Nadat ʼn ma en haar vierjarige dogter Sondag in ʼn ongeluk op die N17-snelweg in Brakpan aan die Oos-Rand op slag dood is, het die pa en tweede kind wat ook in die motor was ook intussen in die hospitaal gesterf.
Ontvoerde SA fotojoernalis ‘leef’
“Ons pogings om verdere vordering te maak, word in die wiele gery deur lugaanvalle en interne verdeeldheid tussen sekere groepe.”
Aksiegroep pleit vir behoud van Afrikaans by universiteit
“Die taalstryd is nie ʼn konvensionele stryd nie, maar ʼn guerrillastryd.”
Die wêreld in foto’s – 23 Januarie 2017
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Nog vyf renosters gestroop: ‘Ons is besig om stryd te verloor’
“Dit is natuurlik ʼn reuse slag vir die park om vyf renosters op een dag aan stropers te verloor.”
Klant tydens rooftog by Pta-drankwinkel geskiet
ʼn 32-jarige inwoner van Pretoria-Oos is dood nadat hy Saterdagaand tydens ʼn mislukte rooftog in ʼn drankwinkel geskiet is.
Nuuskommentaar: Trump oor klimaat, evolusie, Rusland…
Pres Donald Trump het in sy toespraak na sy ampsaanvaarding onderneem om die VSA weer groot te maak. Daar is egter ʼn paar sake wat in die VSA erg verdelend inwerk en dit is interessant om te let op hoe hy dit reeds aangepak het.
Hulp stroom in vir Calvinia-boere: ‘Krisis nog nie verby’
“ʼn Honger mens en ʼn honger dier is baie erg… ons is bekommerd.”
Kêrel vas oor vermiste vriendin se voertuig
Die kêrel beweer glo hy en Pienaar was op 7 Januarie na Port Elizabeth onderweg, toe hulle ʼn uitval gehad het.
Klankkoerant – luistergenot nou reg oor Suid-Afrika
Klankkoerant, ʼn nuus-en-aktualiteitsprogram wat aanvanklik sy ontstaan by Pretoria FM gehad het, is nou by ʼn netwerk van radiostasies oor die hele Suid-Afrika gevestig.
Man probeer glo gesteelde beeste by veiling verkoop
ʼn 36-jarige man is in Vryburg in Noordwes in hegtenis geneem, nadat hy glo probeer het om gesteelde beeste by ʼn veiling op die dorp te verkoop.
Tiener vermis ná hy in see verdwyn
ʼn Soektog is van stapel gestuur na ʼn tienerseun, wat Sondag in die see aan die Suidkus vermis geraak het, toe hy saam met sy broer en vriende gaan swem het.
Wending in saak van vrou se ontvoering, moord
Die saak van die jong vrou wat ontvoer en vermoor is toe sy by ʼn Oos-Kaapse landdroshof vir haar man in hul motor gewag het, het ʼn nuwe wending.
Brink-kinders se gedenkdiens: ‘Vanaand huil God saam’
“Vanaand huil God saam met ons. Maar ons moet onthou alles werk volgens die raad van sy wil. Só sê die Bybel. Talle ander is deur hulle gered – God is in beheer, Hy was nog al die pad in beheer gewees.”
[Foto’s] Siamese tweeling in Pta-hospitaal geskei
Die het agt dokters en 11 verpleegsters Saterdag ses uur geneem om ʼn Siamese tweeling in die Netcare Unitas-hospitaal in Centurion van mekaar te skei.
Fietsrit eindig in tragedie vir seun (10)
Volgens ooggetuies het Jaden Landsberg (10), ʼn leerder aan Laerskool Lydenburg, se maatjies hom uit die water probeer haal, maar hulle kon nie daarin slaag nie, want “die water het hulle geskok”.
Gesin saam in ongeluk: Ma, dogtertjie (4) sterf
“Die werklike oorsaak van die ongeluk word deur die metropolisie se ongelukrekonstruksie-eenheid ondersoek, maar voorlopige ondersoek dui daarop dat moegheid ʼn rol gespeel het.”
Regstreeks: Gedenkdiens vir Brink-kinders
ʼn Gedenkdiens word Sondag in Pretoria gehou vir die Brink-egpaar, dr. Danie en Lise, se twee kinders, André (13) en Rachel (8), wat in Desember in ʼn tragiese motorongeluk gesterf het. Volg die diens regstreeks hier.
[Foto’s] Een dood, talle beseer in busongeluk
Een mens is dood en talle beseer toe die bus waarin hulle gery het Saterdagaand tussen Standerton en Secunda omgeslaan het.
Limpopo-plaasaanvalle: Drie verdagtes vasgetrek
Drie verdagtes, wat moontlik verbind kan word met twee onlangse aanvalle op bejaarde egpare in die Haenertsburg-gebied buite Tzaneen in Limpopo, is in hegtenis geneem.