Volgens die weermag is hy deur een van sy makkers gedood.
Oudwerker gevonnis wat houtmaatskappy van meer as miljoen besteel
Weens Pretorius se diefstal is die onderneming gedwing om sy tak in Port Elizabeth te sluit.
DNS verbind man met transitoroof
Die man was deel van ʼn groep verdagtes wat veiligheidswagte meer as twee jaar gelede in Vredenburg beroof het.
ANC-regering moet mislukkings erken, ophou hamer op verlede
Die VF Plus sê dit is ʼn skande dat ʼn begroting verwelkom word wat gewone mense die swaarste gaan tref.
Virus ook op wêreld se hoogste piek
Diegene wat bereid was om hul kanse met Covid-19 te waag, het egter ʼn verkorte vensterperiode om te klim. Die regering het ʼn beperking geplaas op die getal klimmers wat mag opgaan en twee siklone wat Indië verlede maand getref het, het die seisoen verder verkort.
‘Rassisme’ kry aandag by private skool
ʼn Jeugbeweging het Vrydagoggend plakkate voor die skool in die lug gehou waarop hulle vra dat politiek uit skole gehou word.
Covid-19: Sóveel plek het Gautengse hospitale nog
Meer as 1 000 Covid-19-pasiënte word tans in intensiewe- en hoësorgeenhede in Gauteng behandel.
Nuuskommentaar: Die ‘goeie’ ANC is toe ook korrup
Hierdie skandaal verwoes weer eens die teorie dat daar ʼn goeie ANC soos vergestalt deur Ramaphosa en ʼn slegte ANC soos vergestalt deur Ace Magashule bestaan.
Moenie hiér swem nie
Haainette is weens die jaarlikse sardientjieloop reeds aan die kus van KwaZulu-Natal gelig.
‘Survivor SA’: Eerste deelnemer se vuur geblus
“Wanneer jy jou span ʼn immuniteitsuitdaging kos, moet jy jouself verdedig.”
Vermy die berig as jy die program volg en nog nie na Donderdagaand se episode gekyk het nie.
Ondersoekdirektoraat gryp Gupta-meelopers se bates
Die bates sluit verskeie luukse eiendomme in.
Regstreekse gesprek: Dís wat jy moet weet oor ivermektien en Covid-19
Regstreekse gesprek: Die debat oor ivermektien woed voort, met verskeie dokters en regeringslui wat steeds teen die gebruik daarvan vir die behandeling van Covid-19 vasskop. Paul Maritz gesels met Barend Uys asook drs. Jackie Stone en George Coetzee oor die vroeë behandeling van Covid-19 en die rol wat ivermektien hierin kan speel.
Nóg strenger rookwette in vooruitsig
Die departement van gesondheid wil poog om nóg strenger wette teen rook in Suid-Afrika in te stel.
Monument se tekeninge dekades later ‘tuis’
ʼn Engelsman het, sonder dat hy dit weet, een van die grootste argitekskatte van die Afrikaner in sy besit gehad.
Hof moet sê oor selfverdediging – Ramaphosa
Die wysigingswetsontwerp stel onder meer voor dat geen vuurwapenlisensie vir selfverdedigingsredes uitgereik sal word nie.
Parkeerruimte in Hongkong vir R17 miljoen verkoop
“Vaardige werkers” het glo sowat 22 jaar lank se inkomste nodig om ʼn 60 m²-woonstel te kan bekostig.
Weerlose kinders fisiek, emosioneel deur virus geraak
Van die kinders het van die kinderhuis probeer wegloop, om geen rede gehuil nie of woedebuie gehad.”
Bejaarde op plaas aangeval
Die slagoffer is met haar tuiskoms deur drie mans oorval toe sy omgedraai het om die deur agter haar toe te trek.
Beurtkrag tydelik opgeskort om wetsontwerpe deur te voer
Omdat die krag Vrydagmiddag aangehou gaan word, sal beurtkrag nou ook die naweek voortduur.
Tientalle dood aan tuisgemaakte ryswyn
Byna 100 mense in Kambodja is ook tydens ʼn geleentheid na die hospitaal geneem nadat hulle van dié konkoksie gedrink het.