaf.
Nuuskommentaar: Die spoke lóóp, maar Phiyega sít
Die spoke loop inderdaad. Maar Riah Phiyega, onder wie ook Misdaadintelligensie val en dus self ‘n “spookmeester” is, loop nie. Sy sit terwyl die openbare aandrang oplaai dat sy moet loop.
Nuuskommentaar: Patriotiese nuus
Is patriotiese nuus noodwendig goeie nuus? Die vraag is (opnuut) op die tafel na pres. Jacob Zuma in antwoord op ‘n vraag in die parlement gesê het sy oproepe om meer patriotiese nuus is nie ‘n poging om by die redaksionele inhoud in te meng nie, en dat die ontbloting van korrupsie op ‘n regverdige en gebalanseerde wyse ook tel as patriotisme.
Nuuskommentaar: Hoofstuk van Boeremagverhoor afgesluit
Met die vonnisoplegging van die Boeremaglede is ‘n hoofstuk voltooi, maar duidelik lank nie die boek nie.
Nuuskommentaar: Nathi en Riah sterre in Police Academy 8
Onlangs is aangekondig dat die polisiekollege in die Paarl van volgende jaar af ‘n universiteit word. Die polisiebestuur se gestrompel het dadelik tot ‘n spottery oor “Police Academy” gelei na aanleiding van ‘n reeks van sewe internasionale komiese flieks met dié naam.
Nuuskommentaar: Wie maak land se naam bollie?
Soos ‘n Namakwalander by geleentheid gesê het: “As ‘n donkie sy bek oopmaak val daar kaf uit.” Beide politikus en kommentator moet hierteen waak.
Nuuskommentaar: Parlement na Pretoria?
Die moontlike verskuiwing van die parlement van Kaapstad na Pretoria het pas weer ‘n terloopse besprekingspunt geword.
Nuuskommentaar: Soustrein getakseer en te swaar bevind of verkiesingsbegroting?
Die verslankingskuur wat vir die berugte Suid-Afrikaanse soustrein beoog word, mag te min te laat wees, en dit mag empiries gesproke meer van simboliese waarde wees, maar dit stuur wel die regte seine na die vuisvoos burgers en beleggers in die buiteland uit.
Nuuskommentaar: Christenvervolging steeds ‘n werklikheid
‘n Bom wat by ‘n kerk in Pakistan ontplof het, het in September vanjaar 85 Christene se lewens geëis.
Nuuskommentaar: Jonges besluitloos, ou toppies weet niks
Gaan stem, en om te stem, gaan registreer as kieser, en probeer tog ook ‘n tydjie inruim om vas te stel watter se party se beleid strook die meeste met jou eie, en watter het darem ‘n skoon rekord ook. En onthou, met die kiesstelsel van ons land is elke stem belangrik – selfs net een ekstra stem kan ‘n reuse verskil maak.
Nuuskommentaar: Diktatuur van vrye mening
By geleentheid het die rissiepit-rubrieksrywer, Rhoda Kadalie geskryf politieke korrektheid is die diktatuur van die liberalis. Dit handel nie net oor wat die media in term van sy eie agenda aan die nuusverbruiker aanbied nie, maar ook wat weggelaat word.
Nuuskommentaar: SEB en slawerny
Wat het swart ekonomiese bemagtiging en slawerny in gemeen? Of is dit maar doodgewoon ‘n alarmistiese vraag?
Nuuskommentaar: Steve, die menseregtekommissie en nog plaasmoorde
Steve Hofmeyr is by die Menseregtekommissie aangekla oor iets wat hy tydens die Red October-optog gesê het. Op dieselfde dag as wat dié nuus bekend word, word twee ou mense van in die tagtig op hul Oos-Kaapse plaas keelaf gesny en hul seun ernstig gewond.
Nuuskommentaar: Midvaal en verkiesingsknoeiery
Die DA se Gautengse bastion, Midvaal, gaan verdwyn, maak nie saak hoe die inwoners daaroor voel nie, en die DA gaan hof toe. In Giyani in Limpopo eis die inwoners ‘n eie munisipaliteit. Het die munisipale afbakeningsraad objektiewe besluite geneem, of word die politieke meesters se belange gedien?