“Ek smeek almal asseblief om ons tyd te gee om te rou en op te hou met die vieslike goed wat op Facebook geplaas word. Ons harte is gebreek.”
2 soek wat egpaar op Vrystaatse plaas aanval
Hy het teruggehardloop in die rigting van die plaashuis om sy vuurwapen te gaan haal, maar een van die verdagtes het hom ingehaal en herhaaldelik met ’n onbekende ystervoorwerp bygedam.
Kleuter, vier ander sterf in botsing
Volgens die Wes-Kaapse verkeerspolisie is altesame 20 mense die afgelope naweek op die provinsie se paaie dood.
N2 by Grabouw gesluit
Betogers het vroegoggend begin om klippe op dié pad te gooi.
Egpaar eis miljoene ná kind se arm in voerband beland
ʼn Egpaar van Johannesburg dagvaar die lugvaartreus Comair en die Lanseria-lughawe nadat hulle tweejarige seuntjie se arm in ʼn bagasievoerband ingetrek is.
Ambulans ry drie dood
ʼn Ambulans het Maandagoggend onderweg na ʼn mediese noodgeval in vier voetgangers ingeploeg.
Nuuskommentaar: Het Russiese trolle vir Ramaphosa kom help?
Die Daily Maverick het onlangs berig ’n Russiese “trolfabriek” het in die Suid-Afrikaanse verkiesing probeer inmeng om pres. Cyril Ramaphosa en die ANC se saak te bevorder, en die DA en EFF te diskrediteer.
Jong vrou verdrink in see
“Met ons aankoms was omstanders besig om op die strand mond-tot-mond-asemhaling toe te pas op die vrou.”
Konstabel skiet man, toe homself
“Die 27-jarige konstabel was aan diens ten tyde van die voorval.”
Man vas ná gru-vonds
Die 18-jarige vrou en nege maande oue babaseuntjie is omstreeks 19:00 Saterdag die laaste keer gesien.
Polisiereserviste binnekort ingespan teen plaasaanvalle
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) beplan om vanjaar ʼn program van stapel te stuur waardeur polisiereserviste gewerf sal word om misdaad in plattelandse en afgeleë gebiede te bestry.
Agri SA wens OVK geluk met verkiesing
“Dit is geensins ʼn klein taak om so ʼn fundamentele demokratiese plig op so ʼn groot skaal te bestuur nie.”
Vrae oor NK-ambulansdienste ná ongeluk
Die ambulans is vermoedelik deur ʼn sterk wind van die pad geruk waarna ʼn band blykbaar gebars en die voertuig gerol het.
Raadslid ernstig beseer ná petrolbomaanval
“Ons voorlopige ondersoek na die omvang van die skade aan die huis bevestig die moontlikheid dat ander plofstowwe behalwe petrolbomme ook deur die verdagtes gebruik is.”
Ma hoor in hospitaalbed van seun (4) se ongeluk
Renette Esterhuizen het nog Saterdagoggend in ʼn hospitaalbed gelê waar sy vir swangerskapkomplikasies behandel is toe sy die oproep ontvang – haar vierjarige seuntjie was in ʼn ernstige motorongeluk betrokke.
Man in hof ná stemlokaal brand
ʼn Man wat in hegtenis geneem is nadat ʼn Noordwes-skool, wat as ʼn stemlokaal sou dien, enkele dae voor die verkiesing aan die brand gesteek is, sal dié week weer in die hof verskyn.
Verdagte vas oor liggaam in kattebak
Daar word beweer dat die slagoffer geskiet en in die kattebak van sy voertuig ingedwing is, waarna die kapers met hom in die voertuig weggejaag het.
Twee dood in botsing buite Potch
Twee mense is dood en nog drie beseer toe twee motors Saterdagaand reg van voor op die R54 buite Potchefstroom gebots het.
Dié mans gesoek ná ontsnapping
Die Limpopo-polisie is op soek na sewe verhoorafwagtende gevangenes wat Saterdagaand uit die selle van die Modimolle-polisiestasie ontsnap het.
Nuuskommentaar: Die stempatrone bekyk
Hoekom het die ANC, die DA en Cope gekwyn, terwyl die Vryheidsfront Plus sterk groei getoon het? En hoe groot was die OVK se rol daarin dat die verkiesing ’n klompie verrassings opgelewer het?