Twee mense is dood en nog drie beseer toe twee motors Saterdagaand reg van voor op die R54 buite Potchefstroom gebots het.
Dié mans gesoek ná ontsnapping
Die Limpopo-polisie is op soek na sewe verhoorafwagtende gevangenes wat Saterdagaand uit die selle van die Modimolle-polisiestasie ontsnap het.
Nuuskommentaar: Die stempatrone bekyk
Hoekom het die ANC, die DA en Cope gekwyn, terwyl die Vryheidsfront Plus sterk groei getoon het? En hoe groot was die OVK se rol daarin dat die verkiesing ’n klompie verrassings opgelewer het?
Elon Musk hof toe oor dáái twiet
Elon Musk, die Suid-Afrikaanse gebore sakemagnaat, word gedagvaar vir skadevergoeding van £58 000.
VF Plus: ‘Die harde werk begin nou’
“Ná dese kan die regering en ander opposisiepartye die VF Plus nie langer ignoreer of as irrelevant afmaak nie.”
Bendelid tronk toe vir 7-jarige se skietdood
Ezra Daniels het buite sy ouerhuis in Parkwood saam met ʼn maatjie gespeel toe hy raakgeskiet is en in die straat gesterf het.
Sewe dood in 2 gru-ongelukke
Op een van die ongelukstonele moes brandbestryders spartel om die vlamme geblus te kry sodat paramedici naby die vragmotors kon kom om die insittendes te hulp te snel.
Verkiesingsuitslae amptelik aangekondig
Veertien politieke partye sal oor die volgende vyf jaar in die nasionale vergadering verteenwoordig word met die ANC wat 230 setels sal beklee.
Verkiesing: OVK sê nee vir onafhanklike oudit
“Dit is onmoontlik om almal tevrede te stel. Daar sal altyd diegene wees wat die verkiesing of die goeie werk van die regering wil bederf. Die meeste bewerings of bekommernisse wat geopper is, kan nie gestaaf word nie.”
Omroeper afgedank ná twiet oor baba Sussex
“Ek het aangejaag. Erg aangejaag. Maar dit was ʼn opregte, naïewe en katastrofiese fout.”
Ramaphosa: ‘SA kies steeds ANC om land te lei’
Ramaphosa het Saterdag gesê die ANC se oorwinning is ʼn bewys daarvan dat mense steeds vertroue in die party het.
Man, 6 kinders na hospitaal gehaas ná bye toesak
Die groep was glo op ʼn skooluitstappie toe die voorval gebeur het.
Vermiste gesin gevind
Die man, vrou en twee kinders wat ʼn week gelede vermis geraak het toe hulle na bewering van KwaZulu-Natal na Mpumalanga op pad was, is gevind.
Vermeende plaasaanvaller vasgetrek
Die boer in die betrokke aanval, wie se naam weens veiligheidsredes weerhou word, is erg aangerand tydens dié plaasaanval in April vanjaar en daar is op sy gesin geskiet.
Stemme klaar getel: Só lyk uitslae
Ná meer as 60 uur is die stembriewe in die sesde nasionale demokratiese verkiesing Saterdagmiddag klaar getel.
Aansoekstelsel vir Gauteng-skole ‘sal aangepas word’
Colditz sê sou die probleme nie opgelos word nie en ouers verhoed word om keuses oor aansoeke uit te oefen, is regsaksie nie uitgesluit nie
Jong sjef verlam ná duikslag in rivier
“Die oomblik toe hy die water tref, het ek geweet iets is nie reg nie. Dit het gelyk of hy terugskiet van die onderkant af.”
Hof sê gay-uitspraak is ‘geensins onduidelik’
Die hooggeregshof in Pretoria het Vrydag beslis daar is geen onduidelikheid oor sy uitspraak dat die NG Kerk sy standpunte oor verhoudings van mense van dieselfde geslag moet wysig nie.
Veediefstalsaak: Vyf bly eers agter tralies
ʼn Prokureur van Pretoria en sy vier medebeskuldigdes sal minstens nog ʼn week agter tralies moet deurbring nadat hulle vroeër vandeesweek op aanklag van veediefstal en besit van gesteelde goedere in hegtenis geneem is.
Politieke partye eis onafhanklike oudit van stembriewe
“Sou die OVK nie instem tot ʼn onafhanklike oudit nie, sal ons die Kieshof nader om onder meer die OVK te verplig om ʼn onafhanklike ouditeursfirma aan te stel om die oudit te doen, asook om hom daarvan te weerhou om die finale uitslae van die verkiesing bekend te maak.”